Hierdie 12 vir SAUK-raad aanbeveel

SAUK-gebou in Kaapstad Foto: Maroela Media

Ná ʼn lang oggend van beraadslaging het die parlement se portefeuljekomitee oor kommunikasie uiteindelik besluit op 12 mense wat hulle sal aanbeveel om op die raad van die SAUK te dien.

Die partye het op agt name ooreengekom, naamlik Khanyisile Kweyama, Mathatha Tsedu, Michael Markovitz, Nomvuyiso Batyi, Rachel Kalidass, Victor Rambau, John Matisonn en Jack Phalane. Die kies van die laaste vier kandidate het egter met debat en argumente gepaardgegaan.

Opposisiepartye was ten sterkste gekant teen die aanstelling van Krish Naidoo, ʼn regskonsultant vir die ANC, en Febe Potgieter-Gqubule, wat hoop om op die ANC se nasionale uitvoerende komitee te dien. Albei is tans lede van die tydelike SAUK-raad. Die ANC-LP’s het aangevoer daar was tot dusver nog niks fout met die prestasie van die twee kandidate nie, terwyl opposisie-LP’s volgehou het Naidoo en Potgieter-Gqubule is politieke ontplooiings.

Die ANC het geweier om toe te gee en die DA en EFF het die regerende party daarvan beskuldig dat hulle “hul name op die komitee afdwing”.

Op die ou end is Naidoo, Potgieter-Gqubule, Dinkwanyane Mohuba en Bongumusa Makhathini se name by die lys gevoeg van 12 nie-uitvoerende direkteure wat uiteindelik op die raad sal dien. Die DA en die EFF se besware is op die komitee se finale verslag aangeteken.

Die komitee sal nou die verslag aan die nasionale vergadering voorlê vir aanvaarding, voordat dit na pres. Jacob Zuma gestuur sal word wat die amptelike aanstellings sal doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Coenraad ·

Hoekom is daar nie een wit persoon op die raad nie hulle betaal ook mos belasting en lisensie geld wat as hulle nou die sauk boikot dan betaal niemand meer.

paula ·

Lees weer die name en gaan google dit sodat die foto’s vir jou n beter prentjie skep.

andrea van vuren ·

Regstellende aksie my vriend! Hulle het dit hierdie keer oordoen!

SjN ·

Kwotas is mos hier ook van toepassing, waar is n blanke persoon of word ons weer uitgesluit as dit hul pas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.