Hierdie ANC-LP’s het nie vir mosie oor OB gestem

Busisiwe Mkhwebane, die Openbare Beskermer (Foto: ANA)

Die parlement het die stemlyste vir Dinsdag se parlementêre verdeling oor die aanstel van ’n ad hoc-komitee om die Openbare Beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, bekend gestel.

Dit beteken dit is moontlik om vas te stel watter ANC-LP’s nie gehoor gegee het nie aan die party se opdrag om te stem vir die DA-voorstel dat Mkhwebane se geskiktheid vir haar pos heroorweeg word.

Die finale syfers toon 171 van die ANC se 230 LP’s het uiteindelik vir die mosie gestem, en 59 het nie so gemaak nie. Sedertdien het die gedagte posgevat dat mens uit die identiteit van die 59 ANC-LP’s wat nie vir die mosie gestem het soos beveel nie, die kern van die ANC-koukuslede wat teen pres. Cyril Ramaphosa gekant sou wees, sou kon vasstel.

Dit is belangrik om te onthou dat daar verskeie redes vir LP’s se afwesigheid kan wees, waaronder siekte, dat die stelsel hulle uitgegooi het, dat hulle in die wagkamer van die aanlyn wagkamer was of dat hulle ander verpligtinge gehad het, maar ook dat sommiges beslis sou wegbly om die opdrag dat vir die mosie gestem moet word, te ignoreer.

Wanneer mens die lyste nagaan, blyk daar drie groepe te wees wat nie vir die mosie gestem het nie. Die eerste groep is ministers en adjunkministers, van wie sommige vir en sommige teen Ramaphosa kan wees. Die tweede groep is bekende teenstanders van Ramaphosa. Die derde groep is agterbankers wat ondersteuners of teenstanders van Ramaphosa kan wees.

Die sestien ministers en adjunkministers wat nie gestem het nie, is genl. Bheki Cele, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, Nomalungelo Gina, Pravin Gordhan, Patekile Holomisa, David Mabuza, Dikeledi Magadzi, Buti Manamela, Phumulo Masualle, Reginah Mhaule, dr. Zweli Mkhize, Nathi Mthethwa, dr. Blade Nzimande, Njabulo Nzuza, Pam Tshwete en Lindiwe Zulu.

Die ses bekende teenstanders van pres. Ramaphosa wat nie gestem het nie, is adv. Bongani Bongo, Mervyn Dirks, Tandi Mahambehlala, Supra Mahumapelo, Tshilidzi Munyai en Mosebenzi Zwane.

Die 37 agterbankers wat nie gestem het nie, is Phoebe Abraham, Rachel Adams, John Bilankulu, Zolile Burns-Ncamashe, Matshidiso Gomba, Tyotyo James, Sibusiso Kula, TIdimalo Legwase, Sharon Makhubele-Mashele, Ponani Makhubele, Vuyisile Malomane, Boyce Maneli, Mfana Mashego, Simphiwe Mbatha, Bongiwe Mbinqo-Gigaba, Lawrence McDonald, Lindiwe Mjobo, Nompendulo Mkhatshwa, Thandi Modise (sy sou nie stem nie want sy was in die speakerstoel), Anastasia Motaung, Alice Mthembu, Dingaan Myolwa, Claudia Ndaba, dr. Nobuhle Nkabane, Nolitha Ntobongwana, Makhoni Ntuli, Siphokuhle Patrein, Ntaoleng Peacock, Albert Seabi, Lizzie Shabalala, Nomadewuka Sihlwai, Keitumetse Tlhomelang, Moloko Tlou, Grace Tseke, Busisiwe Tshwete, Sheilla Xego, Bafuze Yabo en Beauty Zibula.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Persheks Adri ·

Laat jy gaan! Jy’s ook ‘n slegte skakel tussen die klomp pffft. Cheers ons gaan jou NIE mis NIE!

Persheks Adri ·

Ons wat haar helse vet salaris betaal dis ons wat bekommerd is, want sy verdien dít beslis nie! Sy moet net gaan regtig waar

Casper ·

Ramaphosa gaan nie ‘n mosier van wantroue oorleef nie om twee redes
1 Daar is teveel korrupsie onder sy parlementslede wat hy probeer beveg en dit droog hulle beursies op.
2 Daar is reveel Zuma ondersteuners want hy was korrup en het hulle beursies vol gehou.Dit kan hom kelder.

Grassie ·

In die tyd van die destydse bosoorlog was een van die eerste dinge wat die jong soldate geleer was “ken jou vyand.” Hierdie hele episode in die parlement het vir CR gewys presies wie sy vyande is. ‘n Paar name verbaas my, nl Pravin Gordhan, dr Mkhize en David Mabuza. Laasgenoemde is ‘n draadsitter, hy ondersteun gewoonlik die wenner. Bheki Cele het weereens bewys hy hoort eintlik by sy groot vriend in die EEF. Dit lyk vir my of ou Squirrel stadigaan besig is om die oorhand oor die Zuma/Eish faksie te kry.

J ·

Hulle is medepligtiges aan Staatskaping!

Ek hoop die ANC raak nou ontslae van sy MISDADIGER lede!

Nie Verbaas ·

As ministers nie eers ruggraat het om ten gunste te stem van wat hulle weet is reg nie is n duidelike aanduiding van integriteit en lojaliteit teenoor die bevolking van Suid Afrika.

pompies ·

CR kan ook maar gaan hy is die grootste teleurstelling nog. Hy was veronderstel om die land uit korrupsie uit te ly en dinge weer reg te ruk, al wat hy doen is om die plundering te probeer weg steek en so die land in die verderf in te ly.

Hennie J ·

Waar dink jy kom sy miljoene vandaan….harde eerlike werk?

Mariana ·

Tyd vir ANC om te gaan, die hele korrupte spul. Hulle laat bitter smaak in die mond as ek net van hulle hoor.

KhoiKhoi ·

Ons gaan moeilike tye beleef maar dit kan net die beste wees as die anc skeur.
Nie dat ek geensins vir enige faksie sal stem nie!
Hulle was ALMAL bewus van die grootskaalse stelery!

JohanR ·

Neil Armstrong het gese toe hy op die maan trap ” “That’s one small step for a man, one giant leap for mankind.” President Zuma kan nou van die volgende ministers ontslae raak – genl. Bheki Cele, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, Pravin Gordhan, David Mabuza, dr. Zweli Mkhize, Nathi Mthethwa, dr. Blade Nzimande, Lindiwe Zulu – en dan kan hy ook se “That’s one small step for a man, one giant leap for South Africa.” In Engels se mens “replace them with Ramaphosa loyalists!”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.