Hierdie dele van Vrystaat sonder krag

(Argieffoto: pixabay)

Inwoners van Frankfort, Heilbron en Namahadi in die Vrystaat is sedert die vroeë oggendure van Woensdag sonder elektrisiteit gelaat nadat kabels by die Greenlands-substasie gesteel is.

Sowat 5 000 klante van Eskom word tans geraak. Dit is benewens die inwoners wat deur die geraakte munisipaliteite van elektrisiteit voorsien word.

Om sake te vererger, sit inwoners van Vrede sedert 07:48 vanoggend sonder krag weens ’n fout op die Standerton -Vrede Munic-88 kV-toevoerkabel.

Stefanie Jansen van Rensburg, woordvoerder van Eskom, sê die oorsaak van hierdie onbeplande onderbreking moet nog vasgestel word. Dit is dus nie in dié stadium duidelik wanneer die elektrisiteitstoevoer herstel sal word nie.

Inwoners wat geraak word deur die kabeldiefstal se elektrisiteitstoevoer sal na verwagting teen vanaand weer elektrisiteit hê.

“Ons vra verbruikers om asseblief geduldig te bly terwyl Eskom hierdie onderbreking herstel wat veroorsaak is deur ’n onaanvaarbare kriminele daad.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kokerboom ·

Verklaar kabeldiefstal as sabotasie. Dit skyn asof daar GEEN wil is om afsetpunte te te identifiseer en gereeld te monitor

Derek ·

Ons juig van blydskap, die land van melk en heuning. Goed opgevoede mense in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.