Die polisie het foto’s uitgereik van ses verdagtes wat gesoek word in verband met die moord op ʼn polisiebeampte by ʼn treinstasie in Orange Farm, suid van Johannesburg.
Die SAPD het Sondag die foto’s van die verdagtes op Twitter geplaas met die woorde, “Gesoek vir die moord op konst. Norman Muhlari in Orange Farm op Donderdag 6 Augustus.” Enige persoon wat die mans op die foto’s herken of meer inligting oor die voorval het, word versoek om Crime Stop by 08600 10111 te skakel.
Maroela Media het vroeër berig Muhlari was die oggend aan diens toe hy en ʼn kollega deur twee aanvallers oorrompel is. Hy is in die bolyf geskiet terwyl sy kollega erg aangerand is. Muhlari is op die toneel dood.
Daar word vermoed die motief vir die aanval was om die beamptes se vuurwapens te roof.
Muhlari se moord het opslae gemaak, veral omdat die groot getal polisiebeamptes wat sterf tydens die uitvoering van hul pligte ʼn groot bekommernis vir die polisiediens is. Daar is vanjaar al meer as 50 polisiebeamptes aan diens dood.
Publiseer ook die foto’s van al die plaasmoord aanvallers…..EN NOEM DAN HULLE RAS, GESLAG EN NASIONALITEIT….sodat die wêreld kan sien.
Ek stem saam Name and shame!
Verdagtes het hopeloos te veel regte en beskerming.
Stem saam ,dit is goed om die fotos te plaas en hoop die mense word gevang,maar doen dit ook vir ander moorde.moenie sekers weg steek omdat dit vir jou n verleentheid is nie
Stem saam met jou Johann,maar dit sal seker nie gebeur want hulle het ook mos nou regte.
In Zambie is dit gebruik dat misdadigers se fotos plakkaatgrootte op winkelvensters verskyn. Hoop dit kan hier gebeur.