Die presidensie het Maandagaand bevestig die telefoongesprek tussen pres. Jacob Zuma en Donald Trump, president van Amerika, het plaasgevind soos beplan.
Die presidensie het in ʼn kort verklaring gesê Trump het die gesprek versoek. “Pres. Zuma het pres. Trump gelukgewens met sy verkiesing as die 45ste president van die VSA,” het die verklaring gelui.
“Die twee presidente het weereens hul verbintenis bevestig tot die bevordering van die reeds sterk bilaterale verhouding tussen die twee lande. Daar is 600 Amerikaanse maatskappye in Suid-Afrika en sterk handelsbetrekkinge tussen die twee lande.”
Volgens die verklaring het die twee presidente ook multilaterale kwessies bespreek en die werk wat gedoen moet word, spesifiek in die stryd vir vrede en stabiliteit in Afrika.
Zuma het verlede week tydens sy staatsrede gesê die regering sal steeds met die Verenigde State saamwerk oor kwessies van gesamentlike belang, soos die volle hernuwing van die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa).
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
55 Kommentare
Wat is die kans dat ons presidensie die ware gesprekvoering gaan deel tussen Zuma en Trump. Hulle sal tog nie sê as Trump hul oor rassekwessie aangespreek het nie. Sal like om Trump se weergawe te hoor van wat gesê is.
Trump het geskimp vir vrede en stabiliteit by Zuma want dis 2 dinge waaroor Zuma nie beskik nie.
Ja shure…kom ons kyk hoe lank nog gooi Trump ziljoene dollers in die magtige groot swart gat genaamd Afrika. Terwyl al die Zumaikies skep!!!!!
Dit lyk nie of Trump die gesprek afgesluit het met “YOU ARE FIRED!!!” nie?
Ag genade ek hoop net nie Z het weer ons name krater gemaak met sy kekkellaggie nie.