Hieroor het Trump en Zuma gesels

trump-zuma

Donald Trump, president van Amerika, en pres. Jacob Zuma.

Die presidensie het Maandagaand bevestig die telefoongesprek tussen pres. Jacob Zuma en Donald Trump, president van Amerika, het plaasgevind soos beplan.

Die presidensie het in ʼn kort verklaring gesê Trump het die gesprek versoek. “Pres. Zuma het pres. Trump gelukgewens met sy verkiesing as die 45ste president van die VSA,” het die verklaring gelui.

“Die twee presidente het weereens hul verbintenis bevestig tot die bevordering van die reeds sterk bilaterale verhouding tussen die twee lande. Daar is 600 Amerikaanse maatskappye in Suid-Afrika en sterk handelsbetrekkinge tussen die twee lande.”

Volgens die verklaring het die twee presidente ook multilaterale kwessies bespreek en die werk wat gedoen moet word, spesifiek in die stryd vir vrede en stabiliteit in Afrika.

Zuma het verlede week tydens sy staatsrede gesê die regering sal steeds met die Verenigde State saamwerk oor kwessies van gesamentlike belang, soos die volle hernuwing van die Amerikaanse Wet op Groei en Geleenthede in Afrika (Agoa).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Boerseun ·

Wat is die kans dat ons presidensie die ware gesprekvoering gaan deel tussen Zuma en Trump. Hulle sal tog nie sê as Trump hul oor rassekwessie aangespreek het nie. Sal like om Trump se weergawe te hoor van wat gesê is.

Linda Thomson ·

Ek hoop uit my hart uit dat hulle die uitwissing van die wit Afrikaner bespreek het. Dit is skandelik en afgryslik wat in ons eens geliefde geboorteland gebeur. Veral die feit dat daar nie iets is soos swart rassisme nie. Die swart Afrikaners mag mekaar openlik opsweep om wit Afrikaners te vermoor en te verkrag. Ons almal is hier onder dieselfde son op hierdieselfde kontinent gebore. Ons is Afrikaners maak nie saak hoe jy lyk nie. Ons almal het n stukkie van hierdie land met bloed gekoop.
Daar is geen eenheid tussen ons Afrikaners nie. Daar was nog nooit soveel rassehaat soos nou nie en die momentum groei met n gevaarlike tempo.
Mt ouers is deur swart Afrikaners aangeval, my pa het deurgetrek maar ons het my moeder verloor.
Nou word van ons verwag dat ons nog steeds landstrots moet he – ek kan nie. My moeder is van my af weggesteel op n wrede manier.
Die inbrekers is nooit gevang nie want my ouers was nie hoee profiel mense nie. N saak is oopgemaak en dis al.
Voor hierdie haat en wroeging in n wrede bloedbad gaan ontaard gaan ons iemand nodig he wat al ons Suid Afrikaners dieselfde gaan behandel , dieselfde voordele gee en wat nasiebou and nasie trots gaan bevorder. Ek bid dat President Trump daardie vuur gaan aanhits en dat ons n leier sal kry wat sal verstaan dat ons almal net ons eie lewens wil lei sonder vrees en sonder haat vir mekaar.

AL ·

Trump het geskimp vir vrede en stabiliteit by Zuma want dis 2 dinge waaroor Zuma nie beskik nie.

Johann ·

Ja shure…kom ons kyk hoe lank nog gooi Trump ziljoene dollers in die magtige groot swart gat genaamd Afrika. Terwyl al die Zumaikies skep!!!!!

Johann Marx ·

Dit lyk nie of Trump die gesprek afgesluit het met “YOU ARE FIRED!!!” nie?

Alida ·

Ag genade ek hoop net nie Z het weer ons name krater gemaak met sy kekkellaggie nie.

Matmiet ·

MM julle moet Trump se kantoor ook kontak en hoor wat was die gesprek. Ek het net uit ervaring n goeie idee Zuma se kantoor praat nie heeltemal die waarheid nie…

Andries Erwee ·

Die Withuis se verkaring se dieselfde behalwe dat dt byvoeg dat die gesprek ongeveer 15 min geduur het en dat Mnr Trump Pres Zuma vriendelik gevind het. Die 2 leiers het oor alles saamgestem.

johann ·

Kan nie dink dat Trump sy tyd sal mors om me Zuma te praat nie. Sou graag wou gesprek volg

Aster ·

Kom aan Steve. Dink jy moet bietjie met Trump gesels en hom bietjie vertel wat hier aan gaan. “Let’s make South Africa great again”.

Donovan ·

Aster… ek is self n groot Steve Fan maar Steve is nie die man wat moet opstaan nie, ons moet n nutrale ou kry wat opstaan wat aan WIT< SWART< INDIER EN KLEURLING kan verteenwoordig… RSA behoort nie aan net ons wit volk nie maar aan elkeen van ons wat in die land gebore is… Dit is tyd dat iemand opstaan en vir die land en sy mense kan optree en nie net vir n groepie van ons nie… ons het almal gehoop vir n Christelike leier en daar gee Vader God ons Musi die DA leier en toe wat maak ons… ons kla en kerm weer… ons kort iemand wat n Dog walker is, n horse whispere is en n lion tamer is…

Johann Barnard ·

Sal graag die waarheid wil hoor waaroor hulle eintlik gesels het?

Hannetjie ·

Ag asb as enige intelligent persoon dink daar was n gesprek he’ll dan bestaan feetjies en alliens nog

chrisp ·

Indien Trump nie geweet het met watter klas ons hier in die RSA opgeskeep sit nie weet hy nou.
Enige mens met ‘n gemiddelde verstand sal Zuma se vlak van intelek binne een minuut van gespreksvoering kan vastel.

·

Ja né, Zuma is goed uitgetrap!!! En BEE is afgestel en ons hoef nie meer belasting te betaal nie. Dankie DT.

He he ·

Ek dink jy en die res moet asseblief besef DT gee NIKS net mooi niks om vir RSA nie. En dis te vroeg vir april fools day oor BEE en belasting.
Zuma het moontlik meer gelag as gepraat

Tienie Bosman ·

Yes Big Boss Donald> I will see that everybody, especially my friends, get a piece in Efrika. We will also have stables. Good idea Boss.

Alida ·

Eugene hel net nie syfers nie of eerder oor enigiets. DT het seker gewonder waaroor kekkel stortkop.

Koos ·

Ek dog Donald Trump wou bietjie raad kry by Jacom 783 Zuma oor hoe om vier vroue gelyktydig gelukkig te hou?…..

andrea van vuren ·

Ek wens julle wil Trump ‘n regmatige kans gee. Julle spreek oordele uit wat julle kan bevestig nie. Los hom uit dat hy sy werk kan doen.

Koos Meyer ·

Weet nie af Steve Hofmeyer lid van Agriforum.is nie
Steve en Agriforum moet n afvaardiging lei naDT
Erni Els sal die omtmoetig,kan verwesenlik.
Dra oor plaasmoorde ,wat totaal hand uit ruk.asook korrupsie in elke denkbare staats dept .moontlik,state capture en hulp om ekonomie te laat grure.twv werks skepping

Pieter ·

Yes Mr Trump, we don’t like the white man, but we sure like his money.

hein ·

Ek dink dit was n ligte waarskuwing dat as daar nie vrede en stabiliteit indie land is nie Trump die 600 maatskappye hier in n oogwink kan onttrek sodat die Amerikaners die werk in Amerika kan doen. Trump is nie onnosel nie en weet hoe korrup Zuma is. Is dit nie snaaks dat hy net n week na die Parlement fiasko gedoen het nie. Hy weet wat in die wereld aangaan.

jaco ·

Kan zuma asb vir trump sê hy haat wit mense en dat hy al SA se wit mense na die VSA wil deporteer? Ek sal tog te bly wees. Dink net: ek sal dan bly in n land sonder regstellende aksie wat wit mense verarm, sonder wanadministrasie, sonder korrupsie, sonder Nkandla-gate en Gupta-gate, sonder beurtkrag, BAIE minder misdaad as in SA, ens ens.

Disselboom ·

Nie juis belangrike gesprek as dit so vinnig net na opstaantyd ingepas is op die dag van die ontmoeting met die Kanadese premier nie.

jaco ·

Waarom moet dit n belangrike gesprek wees as dit gevoer word met die president van ‘n land wat oor minder as 5 jaar erger as Zimbabwe gaan lyk?

Jan ·

Ja sowaar. Trump het seker tussen opstaan en aantrek so tussen die hare kam deur met Zuma gesels.

Gert Steenkamp ·

Amerika is net so korrup. Enigste luck wat hulle het is dat hulle die Ivoorkus jare terug gebruik het en toe beheer toegepas het. Maar dit draai ook.

Marco ·

Ek glo ok nie dis al wa oor hulle gepraat het nie wil trump se kant hoor

Andries Erwee ·

Lees dit dan. Trump het n verklaring uitgereik, waarin hy sê hy het Zuma vriendelik gevind en dan basies presies wat Zuma se.

Potlood ·

ooooooooooooooooo dit klink na ‘n rustige gesprek….. Komaaaaaaaan!!! Ons ken Trump beter as dit nou al. Hoekom sal hy sy tyd mors op sulke snot.
Wens Trump wil ook die gesprek bekend maak sodat ons buide kante kan vergelyk… dit sal sooooooo lekker wees.

John ·

Die jet wat so by ons prez spook; ons land se dwingende geldnood moet eenvoudig oor ‘n koppie tee met die nuwe VSA-eweknie uitgeklaar word. Watter beter rede…?

cor ·

Trump het advies gesoek oor hoe om die eerste 100 dae as ‘n president te oorleef.

Blikoor ·

Zuma is nie na die Withuis genooi,soos sy Nigeriese eweknie nie. Dit spreek reeds boekdele. Die feit dat Trump verwys na vrede en stabiliteit in so kort gesprek, eerste gesprek, wys ook dat dit hoog op die agenda is en hy nie tevrede is met Zuma se huidige hantering van hierdie twee fassette in RSA nie. Daar sal gewis aansporing kom vir Zuma om hierdie knelpunte aan te spreek. Ons moet maar wag en sien wat is die aard van die siekte, en hoe sterk is die medisyne wat Trump aanstuur.

jaco ·

ten minste bel trump darem vir zuma. beter as sy nogal swart voorganger wat nooit vir sy mede-swart zuma aangespreek het oor hoe sleg hy sy mede-swartmense hanteer nie. beurtkrag, plakkerskampe, swak openbare gesondheidsdienste, swak onderwys ens ens. Obama was doodstil daaroor…

Andries Erwee ·

Dit is niks ongewoon dat n Amerikaanse staatshoof met ons Pres praat nie. Trump se voorgangers te wete Clinton, Bush en Obama het SA minstens 2 keer elk besoek. Obama het Zuma 2 keer besoek en Zuma Obama 4 keer. Hoe gereeld hulle op die foon gepraat het is n alternative fact. Ek weet nie.

Denise ·

Ai Koos dit is nou baie SKERP !!!!! Ek het nou lekker gelag dankie!!!!

Andries Erwee ·

Ek glo Steve se voornemende staatsbesoek is sekerlik bespreek. Dinge soos die protokol. Of daar n kanon saluut en verbyvlug van vliegtuie moet wees ens.

Adri ·

Ek twyfel of die twee mekaar sou verstaan. Veral zuma se uitspraak grens aan iets om oor skaam te word – verwys na die uitspraak van ons rugby man Joost se naam verlede week. As hy nie syfers kan reg rangskik nie, hoeveel erger nie woorde nie. Nee wat, dis maar net ‘n I PHONED en I ANSWERED nuusberiggie.

Trump het geen maar geen rede om iets vir enigiemand in Afrika te voel nie, daardie droom moet ons maar kou en sluk.

En Steve het gese hy gaan nerens. Kou en sluk weer.

Elkeen vir homself. . . .

Johannes Meintjes ·

Nou is daar mos grondlegging vir BEB (Blanke Ekonomiese Bemagtiging). Teen die agtergrond van wat in die Volksraadsverslag aan die Buiteland rapporteer is met verwysings en bronne, i.v.m. onsagtelike plaaslike belegging in die ou SA en hoe die ekonomie tans gemanipuleer word, kan AfriSake nou aanbied om alle Europese, VK en VSA maatskappye met toegewyde werkers uit blanke geledere te beman sodat daardie maatskappye op hoogste standaarde in SA bedryf kan word. SA sal steeds baat by die belasting. Sodoende bewys AfriSake ook dat hulle die sosio-ekonomiese belange van alle blanke Afrikaners op die hart dra.

johan ·

ag ek hoop zuma het sy mond oop gemaak en n paar groot getalle genoem….. so sal Trump wel besef in watse gemors ons eintlik is :)

Theresa ·

Ek kan net dink hoe verstom die man sal stilbly om te wonder wat se snert hy aangehoor het. Na die gesprek seker dan op die grond lê en rol van die lag – totaal histeries!

Francie ·

Ek sou graag ‘n vlieg op DT se skouer gewees het om sy kommentaar agterna oor die gesprek te hoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.