Hieroor is een van SAUK-8 se hofaansoek geweier

Vuyo Mvoko. Foto: Twitter

Vuyo Mvoko. Foto: Twitter

Regter Fritz van Oosten het Vrydag die redes bekendgemaak hoekom hy Vuyo Mvoko, een van die sogenaamde SAUK-8, se aansoek om weer deur die openbare uitsaaier aangestel te word, van die hand gewys het.

Maroela Media het vroeër berig Mvoko se aansoek is verlede week in die hooggeregshof in Johannesburg geweier. Mvoko, ʼn onafhanklike vervaardiger, het ʼn kontrak met die SAUK, maar word slegs betaal indien sy programme uitgesaai word.

Die openbare uitsaaier het opgehou om Mvoko se materiaal te gebruik nadat hy glo ʼn artikel geskryf het waarin hy die SAUK se omstrede verbod op die uitsaai van gewelddadige betogings gekritiseer het. In die artikel, wat in die Star geplaas is, het Mvoko van sy eie ervaring van redaksionele inmenging by die uitsaaier vertel en Hlaudi Motsoeneng, die uitvoerende hoof van die SAUK, as ʼn bron van konflik genoem.

Van Oosten het Vrydag in die hooggeregshof in Johannesburg gesê dat hy nie die redes vir sy uitspraak sal voorlees nie, maar het slegs afskrifte daarvan uitgedeel. Mvoko en sy regsverteenwoordiger het nie die verrigtinge bygewoon nie.

In sy uitspraak het Van Oosten gesê hy het Mvoko se aansoek om die SAUK te dwing om sy programme uit te saai, geweier omdat daar ʼn dissiplinêre saak teen Mvoko hangend is rakende die Star-artikel.

“Die ondersoek deur die SAUK teen mnr. Mvoko rakende die betekenis en impak van die artikel wat deur hom geskryf is, is steeds hangend. Hoewel voorleggings namens Mvoko aan die SAUK gelewer is, het die SAUK nog nie die finale besluit oor die saak bekendgemaak nie en word dit verder vertraag deur hierdie hofaansoek,” het Van Oosten gesê.

“Dit is hierdie hof se bevinding dat die SAUK die nodige klagteprosedure gevolg het soos dit in die kontrak tussen die twee partye uiteengesit is. Aangesien daar steeds gewag word op ʼn finale besluit deur die SAUK, is dit voortydig en is daar geen volhoubare gronde vir hierdie hof om in te gryp nie.”

Mvoko, wat ʼn drie jaar lange kontrak met die SAUK het, is die enigste een van agt joernaliste wat deur die uitsaaier afgedank is, maar nie weer terug by die werk is nie. Mvoko het verlede week gesê hy sal teen die hofuitspraak appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

KarooKlong ·

Sterkte. Hoop jy en jou Regsverteenwoordigers trap daai blaffer se tjank af.

Nico ·

Spreek bietjie van die verkeerdheid in ons samelewing aan. Alle eer aan die werknemers van die SAUK wat hul saak gewen het. Maar die vryskut mense geniet geen beskerming. Baie hard om jou eie baas te wees…

jaco ·

die ander wit joernaliste moes nie weer aangestel gewees het nie, want hulle is wit. Mvoko moes eintlik dadelik sy werk teruggekry het, want hy het die regte velkleur. Eks verbaas oor die SAUK se vreemde regstellende aksie prosedures…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.