‘High five’ na aanranding van voormalige vlootsoldaat

Blayne en Kyle Shepard, Andries van der Merwe en Dustin van Wyk tydens 'n vorige hofverskyning Foto: enca.com

Blayne en Kyle Shepard, Andries van der Merwe en Dustin van Wyk tydens ‘n vorige hofverskyning Foto: enca.com

Blayne Shepard het ʼn voormalige vlootsoldaat in die Royal Marines glo geskop voor hy ʼn vriend ʼn ‘high five’ gegee het op 23 Maart verlede jaar na ʼn Superrugby-wedstryd tussen die Haaie en die Melbourne Rebels op Kings Park in Durban.

Die Brit Brett Wiliams (29) is oomblikke later dood verklaar. Blayne en sy broer, Kyle Shephard, staan saam met Andries van der Merwe en Dustin van Wyk tereg op aanklagte van moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en crimen injuria. Neil Burger, bestuurder van Fidelity Security Services, was die aand van die voorval aan diens by Kings Park. Burger het Woensdag in die Durbanse-streekshof getuig dat hy dié aand na ʼn geveg buite die stadion ontbied is. Volgens Burger het hy tussenbeide probeer tree en is hy in die gesig geslaan. Burger sê hy het Williams op die grond sien lê.

Die aanklagte teen ʼn vyfde beskuldigde, Grant Cramer, is vroeër laat vaar weens ʼn gebrek aan getuienis wat hom aan die misdaad kon koppel. Hy staar egter een klag van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig in die gesig. Williams en Cramer het glo vroeër die aand buite die stadion ʼn onderonsie gehad. Cramer het Williams in ʼn wurggreep gehad en hy het sy bewussyn verloor. Paramedici het hom bygebring, maar die ander vier het hom glo later die aand geskop en geslaan tydens ʼn tweede onderonsie. Paramedici kon hom nie weer bybring nie. Hy is op die toneel dood verklaar. Die verhoor duur voort. -SAPA

Lees ook:
Rugby-moord: Vier weer in die hof
Rugby-moord: Verhoordatum bekend
Rugby-moord: Seesoldaat het glo vroeër ook baklei
Rugby-moord: Verdagtes se name bekend gemaak
Rugby-moord: Vier hoop vir borg
Rugby-moord: Mense vir uitkenningsparade gesoek
Rugby-moord: Verdagte kry borg; name weerhou
Rugby-moord: Vier gee hulself oor
Rugby-moord: Vyf sal hulself glo oorgee
Rugby-moord: Slagoffer se naam bekendgemaak
Brit sterf in geveg ná Super15-stryd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eben ·

Laat die mannetjies vir hulle kry. Hoekom as drank betrokke is, moet daar baklei word, is dit jou swak opvoeding wat deurkom en wys jy eintlik commen?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.