‘Highveld Steel-ooreenkoms goed vir ekonomie en gemeenskap’

'n Lugfoto van Emalahleni (Witbank). Foto: booktravel.travel

‘n Lugfoto van Emalahleni (Witbank). Foto: booktravel.travel

Die vakbond Solidariteit het Vrydag die ooreenkoms wat ArcelorMittal Suid-Afrika met Evraz Highveld Steel se aanleg buite Witbank in Mpumalanga gesluit het, verwelkom.

Volgens Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van die staal- en ingenieursbedryf by Solidariteit, behels die ooreenkoms dat ’n sub-afdeling van Higveld Steel, Highveld Structural Mill Proprietary Limited (HSM), ingespan sal word om swaar strukturele staal te vervaardig. HSM is boonop die enigste aanleg op die Afrika-vasteland wat strukturele staal van dié aard kan vervaardig.

Croucamp het gesê hierdie ooreenkoms is ’n positiewe verwikkeling vir die plaaslike gemeenskap sowel as vir die Suid-Afrikaanse ekonomie. “Dié plaaslike gemeenskap is vroeër vanjaar deur massa-afleggings, waarby 1 753 werknemers betrokke was, geraak. Hierdie ooreenkoms sal nie net die plaaslike gemeenskap ’n hupstoot gee nie, maar is ook ’n welkome inspuiting vir die Suid-Afrikaanse ekonomie deurdat die land sy eie strukturele staal sal vervaardig,” het Croucamp gesê.

Volgens Croucamp strek die ooreenkoms wat bereik is oor twee jaar met die opsie om dit vir nog ’n jaar te verleng. “Daar sal vroeg in die nuwe jaar bepaal word hoeveel werknemers vir die doeleindes van die ooreenkoms aangestel moet word,” het Croucamp gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Mariette Schoeman ·

Halleluja! Ons stad se mense het sulke nuus werklik nodig.

KK ·

Dink alle werklose Suid-Afrikaners kan doen met werk, moenie alewig kleur in alles in bring nie!

jaco ·

wonderlike werksgeleenthede, maar wit aansoekers sal weens regstellende aksie vereistes bloot geignoreer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.