Highveld Steel-werkers sonder salarisse huis toe gestuur

Argieffoto

Argieffoto

Werknemers van Highveld Steel is Woensdag glo huis toe gestuur omdat die maatskappy na bewering nie hul salarisse kan betaal nie.

Die vakbond Solidariteit het in ʼn verklaring gesê Highveld Steel het sy werknemers ingelig dat die maatskappy nie vandeesmaand salarisse sal kan betaal nie aangesien die werkloosheidsversekeringfonds sy belofte om werkers te betaal nie nagekom het nie.

Dié verwikkeling volg glo nadat die maatskappy werknemers op ’n opleidingafleggingskema geplaas het en die kooptransaksie met ’n Chinese maatskappy, International Resources Limited (IRL), deur die mat geval het.

Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, het vroeër gesê IRL het aangedui dat hy nie meer die sukkelende staalmaatskappy sal koop nie aangesien Highveld Steel se bestuur aangedui het dat IRL nie aan die voorvereistes van die sakereddingsplan wat die koop rugsteun, voldoen nie.

Croucamp het gesê Solidariteit sal sy lede, wat deur die proses geraak word, bystaan deur onder meer toe te sien dat die maatskappy vorentoe die regte prosedure volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Suzie ·

Ons harte en gebede gaan uit na die werknemers van Highveld Steel.

DPJ ·

Dit is ‘n mooilike ekonomiese tyd om jou werk te verloor.
Ons dink in ons bede aan almal wat hulle werk verloor het. Die Here sal weer op Sy tyd uitkom gee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.