Hillary Gardee dalk ook beroof

Bheki Cele, polisieminister, en Fanie Masemola, nasionale polisiekommissaris, het die misdaadtoneel saam met ander amptenare besoek. (Foto: Twitter / @LirandzuThemba)

ʼn Ondersoekspan is nou saamgestel om die moord op Hillary Gardee te ondersoek. Dit lyk asof sy ook van haar persoonlike besittings beroof is.

Maroela Media het vroeër berig dat Gardee, dogter van die voormalige sekretaris-generaal van die EFF, Godrich Gardee, se liggaam Dinsdag buite Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga aangetref is. Sy is Vrydag laas by die Spar-supermark in dié dorp gesien.

Hillary Gardee. (Foto: Verskaf)

Die polisie het Dinsdag in ʼn verklaring gesê dat die plek waar Gardee gevind is sowat 45 km van die Mbombela-middestad geleë is. “Sy het dieselfde klere as die dag van haar verdwyning aangehad en dit lyk asof haar persoonlike besittings deur haar aanvaller of aanvallers gesteel is,” lui die verklaring.

Die polisie het ook aangedui dat Gardee kneusplekke aan haar kop opgedoen het. Daar is egter nie verder oor die aard van dié beserings uitgewei nie.

Bheki Cele, polisieminister, en Fanie Masemola, nasionale polisiekommissaris, het die misdaadtoneel Dinsdag saam met ander amptenare besoek. Die afvaardiging het ook saam met Vusi Shongwe, die LUR vir gemeenskapsveiligheid in die provinsie, ʼn besoek aan die familie afgelê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

annie ·

Ons minister het dit skynbaar nou op hom geneem om elke moordtoneel persoonlik te besoek. Ons hoop hy hou sy belofte gestand.

piet ·

Gaan dit nie maar oral ter wereld so nie? As dit bekendes is, wil mense gesig wys.

Willem ·

As die minister en sy trawante net so vinnig by plaasmoorde kan uitkom

BARNEY ·

Terwyl hierdie n hartseer geval is en geen ouer n kind op hierdie wyse moet verloor is dit belaglik dat hiersie geval soveel aandag geniet, besoek die minister alle moord tonele? Of slegs daardie met n politieke geur?
RIV Hillary Gardee en meegevoel aan haar ouers.

Racheltjie Debeer ·

Presies hoe ek ook voel, dis baie hartseer, maar het die minister ook die toneel besoek van die egpaar wat ‘n week of wat gelede aan die brand gesteek is, of enige plaasmoord tonele?

piet ·

Dis nou belaglik om te dink die minister moet alle moordtonele besoek. Prakties onmoontlik. Bekendes kry meeste nuusdekking. Die minister het al plaasmoord-tonele ook besoek……

mattk ·

Dit is net wonderlik hoe Bekkie Cele onmiddelik daar is, saam die kommisaris, om die toneel te besoek en ook dan die familie. Wat probeer hy bereik of soek hy nou aansien by die EFF wat hom uit die stoel wil hê? ‘n Ondersoek span is ook dadelik saamgestel om die moord te ondersoek, dus kry politici spesiale aandag. Wonder maar net…..!

Di ·

Sterkte aan haar familie en vriende. Net jammer dat seker mense se lewens van belang is in hierdie land

SjN ·

Tragies, Hoedeman het n presedent geskep en sal voortaan elke moord moet besoek.

Andre ·

Niemand wil sy/haar kind so sien heengaan nie en my simpatie aan die familie. Herinner ons net weer dat ons verenig hierdie misdadigheid moet uitroei

JohanR ·

Hello Hoed. Daar sal vandag of more ‘n wit boer en familie aan geval word iewers in SA en dit is nou ‘n feit. Sal jy en die nasionale polisiekommissaris na die toneel toe jaag?

piet ·

Die kommissaris haas ook nie na tonele in plakkerskampe waar swartmense gereeld gruwelik vermoor word nie. Niemand hoor of weet van daai moorde nie. Dis wel so dat bekendes meer aandag trek. Gebeur ooral te wereld. Wat’s jou punt?

Miss J ·

En hoe vinnig reageer hulke ne? Duidelike verskil in die geval as in ander moorde? So is dit in ons Suid Afrika. Alhoewel enige dood en moord baie hartseer en onnodig is, is die hantering daarvan nie konsekwent nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.