
Bheki Cele, polisieminister, en Fanie Masemola, nasionale polisiekommissaris, het die misdaadtoneel saam met ander amptenare besoek. (Foto: Twitter / @LirandzuThemba)
ʼn Ondersoekspan is nou saamgestel om die moord op Hillary Gardee te ondersoek. Dit lyk asof sy ook van haar persoonlike besittings beroof is.
Maroela Media het vroeër berig dat Gardee, dogter van die voormalige sekretaris-generaal van die EFF, Godrich Gardee, se liggaam Dinsdag buite Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga aangetref is. Sy is Vrydag laas by die Spar-supermark in dié dorp gesien.
Die polisie het Dinsdag in ʼn verklaring gesê dat die plek waar Gardee gevind is sowat 45 km van die Mbombela-middestad geleë is. “Sy het dieselfde klere as die dag van haar verdwyning aangehad en dit lyk asof haar persoonlike besittings deur haar aanvaller of aanvallers gesteel is,” lui die verklaring.
Die polisie het ook aangedui dat Gardee kneusplekke aan haar kop opgedoen het. Daar is egter nie verder oor die aard van dié beserings uitgewei nie.
Bheki Cele, polisieminister, en Fanie Masemola, nasionale polisiekommissaris, het die misdaadtoneel Dinsdag saam met ander amptenare besoek. Die afvaardiging het ook saam met Vusi Shongwe, die LUR vir gemeenskapsveiligheid in die provinsie, ʼn besoek aan die familie afgelê.
[AT THIS HOUR] The Minister of Police and National Commissioner of the @SAPoliceService arrive at the Gardee home in Nelspruit, they have just returned from the crime scene where the body of Hillary Gradee was found. SAPS in the province are investigating a case of murder. pic.twitter.com/mLHpGUvNvO
— Lirandzu Themba (@LirandzuThemba) May 3, 2022
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Ons minister het dit skynbaar nou op hom geneem om elke moordtoneel persoonlik te besoek. Ons hoop hy hou sy belofte gestand.
As die minister en sy trawante net so vinnig by plaasmoorde kan uitkom
Terwyl hierdie n hartseer geval is en geen ouer n kind op hierdie wyse moet verloor is dit belaglik dat hiersie geval soveel aandag geniet, besoek die minister alle moord tonele? Of slegs daardie met n politieke geur?
RIV Hillary Gardee en meegevoel aan haar ouers.
Dit is net wonderlik hoe Bekkie Cele onmiddelik daar is, saam die kommisaris, om die toneel te besoek en ook dan die familie. Wat probeer hy bereik of soek hy nou aansien by die EFF wat hom uit die stoel wil hê? ‘n Ondersoek span is ook dadelik saamgestel om die moord te ondersoek, dus kry politici spesiale aandag. Wonder maar net…..!
Sterkte aan haar familie en vriende. Net jammer dat seker mense se lewens van belang is in hierdie land