Historikus sterf maande ná gru-aanval

Robert Gerrard. Foto: Verskaf

Robert Gerrard. Foto: Verskaf

ʼn Britse historikus wat byna 20 jaar lank as toergids in Suid-Afrika gewerk het, het gesterf ʼn paar maande nadat hy brutaal tydens ʼn rooftog aangerand is.

Robert Gerrard (74), ʼn kenner van die Anglo-Zulu-oorlog, was ʼn voltydse toergids by die Isandlwana Lodge in KwaZulu-Natal toe hy op 25 Februarie by sy kothuis by die lodge deur twee rowers oorval is. Volgens The Telegraph het die rowers hom erg aangerand, sy kop teen die vloer stukkend geslaan, kookwater oor hom uitgegooi en sy bekken op sewe plekke gebreek. Die rowers het met vier vuurwapens, kredietkaarte en ʼn ring gevlug.

Gerrard is Donderdag in Ladysmith dood. Gerrard se familie het aan The Telegraph gesê sy dood is die gevolg van komplikasies van die veelvuldige beserings wat hy tydens die aanval opgedoen het. Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het egter aan Maroela Media gesê ʼn mediese praktisyn het bevestig dat Gerrard aan natuurlike oorsake gesterf het.

Joanne Hayes, woordvoerder van Isandlwana Lodge, wou haar nie oor die aanval in Februarie uitlaat nie en het gesê die saak word steeds deur die polisie ondersoek. Gerrard was as toergids ʼn groot trekpleister by die lodge. “Rob het uit ʼn lang afstammingslyn van militêre mans gekom, sy pa en oupa het in die Britse weermag gedien. Hy het ook in die Britse weermag gedien en in 1969 die weermag verlaat om Suid-Afrika toe te trek waar hy kommoditeitshandelaar geword het,” het Hayes gesê.

“Sy passie vir Britse militêre geskiedenis het daartoe gelei dat hy lesings oor die Anglo-Zulu-oorlog van 1879 en die Anglo-Boereoorloë van 1881 en 1899 tot 1902 aangebied het en hy het hom later by Isandlwana Lodge aangesluit. Hy is in 1998 as ʼn fellow van The Royal Geographical Society aangewys.”

Gwala het gesê niemand is nog in verband met die rooftog in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
JdT

Kan net nie verstaan as politieke partye nie moord en ander verwante misdaad ernstig op neem nie. Hoekom word dit nie op die agenda geplaas tydens die parlement sittings nie? Te veel Fokus word op snert geplaas en dis hoogtyd dat die ANC pa staan vir sy nalatigheid. Bring doodstraf terug!!!!!!

Bokram

Dit was n rooftog ook,maar ek dink hulle het gekom om hom te vermoor,soos wat dit maar die geval in plaasaanvalle ook is,sterkte aan familie.

Verskrikte toeris

Dan wonder Afrika mense waarom hulle arm is. Hulle jaag kapitaal weg man!

Jean

Ja so nou sien die buiteland ook dis nie net die AFRIKANER wat aangeval word in SA nie, dit is ook hulle eie mense wat hier kom bly of toer. Dalk kan hulle nou ‘n meer gebalanseerde prentjie kry van die eensydige een wat hulle altyd gehad het.

Jeanne

Wat se mediese praktisyn is dit? Natuurlike oorsake? Daar is KOOKWATER op hierdie man van 74 uitgegooi, sy bekken is op 7 plekke gebreek, sy kop is stukkend geslaan op die vloer?? Ek sou se dit is baie natuurlik. Gee ons asb die mediese praktisyn se naam dat ek hom NOOIT gaan besoek nie, dit is duidelik dat dit agv is van komplikasies van ‘n baie ONNATUURLIKE aanval, niks hieraan is natuurlik nie .. Op 74 is die skok van so ‘n aanval genoeg om jou te laat doodgaan, hoe natuurlik is dit? Dit moet nou nie meer net ‘n… Lees meer »