Historikus sterf maande ná gru-aanval

Robert Gerrard. Foto: Verskaf

Robert Gerrard. Foto: Verskaf

ʼn Britse historikus wat byna 20 jaar lank as toergids in Suid-Afrika gewerk het, het gesterf ʼn paar maande nadat hy brutaal tydens ʼn rooftog aangerand is.

Robert Gerrard (74), ʼn kenner van die Anglo-Zulu-oorlog, was ʼn voltydse toergids by die Isandlwana Lodge in KwaZulu-Natal toe hy op 25 Februarie by sy kothuis by die lodge deur twee rowers oorval is. Volgens The Telegraph het die rowers hom erg aangerand, sy kop teen die vloer stukkend geslaan, kookwater oor hom uitgegooi en sy bekken op sewe plekke gebreek. Die rowers het met vier vuurwapens, kredietkaarte en ʼn ring gevlug.

Gerrard is Donderdag in Ladysmith dood. Gerrard se familie het aan The Telegraph gesê sy dood is die gevolg van komplikasies van die veelvuldige beserings wat hy tydens die aanval opgedoen het. Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het egter aan Maroela Media gesê ʼn mediese praktisyn het bevestig dat Gerrard aan natuurlike oorsake gesterf het.

Joanne Hayes, woordvoerder van Isandlwana Lodge, wou haar nie oor die aanval in Februarie uitlaat nie en het gesê die saak word steeds deur die polisie ondersoek. Gerrard was as toergids ʼn groot trekpleister by die lodge. “Rob het uit ʼn lang afstammingslyn van militêre mans gekom, sy pa en oupa het in die Britse weermag gedien. Hy het ook in die Britse weermag gedien en in 1969 die weermag verlaat om Suid-Afrika toe te trek waar hy kommoditeitshandelaar geword het,” het Hayes gesê.

“Sy passie vir Britse militêre geskiedenis het daartoe gelei dat hy lesings oor die Anglo-Zulu-oorlog van 1879 en die Anglo-Boereoorloë van 1881 en 1899 tot 1902 aangebied het en hy het hom later by Isandlwana Lodge aangesluit. Hy is in 1998 as ʼn fellow van The Royal Geographical Society aangewys.”

Gwala het gesê niemand is nog in verband met die rooftog in hegtenis geneem nie en die polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

JdT ·

Kan net nie verstaan as politieke partye nie moord en ander verwante misdaad ernstig op neem nie. Hoekom word dit nie op die agenda geplaas tydens die parlement sittings nie? Te veel Fokus word op snert geplaas en dis hoogtyd dat die ANC pa staan vir sy nalatigheid. Bring doodstraf terug!!!!!!

Bokram ·

Dit was n rooftog ook,maar ek dink hulle het gekom om hom te vermoor,soos wat dit maar die geval in plaasaanvalle ook is,sterkte aan familie.

Pieter van der Merwe ·

JdT, is jy doodseker jy wil die doodstraf beskikbaar maak vir die huidige regering???

Verskrikte toeris ·

Dan wonder Afrika mense waarom hulle arm is. Hulle jaag kapitaal weg man!

Jean ·

Ja so nou sien die buiteland ook dis nie net die AFRIKANER wat aangeval word in SA nie, dit is ook hulle eie mense wat hier kom bly of toer. Dalk kan hulle nou ‘n meer gebalanseerde prentjie kry van die eensydige een wat hulle altyd gehad het.

Jeanne ·

Wat se mediese praktisyn is dit? Natuurlike oorsake? Daar is KOOKWATER op hierdie man van 74 uitgegooi, sy bekken is op 7 plekke gebreek, sy kop is stukkend geslaan op die vloer?? Ek sou se dit is baie natuurlik. Gee ons asb die mediese praktisyn se naam dat ek hom NOOIT gaan besoek nie, dit is duidelik dat dit agv is van komplikasies van ‘n baie ONNATUURLIKE aanval, niks hieraan is natuurlik nie .. Op 74 is die skok van so ‘n aanval genoeg om jou te laat doodgaan, hoe natuurlik is dit? Dit moet nou nie meer net ‘n rooftog wees nie, maar ‘n ondersoek na moord .. Mag dalk nie ‘n regs- of mediese praktisyn wees nie, maar hier was ‘n paar growwe oorsigte hier gewees.

Uvonka ·

Jeanne seker ‘n “high school drop-out” wat deur die ANC aangestel is.

AmY ·

Hy is dood aan natuurlik oorsake? So sy aanvallers gaan nou ‘ weg kom met moord.’ Of is ek nou verkeerd?

Ahooy ·

Die Polisie ondesoek duur voort???? HA HA HA HA HA HA!!!! :-)

Nita ·

Hierdie mense wat sterf weke of maande na hulle wreedaardig aangerand is,word hulle by die moordsyfer bygetel? Die man se gestel was baie sterk om so lank aan die lewe vas te klou na die weereens wreedaardige, barbaarse aanval op hom.

Anette ·

Baie baie hartseer. Rob het so baie vir buitelandse toerisme na SA gedoen. Ek twyfel sterk of die lodge nou buitelandse toeriste gaan lok. So daar gaan die werksgeleenthede, meer honger mense op die vlakte, en ons prez slaap lekker met sy vol maag, sagte bed en talle wagte!

Foxi ·

Ek sal graag net wil verstaan…..hoekom die brutale moord? Wat gaan in daardie moordenaar se kop aan om n mens so te verniel? Waarom vat hulle net nie die goed wat hulle buit en gee pad nie. Vrees hulle dat die persoon hulle sal herken as hy lewe? Voel die moordenaars hulle is in beheer as hulle sulke dade pleeg of is dit vir hierdie moordenaars net n natuurlike ding om so emosieloos op tree. Sit net jouself in Robert se situasie op daardie oomblik terwyl hy om sy lewe geveg het…………..Jou gedagtenis sal skokkend wees. Mag die Hemelse Vader ons almal genadig wees. Rus in vrede vriend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.