Hittegolf bly tot dan

Foto: www.iop.org

Foto: www.iop.org

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gesê die hittegolf, wat tans oor die noord-oostelike dele van die land voorkom, sal teen Vrydag begin afneem.

Volgens die weerdiens heers hittegolf-toestande oor Gauteng, die noordelike en oostelike dele van die Noord-Kaap, Noordwes en die Vrystaat, sowel as dele van Limpopo en Mpumalanga.

Die warmste temperatuur, van 41°C, is Dinsdag in Upington gemeet. Intussen word ʼn maksimumtemperatuur van 42°C vandag vir Upington verwag. Pretoria se voorspelde maksimum is 36°C en vir Lephalale en Vryburg 38°C. Bloemfontein en Mafikeng se verwagte maksimumtemperatuur is ook 36°C. In Rustenburg sal die kwik na verwagting tot 35°C styg.

Die kraaie gaan Donderdag gaap met ʼn verwagte maksimumtemperatuur van 41°C vir Upington, 40°C vir Lephalale, 39°C vir Vryburg, 38°C vir Pretoria en 37°C vir Mafikeng. Teen Vrydag sal die maksimumtemperatuur in Pretoria na verwagting tot 34°C daal, terwyl Upington steeds gaan sweet, met ʼn verwagte maksimumtemperatuur van 43°C.

Donderstorms en reën word vir die naweek oor die oostelike en noord-oostelike dele van die land voorspel.

Die weerdiens het mense gemaan om tydens die hittegolf-toestande te probeer om binnenshuis te bly en beskermende klere te dra indien hulle buite moet werk. Mense is ook aangeraai om genoeg water te drink en om nie kinders tussen 9:00 en 16:00 buite te laat speel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Kraaie gaap al lankal ·

Mag ek net noem dat die temperature in van Zylsrus ini noordkaap altyd warmer is as die van upington… ons het al gister middag 42 grade gemeet en vanmiddag sin is tans 41 grade

peanut ·

Daai temps. klink amper normaal. Hier by ons in Nam was dit nou onlangs 53 in Oshakati, en dit was na sononder. Usakos word ook gereeld 42+.

Maaaaaar Swakopmund………….nou dis waar jy wil wees. Al 4 seisoene maklik op een dag. . . . . . Ons groot pluspunt is dat ons darem kan gaan visvang ;-)

Mel ·

Ek het in my lewe nog nooit ‘n swembad waardeer soos nou ni, ons moet aanhou bid vir reën

Oudste ·

Ek gaan maar my swemjakkie volgende week saamneem Lammertsbaai toe, om namens al die hittegolf slagoffers lyf nat te maak.

Cherokee ·

Dan is dit daar by julle wat Leon Schuster eendag ‘n eier op die kar se enjinkap gebraai het!

Mel ·

En daar kry ons skielike wildr swaar weer en lekker bui reën in Klerksdorp, effens koeler maar baie dankbaar, dankie Jesus

Alki ·

Dit het nou net na 21:00 hierin Pretoria begin reën, ‘n lekker Gauteng donderstorm na ‘n bloedige warm dag, PRYS DIE HERE WANT HY IS GROOT, BY HOM IS ALLES MOONTLIK!!!!!!! selfs toe die weervoorspelling nie eintlik reën voorspel het vir ons nie.
Dit reën nou heerlik, veral hier in Annlin, Noordelike Pretoria, dit is nou half tien, Die Hemelse Vader het vir my ‘n lekker verjaardag persent in die vorm van reën gestuur, ek hty vanmiddag gebid vir reën

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.