Hittegolf duur nog voort in dié provinsies

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

Die inwoners van sommige provinsies gaan meer en langer sweet as diegene in ander provinsies.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) sê die hittegolf wat verlede week sommige dele van die land getref het, sal tot volgende week voortduur.

“Die hittegolf wat bo gemiddelde temperature veroorsaak, sal na verwagting tot Dinsdag [5 Desember] voortduur,” sê die weerdiens.

Die warm weerstoestande sal oor die oostelike dele van Noordwes en Gauteng voortduur, asook oor die sentrale en noordelike dele van die Vrystaat.

Temperature in Gauteng sal na verwagting tot 33 °C of selfs hoër styg, terwyl dorpe in die Vrystaat maksimum temperature van 38 °C kan verwag.

Die weerdiens het ook gewaarsku dat sommige van hierdie provinsies vatbaar is vir wegholbrande.

“Uiterse hoë brandgevaartoestande word oor die oostelike dele van die Noord-Kaap verwag, asook die westelike en sentrale dele van die Vrystaat en Noordwes.”

Die huidige hittegolf het die kwik so hoog laat styg dat rekord‑ maksimum en minimum temperature vir November aangeteken is.

Dit was in ʼn stadium so warm dat sommige dele van die land by 47 °C gedraai het.

Só lyk die weervoorspelling vir die volgende paar dae:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.