Hittegolf laat rekords spat

Argieffoto

Argieffoto

Die hittegolf wat groot dele van Suid-Afrika die afgelope week ervaar het, het dekadelange temperatuurrekords Woensdag laat spat.

Volgens Cobus Olivier, ʼn weervoorspeller en navorser van die van Suid-Afrikaanse Weerdiens, het die kwik in Pretoria Woensdag tot 40,3 °C gestyg. Die vorige maksimumtemperatuur was 39,1 °C in 2005.

Rustenburg het sy hoogste maksimumtemperatuur in 17 jaar bereik. Die kwik het Woensdag in dié Noordwes-dorp tot 39 °C gestyg. Die vorige hoogste maksimumtemperatuur was 37,3 °C.

Hier volg die rekords wat Woensdag 11 November 2015 aangeteken is:

Stasie:Vorige hoogste maks. temp. in °CDatum:Nuwe hoogste maks. temp. in °C
Thabazimbi42,503/11/200542,7
Warmbad Towoomba40,113/11/201042,4
Ellisras41,817/11/200242,2
Madikwe-wildreservaat40,913/11/201042,1
Oudestad39,706/11/198140,8
Ladysmith38,809/11/201140,7
Marken40,303/11/200540,6
Pretoria (Unisa)39,103/11/200540,3
Estcourt38,814/11/201339,6
Newcastle38,514/11/201339,1
Rustenburg37,315/11/199839
Greytown37,614/11/201338,8
Wonderboom-lughawe37,213/11/201038,7
Tzaneen (Westfalia Estate)38,203/11/200838,7
Mooirivier35,109/11/201137,6
Royal Nasionale Park35,707/11/196837
Irene WO35,203/11/200537
Knellpoortdam36,313/11/201336,9
Frankfort (TNK)35,607/11/196836,9
Bronkhorstspruit AWS36,113/11/201036,8
Johannesburg Botaniese Tuin33,803/11/200536,5
Vereeniging3603/11/200536,1
Kruger Mpuamalanga Internasionale-lughawe35,712/11/201035,8
Vrede32,609/11/201135,5
Springs3409/11/201135,4
Bethal34,103/11/200535
Ermelo WO33,303/11/200534,6
Ficksburg34,108/11/199734,4
Van Reenen32,409/11/201134,2
Giants Castle AWS32,708/11/199733,6
Belfast30,110/11/201131,8

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Marco ·

Goeie Middag. Ek weet Musina in Limpopo was gister 51 Grade ekt n foto ontvang wat my ouers vir my gestuur het.

Vriendelike Groete

Paul ·

Onthou, die amptelike temperatuurmetings is altyd volgens spesifieke vereistes, onder andere dat dit nie in direkte sonlig gedoen word nie.

Temperature binne ‘n voertuig wat in die son staan, kan selfs op ‘n dag wat dit net 30 grade in die skaduwee is, bokant 50 grade gaan draai.
As jy ‘n termometer buite in die son sit, of monteer waar sterk hitte vanaf die grond opslaan, sal dit ook ‘n hoër lesing gee as ‘n amptelike meting in die skaduwee.

Jollie ·

Dit is *&^%$# warm!! Ons glo daar sal binnekort verligting kom!!!

Elmarie Meyer ·

Ja ek weet Louis Trichardt was 44 grade en dit is vandag seker 46 dit is vreeslik warm

Elinette ·

Kom Kaap toe … hier het ons die see, blou berge en heerlike vroeë somer weer (en water). Nie te warm nie, nie te koud nie. Los net asb. al die misdaad daar in Gauteng en KZN!!

Harry ·

Elinette, ek bly in Pretoria en ek stem saam met jou oor die somer weer, maar o wee, ek kan die julle nat winderige winters gewoond raak nie, en ek lees dat die misdaad julle ook nou bietjie looi. Ek dink Gauteng is leeg gesteel, LOL.

Dee ·

Gelukkig bly ek in die koel Durban. Die Hoë Veld is warm en in die Kaap (waar mens nie eens in die winter kan swem) skiet die bendes mekaar stukkend. So as jy Gauteng se hitte en die Kaap se kroeks teen mekaar opweeg bly Durbs tops!

Hulda de Witt ·

Ek sekondeer. Dis eintlik nog koud saans. Ons bly tussen Durbanville en Brackenfell en het nou baie wind maar nog nie hitte nie

Jomarie ·

Ek het al geleer om nie te kommer oor Suid Afrika se weer nie. Daar kom altyd weer reen!

Dee ·

Ja, moetie kommer oor SA se weer – daar kom altyd weer weer!

Carina ·

Ek stem, die bogenoemde grade is seker erg as mens nie daaraan gewoond is nie. Maar kom bly bietjie in die Paarl. Vir ons is 35+ net lekker. Hier raak dit sommer maklik enigiets tussen 45 en 50gr. Twee somers terug is 51gr in die middedorp gemeet. En so 7 jaar terug het ek om 5 namiddag nog 48.7gr gemeet. Dan moet jy weet die nag koel nie af nie. My kind se kamer kyk Oos so dit kry oggend son. Daar meet ek gereeld in die somer maklik 37gr+ teen 8uur die oggend al, voor dit regtig warm word die dag, en dan koel dit af tot so 35gr in die nag.
Ons kan maar net hoop en bid hier kom gou goeie reën om die hittegolf en water tekort te verlig. El Nino kan maar op ‘n ander plek gaan speel.

Ludwig ·

Ons voel saam met julle daar bo in die hitte, maar ons wat hier in Namkwaland en verder in die Weskus woon, is al so gewoond daaraan dat 44° in die somer vir ons net “aangenaam warm” is. Party nagte is slaap onmoontlik, en die ergste is dat mens met duur lugreëlaars in die huis sit, maar dit weens die koste van elektrisiteit eenvoudig nie kán gebruik nie, Nee, wat, ons gaan sit maar voor ‘n braaivuurtjie met’n paar skaaptjops om so bietjie af te koel!

Jannie ·

in die somer is dit normale temp by ons hier in oudtshoorn

Genis ·

Jy kan dalk ontvlug van die binneland se hitte hier in die Kaap, maar die misdaad is oral ewe erg. Hier was 7 inbrake in ons straat verlede Sondag. Oral sluip die skollies rond opsoek na geld vir dwelms en vreetgoed.

Nadia ·

Thanazimbi se hoogste was al op 46 grade in die winter en op 55 grade ini somer.

Liewe lulu ·

Nadia ons bly ook in Thabazimbi. Op n plaas 60 km uit die dorp. Dinsdag was die temperatuur by ons 59 grade. Ons het nou sonskerms gekoop wat jy buite by jou vensters vas monteer. Dit help en lyk ook mooi

Dee ·

Julle probeer mekaar troef met die hoogste temperatuur. Nou is dit al 59°!
55 het ons 55 het ons .. daar’t ons ‘n 59! 59 het ons 59 het ons wie sê 60!
Hier het ons ‘n nuwe thermometer te koop! Akurate lesings! Enige aanbod?
Wie sê 35 wie se 35…!

Gus ·

Die temperatuur stories raak nou soos vissermanstories ?
Elke ou se dorp is warmer,

Alf Piercey ·

Ek was besig met houtwerk ek verseker julle my gradeboog het op 63 grade gestaan !

Theo ·

Nico,

Jy het ‘n spelfout in die derde paragraaf wat met Rustenburg begin.

Sune van Heerden ·

Dankie Theo, die tikfout is reggemaak.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

M ·

Weer een van daai groot taalkundiges. Theo plaas doen jy aansoek om al Maroela se berigte te sensor vir spelfoute voordat dit geplaas word.

Gertjie ·

Steek julle waaiers weg…
Onthou!!! Jille was gewaarsku…

Dee ·

Swak taalgebruik M. ‘n Plaas is ‘n plek waar geboer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.