Hittegolf plaas groot druk op Tshwane-waternetwerk

(Foto: EME, Pixabay)

Die Tshwane-metro het Vrydag gewaarsku dat sy waternetwerk tans onder groot druk verkeer – onder meer weens die hittegolf wat die provinsie die afgelope paar dae in sy greep het.

Volgens die metro veroorsaak die stygende watergebruik in sommige dele van die Tshwane-gebied dat sy reservoirs nou aansienlik vinniger leegloop. In die lig hiervan word inwoners ernstig versoek om water spaarsaam te gebruik om “te verhoed dat die reservoirstelsel geheel en al uitgeput word”.

Reservoirs waarvan die watervlakke veral vinnig daal, sluit in:

  • Doringkloof‑reservoir
  • Glastonbury‑reservoir
  • Elarduspark‑reservoir
  • Koedoesnek‑reservoir
  • Magalieskruin‑reservoir
  • Montana‑reservoir
  • Moreleta‑reservoir
  • Murrayfield‑reservoir
  • Parkmore‑reservoirs
  • Queenswood‑reservoir
  • Sinoville‑reservoirs
  • Villieria Peak‑tenks
  • Waverley‑reservoirs
  • Koedoesnek

“Die oormatige gebruik van water tydens hierdie hittegolf het gelei tot ’n kritieke situasie waar

die stad se reservoirs onder groot druk verkeer. As hierdie tendens voortduur, kan dit moontlik

tot watertekorte en beperkte watervoorsiening aan inwoners lei,” het die metro gewaarsku.

“Die stad verstaan ​​dat die hittegolf ʼn behoefte aan verhoogde watergebruik geskep het, veral vir persoonlike higiëne, hidrasie en ander noodsaaklike doeleindes. Inwoners word egter versoek om waterbesparingspraktyke in hul daaglikse roetine toe te pas.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marthinus Johannes ·

Tswhane munisipaleteit moet Sorg dat sy suiwerings aanlegte en POMPE 100% in werking is en sorg dat die reservoirs VOL gepomp word en vol bly. Ds waar die probleem lê en nie by die verbruikers nie.

Regtigegtig ·

Nonsies. Dus omrede die water in die strate afloop omrede die pype nie reggemaak word nie. Hou op lieg.

Pietertjie ·

Die damme is vol maar die krane loop leeg. Die fout lê seker by die krane.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.