Hittegolf vir Gauteng, Noordwes

hittegolfDie Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het gesê die hittegolf wat inwoners van Gauteng en Noordwes die afgelope paar dae laat sweet het, behoort binnekort tot ʼn einde te kom.

“Die hittegolf in Gauteng het Saterdag begin en sal na verwagting Dinsdag eindig,” het die SAWD gesê.

Die westelike dele van Noordwes, insluitend Vryburg, Bloemhof en Klerksdorp, sal na verwagting nog tot Woensdag die hitte moet trotseer. “Ons vat die gemiddelde temperatuur van die warmste maand en voeg vyf grade by. Indien dié toestand vir drie agtereenvolgende dae voortduur, is dit wanneer jy ‘n hittegolf kry.”

Warm en bedompige weer sal lei tot uiters ongemaklik toestande oor die noord-oostelike deel van KwaZulu-Natal en die Laeveld van Mpumalanga en Limpopo.

In Pretoria sal dit Dinsdag gedeeltelik bewolk wees met ʼn kans vir verspreide donderbuie laatmiddag en ʼn maksimumtemperatuur van 36°C. Johannesburg het ʼn verwagte maksimumtemperatuur van 34°C. In Mahikeng sal dit gedeeltelik bewolk wees met ʼn maksimumtemperatuur van 35°C en 38°C in Vryburg.

In Bloemfontein sal dit gedeeltelik bewolk wees met verspreide donderbuie en ʼn maksimumtemperatuur van 35°C. In Kimberley word ʼn bloedige maksimumtemperatuur van 39°C verwag terwyl ʼn verwagte maksimumtemperatuur van 34°C in Upington sal voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

snip ·

Ek stem Rozanne, ons het n groot bord as jy die dorp inkom wat die tyd en temperatuur wys, en hy het al 51′ gewys. As ons 39′ het is dit net n gewone daggie. Ons winters dra ons somersklere en dan begin ons onder komberse slaap. Reën kom eenkeer n jaar as ons gelukkig is en dan sien ons nie sommer weer reën nie. As dit begin reën en almal uithardloop en kyk na die reën, of in die kar spring en kyk hoe die stroompies wat kurkdroog is begin loop vir die eerste keer in n jaar of twee; dan moet jy weet dís droog en warm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.