Hittegolf vir Gauteng voorspel

Argieffoto (Foto: geralt/Pixabay)

Die Gautengse weerdiens het gewaarsku dat die grootste deel van Gauteng van Maandag tot Saterdag hoë temperature kan verwag.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het temperature van hoër as 36°C voorspel.

Die Stad Johannesburg se nooddienste het inwoners gewaarsku om voorsorgmaatreëls te tref vir die hittegolf. “Blootstelling aan hoë temperature kan maklik tot krampe, uitputting en sonsteek lei,” het woordvoerder Robert Mulaudzi gesê.

Hy het ʼn paar wenke gegee:

  • Bly binnenshuis indien moontlik.
  • Drink baie vloeistowwe en dra ligte klere.
  • Beskerm jong kinders en maak seker hulle dra ʼn hoed en smeer sonbrandroom aan.
  • Vermy direkte sonlig tussen 11:00 en 15:00.
  • Besoek die plaaslike munisipale swembad waar lewensredders aan diens is.

Johan Pieterse, woordvoerder van die Pretoriase nooddienste, het ook ʼn paar wenke:

  • Smeer sonbrandroom aan as jy buite werk of speel.
  • Beskerm jou oë teen direkte sonlig met ʼn sonbril of ʼn hoed met ʼn rand.
  • Drink genoeg water en ander vloeistowwe.
  • Alle sportaktiwiteite moet gekanselleer word te midde van ʼn hittegolf.
  • Maak seker jou diere het genoeg skoon water.
  • Maak seker jy smeer ook sonbrandroom aan as jy gaan swem.
  • Monitor persone wat tekens van hitte-uitputting toon om seker te maak hulle verloor nie hul bewussyn nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ellisras ·

In Ellisras is 36 in die somer normaal. Ons begin warm kry by 40.

James ·

Net-so!

In Komatipoort het ons gedurig 50 grade trotseer; en moes maar tevrede wees daarmee (veral as die munisipaliteit ook besluit om die krag en water toevoer af te sluit)…

Maar erg bly erg, nietemin..!

IK ·

‘Munisipale swembaddens’!? Lankal bestaan dit nie meer. Ek druk my honne-goed onder ‘n kraan dan haal hul weer asem! My pa het gesê dat hy die winter verkies want jy kan (bykans) aanhou om dikker aan te trek maar met hitte moet jy iewers stop en jy kan ook nie heeldag in die swembad lê nie.

Rob ·

Diere sukkel ook baie met die warmte ,maak seker dat hulle ook beskerm word.

Nikita ·

Stem saam…ek weet ook nie meer van munisipale swembaddens nie, elk geval as daar nog was sou ek dit nie naby gewaag het nie. Dis die gat in die osoonlaag wat global warming veroorsaak, hulle se temperature gaan eers koeler word daar by Feb 2019 se kant. Dan nog El Nino wat nog steeds broei in stille oseaan dan water oppervlaktes verwarm en hitte-golwe veroorsaak…maak die lug droog en vogtigheid verdwyn en minder reens. So uitgesien na baie reens hierdie seisoen, ons het reen so nodig.

DogEkSeMaarOokNet ·

….Gat in osoonlaag…..rêrig……? Dis SOMER Nikita en jy bly sekerlik in Suid Afrika? Indien jy “elders” bly….het jy sekerlik nognie SOMER beleef nie. Welkom in “Sunny South Africa”

Snuffels ·

Ek wens daar was meer bewusmaking vir die sorg van diere… Hulle sukkel vreeslik met sulke hitte en mense let nie op of dink aan hulle nie

Katerina ·

Dis waar. Ek maak altyd seker o s spreier is aan op bloedige warm dae, in n deel van my tuin wat skadu ryk is. My honde kan afkoel en tussen die bome skadu vind. Mense moet plan maak vir hul diere-ons somers is brutaal.

Andrea ·

Snuffels en Rob dis n reuse probleem in SA. Soveel diere staan vas in die bloedige hitte (of koue en reën) sonder water (en kos). Dis so hartverskeurend. Wens daar was streng wette wat toegepas was.

H.A. ·

Ek het dan in Maart maand gehoor die El Nino is klaar, hoe dan nou ?

Emile ·

Verkeerd gehoor.Volgens 12 klimaats weermodelle is daar ‘n 80% kans dat ‘n swak tot matige #ElNino teen Des 2018 gevorm sal wees. Jan/Feb 2019 gaan droog/onder gemiddelde reënval wees oor meeste dele van SA.

E.K. die eerste ·

Mense moet vergeet van die ou wilde diertjies, sorg dat daar water in voëltjie baddens is en ander waterpunte vir wilde diere sou jy buite die dorp/stad woon. Ons het sommer spul drinkplekkies oral en dis heerlik om te sien hoe die diertjies kom om dors te les en te bad.

Diereliefhebber ·

Moet asb nie met julle diere op die teer gaan stap nie. Hulle pote brand stukkend op die teer. Sorg dat hulle water het. As dit buite diere is sorg dat daar koelte is vir hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.