Hittegolf: Wees voorbereid

Dogter_drink_water_warm.jpg

Foto: batsonchirowellness.com

Met die hittegolf wat tans groot dele van die land in sy kake het, word mense aangeraai om nie vir lang tye buite te wees nie.

Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, kan hitteuitputting tot ʼn beroerte of ʼn hartaanval lei. “Erge hoofpyne, spierpyne, disoriëntasie of ʼn erge dors is gewoonlik tekens van hitteuitputting. As enige van dié simptome opgemerk word, moet mediese behandeling onmiddellik verkry word,” het sy gesê.

Bodasing het gesê water is ʼn mens se belangrikste bondgenoot teen die hitte. “Voorkom dat jy dehidreer deur genoeg water te drink en uit die son te bly. As jy dit wel buite moet waag, maak gebruik van sonskerm.”

Volgens Bodasing sal die dra van ʼn sonbril en hoed ook die effek van die hitte op jou liggaam verminder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

anpn ·

as jul my vra dink die hel se deure het oop gegaan dis gaga warm hier in limpopo

ELMARIE ·

Hier in die Noordkaap, Kathu en Upington, registreer die kwik al die afgelope 3 dae 47 grade!! Ons kan maar net sit en kyk hoe als rondom ons verdor en doodgaan. Breek ons harte.

Winston ·

Die diere suip water soos nog nooit. Ons bly net net voor. Ons suip ook saam.

snuffels ·

Mense kyk asb dat julle diere ook versorg is…dis nog erger vir hulle in die hitte!

Eliza-beth ·

Ek persoonlik hoop die skole gaan NIE soos gewoonlik atletiek in die dag hê nie. Ons weet sodar die skole heropen is dit mos atletiek en regtigwaar elke jaar dink ek hoe erg dit is as ek rooi verbande kinders sien rondloop. Hou dit liefs vroegaand – hoekom nie? Dis lig genoeg tot laat en hoewel dit dan ook warm is is daar minstens nie ook nog die brandende son op die kinders nie. Vur my is heirdie dinge nou lankal verby maar ek hoop regtig ouers dring daarop aan ter wille van hul kinders se welsyn. Maak seker jou kind gaan drink gereeld deur die dag water by die skool, atletiek of nie en dat hul sover moontlik koeltekolle opsoek gedurende pouses.

Eliza-beth ·

Ai ai die gremlins alweer woes doenig so vroeg in die nuwe jaar. Verskoon tog vingerfoute!

NEL ·

Gelukkig gaan ons almal hier in Komatipoort hemel toe, ons het genoeg hel op aarde.

Sien nou net die hond jaag die kat maar alby stap.Verneem ook van die weerkaarte dat more die warmste dag van die week sal wees. Hoop en bid vir reend want ons water is klaar en met die hitte hou niks by nie.

alida ·

Mense kan hulle nog self help maar die arme diere nie. Sorg asb dat hulle genoeg koel water het.

Bruno Stef ·

My kinders se Perth in Australie word ook oor die 40 grade in hulle somer maar hulle oplossing is om te gaan”Shopping” doen in die groot winkel komplekse wat uiters goeie lugversorging het en die middeldag hitte so vermy kan word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.