Hittegolf wink vir Kapenaars

Argieffoto: www.apliac.abadosalfa.com

Argieffoto: www.apliac.abadosalfa.com

Kapenaars kan hulle staal vir ʼn hittegolf wat die stad die naweek gaan tref.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gewaarsku temperature van in die lae tot middel 30’s word verwag, wat ook die risiko van wegholveldbrande gaan verhoog.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid oor veiligheid en sekuriteit, het gesê daar was die afgelope week verskeie veldbrande. “Hoë temperature verhoog dikwels die voorkoms van veldbrande. Indien mense vuur maak, moet hulle sorg dat dit behoorlik geblus is voordat hulle ʼn braaiterrein verlaat,” het hy gesê.

Volgens Smith stroom mense dikwels na swembaddens en die see om lafenis teen hoë temperature te kry. “Dit veroorsaak ’n risiko van verdrinking, veral omdat sommige mense soms onder die invloed van drank gaan swem. Dit is onwettig om alkohol op die strande te gebruik,” het hy gewaarsku.

Smith het inwoners van en toeriste aan die Moederstad versoek om seker te maak hulle drink genoeg water en vermy buiteaktiwiteite waar moontlik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

“Vermy buiteaktiwiteite”: Ek stem saam, drink binnemuurs.

DPJ ·

Alkahol is nie die beste vog om in te neem vir hitte uitputing nie.
Paraatheid moet die wagwoord wees vir hitte uitputing, sonbrand en velkanker. Voorkoming is beter as genesing.
Sterkte daar in die moederstad ons mense in die binne land ken van hitte.

Ludwig ·

Hulle verwág ‘n hittegolf? Mens, julle is vér agter! Die hittegolf het ons al twee weke lank beet hier in die Wes-Kaap. Ons is al by “bloedig warm:” en “buitngewoon warm” verby, ons is al by “hels warm”! Om van die hoë humiditeit nie te praat nie! Mens sweet die kilogramme weg!
Hoog in die 30°? Nee, wat, ons is al lank diep in die 40°’s. Ons tuine is verskroei en ons hou die belangtrikste plante aan die gang met die afspoelwater uit die kombuis se opwasbak, want hier geld lanklal streng beperkinge. Nee, wat, ons beleef nou ons jaarilkse driestort-dae, en Februarie, gewoonlik die warmste maand, lê nog voor – met ‘n ekstra skrikkeldag!

Amber ·

Ludwig, ek stem saam. Paarl was laasweek 43 grade. Ons ken van hittegolwe. Dankie vir my boorgatwater. . Ek spuit sommer die buurman se tuin ook nat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.