Hittegolwe vir eers hier om te bly; min reën voorspel

sonskynDie hittegolf wat groot dele van die land tans in ʼn wurggreep het sal moontlik teen die naweek tot ʼn einde kom, maar daar is nog geen vooruitsig vir goeie reën nie.

Volgens Cobus Olivier, ʼn weervoorspeller en navorser van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, is daar vandag al ʼn 30% kans vir verspreide donderbuie oor die oostelike dele van die land en bly dié voorspelling vir die volgende sewe geld. Olivier het gesê indien reën in die volgende week val, dit verligting sal bring, maar allermins nie sal beteken die droogte is gebreek nie.

Volgens Olivier kom die sterkste El Niño-weerverskynsel tot op hede tans voor en sal dit na verwagting tot in Maart warm en droë toestande veroorsaak. “Ons verwag nie goeie reënval dié somer nie. Die reën wat wel gaan val sal nie bydra tot watervlakke nie. Ons kan reeds sien dat die onderskeie provinsies se reënval vanjaar minder is as voorheen. Wanneer El-Niño in Maart tot ʼn einde kom beteken dit ook nie daar gaan dan goeie reën wees nie. Ons verwag die normale reënval vir daardie seisoen.”

Olivier het gesê daar is ook ʼn groot kans vir verdere hittegolwe vir die res van Desember. “Dit is nie net vir die noordoostelike dele van die land nie, maar vir groot dele van die land.” Volgens Olivier beteken dit egter nie daar gaan koeler temperature wees wanneer die hittegolf wyk nie en sal temperature van 30 °C en hoër steeds voorkom.

Maroela Media het vroeër berig die hittegolf wat groot dele van Suid-Afrika die afgelope week ervaar het, het dekadelange temperatuurrekords Woensdag laat spat. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eddie ·

Soos die gesegte gaan. Hou jou mond uit die wolke en maak nie n leenaar van jouself nie.
Dit is waar wat hulle se en ons kan sien hoe droog dit is. Maar die Here alleen weet wanneer hy vir ons goeie reen sal stuur. Het al baie gesien hoe die weer kenners hulle naam met n plank slaan. Glo, bid en vertou dit is wat ons moet doen.

Muller ·

Wyse woorde Eddie, ek stem 100% saam. Ons kan net op ons Hemelse Vader steun. Hy en Hy alleen sal besluit wanneer kry ons reen. Kom ons bid eerder dat die Here ‘n wonderwerk sal laat gebeur en goeie reens oor hierdie dore aarde van ons laat val. Suid-Afrika wend julle tot onse God en smeek om hulp!!

Dee ·

Eddie en Muller, laat ek nou iets aan die twee van julle verduidelik. Die Skepper van alles het ook die die natuurwette tot stand gebring en Hy het dit ontsaglike krag gegee. Dit is by uiters uiters enkele gevalle waar Hy spesiale beheer daaroor uitgevoer het soos om ‘n see te kalmeer of swaartekrag uit te skakel. Hy het natuurwette die mag gegee om te doen soos hulle geprogrammeer is om te doen. Die natuur kàn gelees word en alhoewel weervoorspellings somtyds lagwekkend verkeerd is, is ek dikwels verstom oor die raak voorspellings.

GES ·

Die Here se hand druk swaar op ons land. Is dit maar nie Sy manier om ons te dwing om ondernanig en berou te hê oor alles wat ons aangevang het? Ek stem saam dat Hy op Sy tyd reën sal gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.