Hlaudi-aansoek vandag aangehoor

Hlaudi Motsoeneng. Argieffoto: news.iafrica.com

Die vakbonde Solidariteit en Bemawu se aansoek dat Hlaudi Motsoeneng toegevoeg moet word as respondent in hul kostebevelsaak teen die SAUK sal Dinsdag in die arbeidshof in Johannesburg aangehoor word.

Dit volg nadat die arbeidshof in 2016 beslis het dat die SAUK-8 onregmatig afgedank is. Die hof het ook Solidariteit én Bemawu, wat elk vier van die SAUK-lede verteenwoordig het, se aansoeke om die joernaliste weer aan te stel, met koste toegestaan.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, voer die vakbonde aan dat hoewel Motsoeneng nie die opdrag self uitgevoer het nie, die de facto-besluit om die joernaliste af te dank, ingevolge sy opdrag uitgevoer is deur Simon Tebele wat reeds as respondent tot die saak gevoeg is.

Van der Bijl verduidelik voorts dat die vakbonde Motsoeneng as respondent tot die saak wil voeg om hom in sy persoonlike hoedanigheid aanspreeklik te hou vir die regskoste wat die twee vakbonde aangegaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johan ·

Sal dit nie goeie nuus wees as hulle met die aansoek suksevol is nie.

snoefie ·

na alles is hlaudi nog heel gerieflik gesetel in die sabc.

Johann ·

Sou dit gebeur dat KLOUWDI wel aangese word om te betaal; getrou aan sy ZUMAIKIE status sal hy waarskynlik weier. Mos onaantasbaar soos die res van die ZUMAIKIE kader. En intussen is hy waar? Besig met? Ten koste van?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.