Hlaudi appelleer teen arbeidshofuitspraak

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Juran van den Heever

Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK, het appèl aangeteken teen ʼn onlangse uitspraak in die arbeidshof.

Die hof het vroeër vandeesmaand beslis Motsoeneng is aanspreeklik vir die kostes van die SAUK 8-saak.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke is dit duidelik dat Motsoeneng besig is om die onvermydelike te vertraag. “Wat hy egter gou sal besef is dat hy ons nie moeg kan litigeer nie, en dat hy uiteindelik verantwoording sal moet doen vir die skade wat hy aan so baie mense berokken het. Ons sien uit om hom in die appèlhof teen te staan,” het Van der Bijl gesê.

Die arbeidshof in Johannesburg het op 8 September beslis dat Motsoeneng, die SAUK en Simon Tebele, die voormalige waarnemende hoof van nuus by die SAUK, aanspreeklik gehou moet word vir die onregmatige afdanking van die SAUK 8 verlede jaar. Die uitspraak beteken dat Motsoeneng, Tebele en die openbare uitsaaier elk ʼn gedeelte van die regskoste moet betaal.

Die kostebevel-aansoek het gekom nadat die SAUK 8 suksesvol was in hul hofaansoek om hul afdanking deur die openbare uitsaaier teen te staan. Die agt persone is afgedank nadat hulle Motsoeneng se opdrag teëgegaan het dat geen gewelddadige betogings op die uitsaaier se platforms uitgesaai mag word nie.

Lees alle vorige berigte oor Hlaudi Motsoeneng op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dafer ·

Kan alle ander amptenare nie ook aanspreeklik gehou word vir die wanbesteding wat daagliks plaasvind nie?

Tammy ·

Hoekom is appel in die eerste plek toegestaan aan hom??????? Dit moes net eenvoudig geweier gewees het. Hoop hy gaan die koste van die appelsaak OOK betaal. Die belastingbetalers is moeg vir hierdie tipe optrede!!!!!

Alida ·

Waaroor huil hy nou oor die kostes. Hy het miljoene gekry by Mutlitchoice wat is sy probleem?

Justice ·

Alida met die finansiele gemors waarin hy die SAUK gelaat het is dit sterk te betwyfel of hy sy eie begroting kon bestuur – sy fonteintjie het heel moontlik nou totaal en al opgedroog – ek twyfel egter of sy regsspan dit besef.

Buitestander ·

Van uitstel kom nie afstel nie. Moet iemand soek om te betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.