Hlaudi betaal eerste paaiement aan Solidariteit

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Hlaudi Motsoeneng, die SAUK se voormalige bedryfshoof, het sy eerste betaling van R300 000 aan die vakbond Solidariteit gedoen.

Dit volg nadat Solidariteit einde verlede jaar begin het met ʼn proses om beslag te lê op sy bates om die regskoste te verhaal wat aangegaan is in die saak oor die sogenaamde SAUK 8 se onregmatige afdanking.

Die konstitusionele hof in Johannesburg het op 19 November verlede jaar Motsoeneng se aansoek om verlof tot appèl met koste van die hand gewys het. Dus moet Motsoeneng persoonlik opdok vir die regskoste van Solidariteit en die Broadcasting, Electronic Media, and Allied Workers’ Union (Bemawu) wat die SAUK 8 in die arbeidshof verteenwoordig het.

Die arbeidshof het in 2016 beslis Motsoeneng moet in sy persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou moet word vir die regskoste ná die onregmatige afdanking van die SAUK-8. Hy het teen dié beslissing geappelleer en hom later tot die konstitusionele hof gewend nadat die appèlhof in Junie 2018 die arbeidshof se beslissing gehandhaaf het.

Motsoeneng het in sy tyd by die SAUK ʼn verbod op die uitsaai van betogings geplaas wat daartoe gelei het dat agt SAUK-werknemers in die pad gesteek is.

Dr. Dirk Hermann. Foto: Reint Dykema

Die uitsaaier het Foeta Krige, Suna Venter, Busisiwe Ntuli, Krivani Pillay, Jacques Steenkamp, Lukhanyo Calata, Vuyo Mvoko en Thandeka Gqubule is afgedank omdat hulle volgens die uitsaaier “voortgegaan het om die SAUK-bestuur se gesag te ondermyn” en hul “wangedrag onhoudbaar” geword het.

Nadat die joernaliste hulle tot die arbeidshof gewend het, is sewe heraangestel. Van dié joernaliste is sedertdien weg by die SAUK. Venter is in Junie verlede jaar dood.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het in November gesê die totale koste van die partye kan op ʼn bedrag tussen R1,6 en R1,8 miljoen te staan kom. Motsoeneng se eerste betaling is dus net ʼn deel van wat hy verskuldig is.

“Die arbeidshofsaak word dus, ironies genoeg, deur Motsoeneng en deur niemand anders nie, betaal,” sê Hermann. “Solidariteit het besluit om die geld wat van Motsoeneng verhaal word vir sake teen belastingmisbruik aan te wend.

“Hoewel ons Hlaudi se geld in ʼn fonds gaan stort om verdere belastingmisbruik hok te slaan, sal ons ongelukkig nie die fonds na hom noem nie.”

Solidariteit gaan voort met regsprosesse om die uitstaande bedrag te verhaal van Motsoeneng, wat twee dae ná die konstitusionele hof se uitspraak die African Content Movement gestig het waarmee hy hoop om pres. Cyril Ramaphosa in die verkiesing wat voorlê as staatshoof te onttroon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Lerato ·

Mooi Solidariteit ek hou al hoe meer van julle. Bakgat. Skitterend, welgedaan

Drieks ·

Tweede Zuma, dikvellig. Kan nie wag om te sien hoeveel stemme kry hy nie…

R ·

Whahaha hoe lekker kry ek nou.Fonds sal nie na hom vernoem word nie baie skerp . Kan net droom daarvan om oor sy skouer te loer met die oorbetalingkie en vir hom n thumbs up te gee. Thanks ou beesblaas

Jurie Vermeulen ·

As jy arrogant en breinloos is, gebeur dit. Doen so voort daar kom meer.

Johan H. ·

Hou so aan,die rooieoog mannetjie wil hoeka presedent word,ga!!!

leser ·

dit kom daarvan as jy dink jys slim, motsoeneng, betaal maar vir jou onnoselgeit

Hans ·

Vir al wat ons weet is dit dalk van dááí “Monolpoly Money” in ‘n kluis wat gebruik word.

Andrew ·

Ja, dit was lekker toe die belastingbetaler nog al die hofsake, vertoë en appèlle moes betaal.

Sê net ·

Gee ‘n man genoeg tou… Nou hang Solidariteit hulle met hul eie “tou”. Kan Solidariteit nie kyk of hulle van die Denel geld so kan terugkry nie seblief?

Callie ·

Mense, ek smeek, alle opregte Suid Afrikaners moet met alles wat ons kan ondersteun. Dankie vir nuus soos die

Piet Pompies ·

Uitstekend, Solidariteit werk met oortreders se gal, een vir een gaan hulle val. Die tyd dat die staat vir oortreders se onkostes opdok is verby, as jy alleen staan, dan betaal jy self, as jy dom genoeg is om appél aan te teken, betaal jy maar weer.

Danie ·

Hoe lekker kry ek nou my tone krul om. Wel gedaan solidariteit. Laat hy hoes. Hy wil mos slim wees. Slim vang sy baas

PJC ·

Ongelukkig is Suna Venter onder die grond as gevolg van sy skelm streke en kom hy daarmee weg so ek hoop Solidariteit gee hom hel.

A Mac ·

Wel gedaan Solidariteit. Mag daar in die toekoms nog vele sulke suksesgevalle in julle stal wees.

Nettie ·

Het BOSASA vir hom ‘n voorskot op sy “pay” gegee vir Februarie 2019?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.