Hlaudi: ‘Ek gaan nie terug skool toe nie’

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Skermskoot/eNuus-video

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Skermskoot/eNuus-video

Hlaudi Motsoeneng, groepbestuurder van korporatiewe sake by die SAUK, het Donderdag tydens ʼn mediakonferensie gesê geleerdheid is belangrik, maar hy het dit nie nodig nie.

“Oor die kwessie dat ek moet teruggaan skool toe: die antwoord is ʼn groot nee, aangesien ek alles kan doen wat ek doen. Ek kan al die mense met grade klop,” het Motsoeneng gesê. “Ek verstaan die belangrikheid van onderwys. Ek stel mense wat geleerd is aan, maar om ʼn sertifikaat te hê, maak jou nie die beste nie, dit maak net die deur vir jou oop in die organisasie.”

Die SAUK het die mediakonferensie gehou nadat die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie raadslede Woensdag versoek het om te bedank, sodat ʼn ondersoek na hul bevoegdheid gedoen kan word. Krish Naidoo en Vusi Mavuso, albei raadslede, het in die parlement hul bedankings aangekondig.

Motsoeneng het egter Donderdag gesê hy het nie die SAUK nodig om te oorleef nie. “Ek kan my eie maatskappy begin en helfte van die SAUK se personeel sal vir my kom werk. Al verloor ek my werk, sal ek binne vyf dae ʼn nuwe werk hê.”
Sommige raadslede het stil in die ouditorium gesit terwyl Motsoeneng en prof. Mbulaheni Maguvhe, voorsitter van die SAUK-raad, mekaar spreekbeurte gegee het. Maguvhe het gesê hy sal nie bedank nie.

Hy het LP’s daarvan beskuldig dat hulle die oorblywende raadslede probeer boelie en het volgehou Motsoeneng se aanstelling was wettig en korrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

poot ·

As n sertifikaat vir mens deure oopmaak, en jy (Hlaudi) het nie eennie, hoe het jy dan by die SABC ingekom?
Vra maar net.

Jakkalas ·

Oe eh eh skool te moeilik gewees toe los jy dit maar? Gelukkig vir jou ken jy mense in plekke anders het jy ook beeste en skape iewers opgepas.

Piet ·

Dalk is hy reg as hy se mens hoef nie ‘n sertifikaat te he nie. Die probleem is egter nie dat hy, in terme van geleerdheid net op st 7 vlak vasgehaak het nie, die probleem is juis dat hy geen integriteit het nie, dat hy agterbaks en arogant is, maar meeste van al, dat hy ‘n meester in bedrog en leuns is. Waarheen stuur jy ‘n mens om dit af te leer?

Dries ·

Nou verstaan ek al hoe beter hoekom SABC sulke swak programme uitsaai , want hierdie “humpty dum(b)ty” moet dit kan verstaan.

Willie ·

Ja dit is die meeste gemors wat ek nog op tv gesien het en jy moet betaal om die gemors te kyk. NEE DANKIE

Ander Koos ·

Sal goed wees as hierdie sirkus nou end kry. Dit lei na niks en verskaf net publisiteit aan die narre

Plaasmeisie ·

Nou toe suid afrika dare jou , wys ons nou hoe doen mens dit, sal graag wil sien hoe jy in ope mark vooruitstreef sonder cashtill at hand.

John ·

Wanneer gaan ‘n hof ‘n slag hul uitspraak afdwing? ‘n Hofsitting is nie ‘n ‘Talk Show’ nie, of is dit in SA? Praat, praat help nie. Hlaudini doen soos pappa doen en pappa klop hom op die skouer… vandaar die bravado…? Buiten natuurlik as die man in sy hart oortuig is hy is Hitler, dan…

Jean ·

Ek het GEEN woorde vir hierdie tipe (domastrante) arrogansie nie. Hy is so great, hy het nie geleerdheid nodig nie? So hy regverdig sy leuens d oor sy kwalifikasies .. verder is die SAUK bankrot .. wat op aarde laat hom dink hy doen IETS reg? Regtig daar is groot fout met hierdie man. Tyd vir ‘n sielkundige evaluasie.

Francois Le Cochon ·

Hlaudi is ‘n goeie voorbeeld van die Dunning Kruger effek (Google maar)

Tilla ·

Jean natuurlik doen hy iets in sy eie oë reg Kyk net die groot bonis wat hy ontvang het waarvoor ons betaal het en hy dink hy is tog so belangrik

Jean ·

Ek sal aanbeveel dat jy jou EIE maatskappy oopmaak en helfte van die useless staff van die SAUK saam met jou vat. Onthou net dis dan op jou EIE rekening, nie op myne nie .. ASB doen dit, jy kan binne 5 dae weer ‘n goeie werk hê met al jou ondersteuners .. ek DAAG JOU UIT ..begin asb jou eie maatskappy. Ek wed jou jy gaan nie R30 000 000 in bonusse kry nie, maar probeer dit gerus, lekker om met iemand ANDERS se geld in jou sak te praat ne? Dis hoekom jy geleerdheid nodig het, dat jy nie sulke TWAK kwytraak soos wat jy nou doen nie. AS geleerdheid nie belangrik is nie, hoekom gaan jy nie na ‘n dokter toe wat nie geleerd is nie, of vlieg saam met ‘n vlieenier wat nie gestudeer het nie . toe . terwyl jou mond nou so groot is DAAG ek jou uit om ALLES te doen wat jy hierbo belowe het.

Rynhardt ·

n Selftoegekende matrieksertifikaat met F-simbole en swart ekonomiese bemagtiging maak dat Hlaudi nie terug skool toe hoef te gaan nie!Hy is klaar n miljoener danksy die wat getrou hul tv lisensies betaal wat hom, en sy maatjies ryk maak! Rebelle in Anc wil hom terug he as SABC hoof!

zahn ·

Hoor nou die slimjan se uitlating: Ek kan alles doen wat ek doen. Ooeee hê êh.. Wie van ons kan nie alles doen wat ons doen nie?

Toemaar, nou verstaan ek hoekom dit so by die Universiteite gaan, sodra jy aslles kan doen wat jy doen, is jy volleerd. Afrika hoef mos niks by te leer nie.

martien ·

Ek wens ek kan hierdie muti bekom wat jouself ső ophef met selfvertroue dat jy selfs glo jy is so magtig soos die duiwel. Ek glo ek gaan oornag n biljoenĕr word……

Emma ·

Hierdie soort arrogansie word bewonder deur ons mede landgenote. Kyk net hoeveel aanhang het hy steeds. Hulle love so ń grootbek!!!!!!

Borrie ·

HM is so glad met sy mond hy maak van n piesangskil n rasper

Swartluiperd ·

My kommentaar van vanoggend is nie geplaas nie. Ek sê weer dit is soos iemand wat n voertuig bestuur sonder n lisensie en ry soos hy wil, het nie nodig om daarvoor te leer nie en kry later n kode 10 onder die tafel deur so gaan hy ook n graad of eredoktorsgraad kry. Geld wat stom is maak reg wat krom is en hy is soos almal van hulle “UNTOUGHEBLE”

neelsie ·

Hou op om SAUK te ondersteun ……ook hulle adverteerders.
Daar is baie beter streeksuitsendings , doen moeite en vind uit!
Hierdie bedrieer verryk homself ten koste van ander!

Frans C ·

Jakkals prys sy eie ster- waar jakkals darem ‘n stert het en Hlaudi niks.

Frans C ·

Jakkals prys sy eie stert-waar jakkals darem ‘n stert het en Hlaudi niks.

Jacques ·

Hlaudi. My mater. Alice het laat weet hulle skink tee en wag net vir jou.

Piet Pompies ·

Die besluit om terug te gaan skool toe is jou eie saak, intussen jy kan ons almal ‘n groot guns doen en bedank by die SAUK dan sal ons jou nie verder pla oor jou opvoeding.

Loeis ·

Daai hele raad moet gaan, nes SAL s’n ook!

Een manier hoe ons die spulletjie kan kelder is om net eenvoudig nie TV te kyk en gevolglik lisensies te betaal nie (jy kan baie goed wettig van die internet af kry). Ongelukkig mag die regering dan besluit om ons belasting geld te gebruik om die spul se vet salarsisse te finansier.

Hierdie is eintlik ‘n geveg tussen die mense en die sisteem. Gaan ons die sisteem toelaat om op ons te trap?

henk ·

wel mens het nie geleerdheid nodig om korrup te wees nie. Ek meen dit word van die hoogste hoogtes in SA bewys…

Leo ·

Hlaudi bespot ons, hy beledig ons met arrogansie wat ek nog nooit gesien het nie en wie laat toe dat hy dit doen – ons!

Theuns ·

Hy is baie baie siek of daar is groot fout met sy psige. Hy ly aan “illusions of grandeur” en heel waarskynlik is dit die rede vir sy groot doenerigheid! Hy is ook ooglopend, net soos sy Meester No1, ‘n Psigopaat! En die beste van als is sy Voorsitter kan nie sien hoe COO-COO’s Hlaudi, is nie.

Penellope Jones ·

Wel mnr Hlaudi, soos wat jy nie skool nodig het nie, het die land jou nie nodig nie.

CL ·

Ek het ‘n Afrikaans onderwyser gahad wat ons geleer het dat niemand so dom is soos die een wat nie besef hoe dom hy is nie…

Max ·

Ja, die onderwyser word die afgelope Dertig (30) jaar elke dag reg bewys !

foxi ·

Hlaudi is soos n kat met nege lewens……..hy kom weer en weer!!!!

Alida ·

Ek sal ook nie teruggaan skooltoe as ek hy was nie. Mens kan president van ‘n land word met St 3 !! en dan nog vir die OB ook ore aansit. Maar ons vergeet dat slim een of ander tyd sy baas vang.

Marius ·

As jy nie weet wat jy nie weet nie kan jy natuurlik die werk doen. Ek kan my kar se vonkproppe vervang. Natuurlik maak dit van my ‘n ingenieur. Wonder hoekom wil so baie jongmense uit voorheen benadeelde gemeenskappe studeer. Hulle het duidelik die kat aan die stert beet. Hlaudi bewys dit vir hulle.

marie visser ·

Staan saam: SABC FEES MUST FALL. help asb die man om sy droom van ‘n eie besigheid te verwesenlik – ‘n ou corrugated shackie langs die pad waar hy vervalste tv lisensies kan verkoop.

GES ·

Ek het nog altyd geweet dit gaan nie oor wat jy weet nie maar oor wie jy ken. Wil die man nie sy eie stasie begin en die helfte van die personeel saamvat nie? Dit sal ʼn wonderlike dag wees. Die helfte van die sybc personeel is nie onbevoeg nie.

gerbrandt ·

Hoogmoed tot kom tot ‘n val – kan nie wag nie!!!
Gaan so lekker lag!!!

Perdekrag ·

Hy het n pak aan en n das om nou se hy vir ons hy is slim ek dink hy is deurmekaar met die woord slim soos in slimdrankie om n slim figure te he.

Belle ·

Francois, dit lyk my die Dunning–Kruger effek is ‘n vereiste om werk te kan kry in die Suid-Afrikaanse regering en die staatsdiens.

PJ ·

Hy nie bietjie Idi Amin bloed in hom nie?Kort net dai Coke proppies medaljes ens

Rieks ·

JY het dit nie nodig nie ;-) – jy weet hoeveel nulle moet op jou bonus betalings kom!!!! (Tong in die kies).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.