Hlaudi: ‘Ek kan SA se ekonomiese ellende uitsort’

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Hlaudi Motsoeneng, die SAUK se omstrede korporatiewe hoof, meen hy kan Suid-Afrika se ekonomiese lot binne ses maande omskep.

“Ek sal die land binne ses maande kan omkeer. Ek kan dit doen,” het Motsoeneng aan ʼn juigende skare van sowat 400 ANC-jeugliga-ondersteuners in Durban, KwaZulu-Natal, gesê.

Motsoeneng was ʼn eregas by die ANC-jeugliga van die eThekweni-streek se lesing oor ekonomiese vryheid. Motsoeneng het sy tyd by die openbare uitsaaier gebruik as ʼn voorbeeld van sy finansiële en intellektuele bekwaamheid en in ʼn stadium na homself verwys as ʼn “intellektueel by geboorte”.

“Voor ek in ʼn waarnemende posisie by die SAUK was, was die uitsaaier onder ʼn staatswaarborg en het R200 miljoen in die bank gehad. Nadat ek waarnemende bedryfshoof was, sit ons met R1,4 miljard. Nadat ek die SAUK se lot verander het, het ek die lewe van mense by die SAUK verander.”

Motsoeneng het gesê een van Suid-Afrika se grootste probleme is dat dit die Weste probeer naboots.

Thanduxolo Sabelo, provinsiale sekretaris van die jeugliga, het Motsoeneng geprys en meen hy moet ʼn ministerpos aangebied word. Hy meen Motsoeneng moet ʼn minister wees aangesien hy ʼn duidelik plan het om swart mense op te hef. Hy het Motsoeneng as ʼn “moedige leier” beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Piet ·

Ja dit is eintlik skrikwekkend dat hierdie krimineel homself so kan sit en prys en die hele ANC klap hande. Die feit dat hy ‘n staatswaarborg gebruik as voorbeeld van hoe goed dit gaan met die SAUK speek boekdele, maar as n mede krimineel soos Zuma president kan word dan is daar seker geen rede waarom hierdie “intellektueel” nie n minister kan word nie. Ons is in elk geval nou al alles gewoond.

Lance ·

Wonder net wat sy eerste vooorstel sou wees ….die man is n joke !

Anoniem ·

Die slim boeke sê “illusions of grandeur” is ‘n kenmerk van skisofrenie.

Frik ·

Niks so gevaarlik as mense wat nie vermoë het om eie tekortkomings te kan besef nie en gevaarliker die wat opsien na so persoon. Wys weer asb sy matriek uitslae??

Jan ·

Hierdie man, mens spreek die Glaudi uit né? Hy is aspris en weet hy praat twak, jaag mense die harnas in, grootdoenerig, groter as die aardbol self. Dit is sy hele doel, en omdat hy dan nie afgedank word nie, en hy die Faith minister in die sak het, lag hy openlik vir almal uit. Hy het goed by Julius afgekyk. En sy ondersteuner se tone krul om van die lekkerkry.

E.K. ·

Haha hierdie ou gee ons “comic relief” – hou so aan jou nar!

Narcissist ·

LMGA . die arrogansie is iets verskrikliks, jy kan nie eers die SAUK se probleme uitsorteer nie, jy kon nie eers ‘n kwalifikasie kry sonder om daaroor te lieg nie maar jy kan SA se ekonomiese probleme uitsorteer? Al die syfers wat jy noem neem ons maar met ‘n knippie sout op gegewe die feit dat jy GEEN kwalifikasie het om dit te ondersteun nie. Asb mense hierdie ou moet gaan vir ‘n sielkundige evaluasie, erens is daar groot fout behalwe vir die grootheidswaan !! Sy gedrag is regtig nie normaal nie, my liewe hemel~!~~

Peter ·

Dalk tyd dat die man gestuur word vir waarneming, hy is duidelik nie by sy volle positiewe nie.

Justice ·

Skerp Essie – ek glo dat dit een van sy kort termyn oplossings vir die land se ekonomie is.

vierkleur ·

Met ander woorde, hy probeer se, hy het die kuns van steel bemeester :)

Grassie ·

Almal in Duitsland het gedink Hitler is ‘n nar, totdat hy op ‘n onverklaarbare manier gewildheid begin kry en uiteindelik Duitsland byna totaal verwoes het. Net so het almal vir Malema uitgemaak as ‘n nar, nou is hy die leier van ‘n redelike groot groep militante revolusioniste wat maklik ons land in ‘n bloedbad kan omskep. Nou kom die volgende nar, ou rooi-oge, op die toneel – ek hoop van harte hierdie narre-eienaardigheid herhaal hom nie weer nie.

Leigh ·

Oh my Hat…… waar kom hy daaraan dat hy die SAUK gehelp het, hulle is dan in finansiele moeilikheid. As hy ‘n minister word gaan ons baie meer betaal vir sy Nkandla………

Ronel ·

Ek dink nie hy verstaan rerig die konsep van die + en die – op bankstate nie…..

Hewitt ·

Die weer by die SAUK – “Always Hlaudi with severe thunderstorms” Die ANC se hofnar!

John ·

Al bogenoemde kommentaar dui net aan hoe swak grondwet ons het en hoe magteloos die veranderinge na ’94 ons in die’ bedroeflike Afrika gelaat het. Almal kan skree en aangaan maar niks daaraan doen as die base nie self loop of ‘n hartsverandering ondergaan nie. Die ANC-jeugliga kry meer publisiteit as die opposisie-partye en die spreekbuise van die ANC & Kie, die New Age, ann7 en die SABC, ‘doom’ die massas tot onderdanigheid. En dan het ons vir Malema, die rooi ‘joker’ in die pak…

Carel ·

Hy wil dit seker uitsort in sy eie bankrekening. Mugabe het ook so gedink, en waar is Zimbabwe vandag?

weti ·

Lekker om so vroeg op n Vrydag so lekker te kon lag!!!!Hoofnar in sirkus, ideale posisie!!!

snoefie ·

ek dink n panel bestaande uit al die opposisie partye moet kandidate vur leierpiste ook in die parlement benoem en an die screening ook doen. dit sal die enigste manier wees om korrupsie enleuenagtigheid uit te skakel. president wat nie eers hoEr skool toe is nie? bolle man. ou hlaudi is beslis familie van Zuma en malema. mo ook dieselfde. tussen die drie is daar beslis nie eers een greintjie nederigheid nie.

Verbaas ·

Mmmm …. daar was ‘n – (minus) teken voor die R1.4 miljard :)

Thereza ·

Kan een of ander besigheidsorganisasie hom nie ‘n slag oornooi om voor HULLE te kom praat nie? Hierdie “I know it all” – tipes kies altyd die domste gehore uit. Hierdie meneer ly duidelik aan grootheidswaan. Soos die Nederlandse spreekwoord lui: Als niets komt tot iets, kent hij zichzelven niet!

CL ·

Ag shame nê. Bemark homself lekker vir Pravin se pos as JZ kabinet skommel. Hlaudi- mens moet nie net dink jy weet iets vir so ‘n pos nie. Jy moet OPGELEI wees. ‘n Kleiner ego sal ook help.

Sandra ·

Ons is helaas deesdae uitgelewer aan die aanslae , uitsprake en “kwinkslae” van populiste op alle vlakke van die samelewing. Aan oningeligte gehore is daar blykbaar ook geen tekort nie.

Petro ·

Hierdie man gee almal net sooibrand en so arrogant het ek nog nooit gesien nie. Wat hy van finansies weet is net om sy eie sak vol te maak. Belaglik verby.

Johan ·

Hy kan homself en die SAUK nie eens uitsorteer nie wat nog van Ons land

vermeende ·

En ek kan Superman wees, ek wag net vir die regte gepeemtheid.

Jou ou grapkas.

Ben Prinsloo ·

Jy kan jouself nie errs uitsorteer nie laat staan nog enige iets anders of iemand. Al waarmee jy geen gebrek het nie is al die klomp leuns wat jy loop en verkondig. Sit jou geld waar jou mond is en wys vir ons hoe jy op daardie balansstaat uitgekom het.

Maggie Parsons ·

Ai. Ek kan nie verstaan dat hy wegkom met alles nie! Hoekom is hy nog by die SAUK? N bewys ons het geen regstelsel nie!

Sarel ·

Om te glo dat die Here die ou ook lief het. Ongelooflik!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.