Hlaudi gedruk vir R21 miljoen wat hy skuld

Hlaudi Motsoeneng. Argieffoto: news.iafrica.com

Die parlement se spesiale ondersoekeenheid sê hy het met stappe begin om die geld terug te eis wat Hlaudi Motsoeneng, die omstrede voormalige bedryfshoof van die SAUK, die openbare uitsaaier skuld.

Die DA het in ʼn verklaring gesê die ondersoekeenheid het Dinsdag die parlement se kommunikasie-komitee ingelig oor verskeie ondersoeke by die openbare uitsaaier.

“Die eenheid het gesê ʼn dagvaarding is uitgereik om byna R21 miljoen van Motsoeneng terug te eis. Dit sluit in byna R11 miljoen se ‘suksesfooi’ wat aan Motsoeneng uitbetaal is vir ʼn sogenaamde argiefooreenkoms met MultiChoice en ʼn bykomende R10 miljoen rand se skadevergoeding wat verband hou met die onreëlmatige aanstelling en ontslag van personeel,” het die party gesê.

Die DA het dit verwelkom dat stappe teen Motsoeneng voortgaan.

“Individue soos Motsoeneng kan nie die koffers van openbare instellings plunder en dan bedank of ontslaan word sonder dat daar verder optrede geneem word nie. Alle gesteelde geld moet aan die publiek terugbetaal word.”

Die DA sê voorts die party neem kennis van die ondersoekeenheid se ondersoek in agt kontrakte wat as “verdag” tydens SAUK se ad hoc-ondersoek geïdentifiseer is. Dit sluit ʼn “twyfelagtige” R460 miljoen-kontrak met MultiChoice in.

Die ondersoekeenheid beplan om sy tussentydse verslag oor die ondersoeke op 31 Mei aan die presidensie te oorhandig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Eish ·

Multichoice se naam duik nou met reëlmaat op soos wat onderduimshede in die uitsaaiwese aan die lig kom. Hul kort n goeie skeut opposisie.

zoom zoom ·

Wie gaan hom maak daai gelf terug betaal. Die man is net so slim soos sy vriend jakob en sy pelle. Diy gaan nie gebeur nie.

Boeremeisie ·

Stem! Hy gaan hulle net ‘n vet middelvinger gooi….

humor ·

Boetie hier het dit rof gegaan. Hy het mos gebaljaar asof die SAUK aan hom behoort. Ons wag angstig op die saak van Multichois.

Anti Crime ·

Hy moet toegesluit word indien hy dit nie terugbetaal nie….hoop ek.

Alida ·

En so bars die bomme een na die ander. Gerrie gaan baie besig wees.

Tokkie ·

Die man moet van moord aangekle word – kom ons vergeet nie van die wrede dood van Suna Venter nie

Kosie Kramer ·

Hlaudi Motsoeneng en Jacob Zuma spring gelyk van die SAUK-gebou af. Wie, volgens die wette van fisika, sal die grond eerste tref? Wie gee om?

Nettie ·

Nog n Zuma kader wat in die tronk hoort …………………

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.