Hlaudi kap na kritici by Mandoza-begrafnis

Hlaudi Motsoeneng. Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng. Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng het Vrydag in ʼn toespraak by die bekende kwaito-sanger Mandoza se begrafnis van die geleentheid gebruik gemaak om sy posisie by die SAUK te verdedig.

“Ek hoor mense sê Hlaudi is uit. Jy kan nie oor my toekoms namens my besluit nie. Ek sal self oor my toekoms besluit,” het hy gesê terwyl begrafnisgangers hom toegejuig het. “As ek die SAUK verlaat, sal dit nie die eerste keer wees nie. Ek het voorheen die SAUK verlaat en ek het net sterker en sterker teruggekom.”

Motsoeneng het klem geplaas op die veranderinge wat hy by die openbare uitsaaier teweeg gebring het, veral sy besluit dat minstens 90% plaaslike musiek deur die 18 radiostasies uitgesaai moet word. “Wanneer mense transformasie praat in Suid-Afrika, praat hulle Engels. Ek praat nie Engels nie, ek praat implementering. Die goeie ding van my is dat ek [resultate] lewer. Ek hoor mense sê Hlaudi is net ʼn gewone werknemer. Ek hoef nie bedryfshoof te wees om resultate te lewer nie. Dit maak nie saak watter posisie ek beklee nie. Ek sal steeds resultate lewer.”

Motsoeneng se aanstelling deur Faith Muthambi, minister van kommunikasie, is vandeesweek deur die appèlhof ter syde gestel. Die SAUK het sedertdien nog geen kommentaar gelewer oor Motsoeneng se toekoms by die uitsaaier nie.

Motsoeneng het Vrydag gesê berigte dat hy bekommerd is oor sy toekoms is onwaar. “Hlaudi is stresvry. Miskien is julle self gestres omdat Hlaudi resultate lewer. As die SAUK my afdank, sal dit wees omdat ek werkers by die SAUK bemagtig het. Ek het resultate gelewer.”

Motsoeneng het die res van sy toespraak gebruik om sy besluit oor die 90% plaaslike musiek te verdedig en beklemtoon dat die besluit syne was en nie ʼn groepbesluit nie. “Ek is nie verskonend daaroor nie, ek het [die beleid] ingebring. En weet julle, twee presidente van ander Afrika-lande – en ek gaan nie name noem nie – het my sedertdien gebel omdat hulle Suid-Afrika as maatstaf wil gebruik. Hulle wil ook die 90%[-beleid] by hulle implementeer.”

Volgens Motsoeneng het hy buitelandse reise by die SAUK gestaak omdat hy nie ander lande as maatstawwe vir Suid-Afrika wil gebruik nie, maar eerder wil hê ander lande moet Suid-Afrika as ʼn maatstaf gebruik. Hy het ook gesê daar is geen rede hoekom die land se kunstenaars nie vir buitelandse kunstenaars kan kers vashou nie en gesê dit vorm ʼn belangrike deel van transformasie in die land.

“Weet jy wat is eintlik die probleem in Suid-Afrika? Swart mense is die probleem en ek sal julle sê hoekom. As jy met swart mense praat, dan kla hulle oor transformasie, maar hulle is in beheer van hierdie transformasie. Hoe kan jy oor jouself kla?” het hy gesê. “Ons moet uniek wees. Ons moet ʼn visie hê. Ons moet die geld wat ons aan kunstenaars betaal aan ons eie kunstenaars betaal. En dit is wat die SAUK nou doen.”

Hy het sy toespraak afgesluit met, “Betaal julle TV-lisensies!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Johann ·

Dalk, net dalk besef die mense nou wie hy is. Dalk het hy nou homself in die voet geskiet, of overgestesynde, sy eie graf gegrawe.

Jakes ·

Dit wat die man gebruik is erge goed! Laat hy ‘n dwelmtoets neem, asb. Volgens hof kon hy skooltoetse nie slaag, maar die man is op verwoestingveltog en iets dryf hom.

christo ·

As ek die man kon koop vir wat ek van hom dink en hom weer verkoop vir wat hy van himself dink kon n man n paar rand maak

Sê net ·

Laat hy dan naar as konsultant by die 2 Afrika lande gaan werk. Hoe eerder hy die trekpas kry hoe beter. Hy het homself al lankal reeds ‘n goue handdruk gegee. Hy moet sommer vir faith saamvat

m ·

Ag hoe common. Dis nou tipies as jy nie weet hoe om n intelligente gesprek te kan he nie. Die begrafnis is nou die laaste plek om sy eie posisie te verdedig…

Tersia ·

Ek dink daar is n skroef of ses Los in die hoof van die man. Arrogant is n mooi woord. Hy lieg so hy glo homself.

Lalla ·

Hy lyk vir my so baie soos ‘n (ek sal eerder maar nie se nie).

Anoniem ·

Hy het darem een goeie ding gedoen – vir die begrafnisgangers aangemoedig om hul TV lisensies te betaal.

Gerrie ·

Tant koek se hoenderhaan het meer in sy kuif kop as daai man in sy kop

Maria van Dieweeck ·

Swak. Cloudy moet val saam met sy smetterige baas/’galfriend’

Jakes ·

Nuwe tendens die: By elke bekende /oud kader / iemand se begrafnis word ‘n eie beeldpoets toespraak deur een of ander korrupte/ beskuldigde/ reeds veroordeelde amptenaar gemaak, en as nuuswaardig beskou.
RIP

Stephanie ·

Ek is seker agter die tyd of het nog nooit die begrafnis ding verstaan nie. Altyd geglo dis om die persoon wat afgesterwe het waarwel toe te se en om met sy naasbestaandes te simpatiseer en moed in te praat.. sulke dinge.
Maar klink my dis eintlik n geleentheid om politiek en besigheid te verkondig.
Het die mense dan geen respek vir ander nie. Die lewe draai nie om jou die spreker nie. Dankie tog dit lyk darem of dit meestal net by sekere kulture se begrafnisse gebeur. Let wel ek se “meestal”.
Wees gewaarsku, ek sal in myse kis omdraai en uitklim as julle dit waag om dit eendag by my begrafnis te doen. Lekker en veilige naweek almal. Gesels weer volgende week

marie visser ·

Hoe tragies dat die snaakse man nou ‘n ander bekende en geliefde man se begrafnis gebruik om van homself te praat, homself te adverteer en te bewonder. Kon hy nie maar vir sy eie begrafnis gewag het nie? Ons wou van Mandoza hoor. Dis sommer nonsens dat ‘n begrafnis gebruik word vir ander politieke praatjies. Geliefdes van die afgestorwenes, doen asseblief weg met hierdie gedrag wat besig is om hier op ons Afrika bodem ‘n gewoonte te word. Siesa.

Liewe heksie ·

Stephanie vat die woorde so uit my mond laat hul toe dat so n mal Haas n dooie man se glorie try steel

A.Willemse ·

Hierdie is die begin van die zumagreep. Die ware betekenis van die woord transformasie word al duideliker, Die howe is ondergeskik daaraan en so ook die grondwet en die parlement. Lutulihuis sal al meer bepaal wat en wie sal die betekenis van sleutelwoorde bepaal . Die tekens is al lankal daar maar nou begin dit ooglopend word.

Ander Koos ·

Zuma leer hom mooi! Wag totdat hy President word, dan sal jy”sports” sien!! SA is nou regte “banana republic” lol

Polities Korrek ·

Ek wou ook “iets” kwytgeraak het, maar julle almal het dit raak opgesom; so, al wat oorbly is om dit te beaam: hehehehehehe-die man is snaaks verby!

Johann ·

Kyk, vervelig is die tjomma beslis nie. En al like niemand hom nie…hy LUVVVVVV homself. Hoor hy gaan oudiesies doen vir die rol van Oubaas in 7e Laan….skuus; maar as twak praat n bossie was; qas hy al herhaaldelik deur die donkie se dinges!

Lance ·

Kan hy ASB net gaan ! Beteken die uitspraak dan niks nie …wat soek hy nog daar …shu shu !

Piet ·

Langenhoven het gesê die belangrikste man op die begrafnis is die dooie man.

andrea van vuren ·

Hy is besig om sy eie graf te grawe. Hierdie is net die begin…

Jakobus ·

Ek sien Thuli het vanoggend in ‘n radiopraatjie vertel sy het aan Faith ‘n brief geskryf waarin sy haar versoek het om nie hierdie man weer aan te stel nie, sy het ook in die brief dit duidelik gemaak dat die man nog deur haar ondersoek word vir mense wat hy onregmatig afgedank het. So ‘n aanstelling sal ook teen die grondwet wees en dan sal die gedrag van die SABC raad en hul bevoegdheid ook ter sprake kom en ondersoek moet word.

Lennox ·

Ek betaal al afgelope 20 jaar nie tv lisensie nie. Die ou is n Engelse asgat!

Rapes ·

Piet jy is heeltemal korrek, maar dit wil my voorkom dat die klomp idiote geen respek vir die oorledene of sy familie het nie. Hulle gebruik die begrafnis om ‘n klomp twak te roggel.

humor ·

Aan die einde van sy relaas het het tog iets belangriks gese waarop gelet kan word. “Betaal net jul TV.” Hy is tog die een wat op baie dun ys loop. So ons weet wat is die oplossing.

Marius Liebenberg ·

Kan iemand net n lap oor sy kop gooi Ek wil graag vanaand slaap
Nag antie Sparrow lekker aandjie vir jou

Han ·

“Rather be silent and be thought a fool, than to speak up and remove all doubt!” Leë blikke maak die grootste geraas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.