Hlaudi kry verhoging van amper R1 miljoen ondanks reuseverlies

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng, omstrede bedryfshoof van die SAUK, se salaris het die afgelope jaar met nagenoeg ʼn miljoen rand gestyg.

Volgens die SAUK se jaarverslag, wat Woensdag in die parlement ter tafel gelê is, het Motsoeneng se salaris die afgelope finansiële jaar gestyg van R2 872 000 tot R3 784 000. Dit sluit ʼn bonus van R279 000 in.

Die SAUK het egter in die afgelope boekjaar ʼn verlies van R401 miljoen aangeteken. Die openbare uitsaaier het die verlies toegeskryf aan ʼn styging van R1,2 miljard in uitgawes. Die SAUK het in die 2013/14-boekjaar ʼn wins van R559 miljoen gewys.

Die Openbare Beskermer het verlede jaar bevind dat Motsoeneng in een jaar drie salarisverhogings gekry het terwyl hy in die pos waargeneem het.

“Dit lyk asof hy weer besig is met sy ou streke,” het Gavin Davids, die DA se skaduminister van kommunikasie, gesê. “Hierdie salarisverhoging van nagenoeg ʼn miljoen rand is onverstaanbaar gegewe die voortslepende krisis by die SAUK.

“Daar kan geen regverdiging wees vir Motsoeneng se salaris om in een jaar met 31% te styg nie. Motsoeneng het in 2010 net R334 000 verdien toe hy as radiovervaardiger by die SAUK gewerk het. Vyf jaar later het sy salaris tienvoudig verhoog.”

Davis het gesê die DA sal Thuli Madonsela vra om Motsoeneng se nuutste salarisverhoging se ondersoek. “Ons kan nie terugsit en kyk hoe Motsoeneng die SAUK vernietig en dan ruim daarvoor vergoed word nie.”

Madonsela het in haar verslag oor Motsoeneng aanbeveel dat die SAUK stappe teen hom doen omdat hy nie verklaar het hy het nie ʼn matrieksertifikaat en ander ongerymdhede rondom sy salaris. Faith Muthambi, minister van kommunikasie, het egter kort hierna Motsoeneng se aanstelling permanent gemaak.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Hlaudi Motsoeneng op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Geen MATRIEK! ·

Geen MATRIEK, maar hoof van SAUK ???
Lyk of met MONOPOLY geld verhogings toegeken word ! Ons lewe in ñ FOOL’S PARADISE!

Poplap ·

Die hoof se ‘geen matriek’ verduidelik ook waarom RSG se vroë oggend programme so pateties is.

Niel ·

Daar is nie woorde nie…
Met sy vlak van geletterheid kan hy seker nie eers uitsreek hoeveel hy verdien nie.

Francois ·

Hy het sulke regte bloed belope rooi oë soos die duiwel.

Janet ·

Leke man ek wil ook da gan aansoek doen ooooo ja eks ni di regte kleur ni

Sue ·

Gelukkig is dit nie van my geld nie, ek betaal nie tv lisensie nie!! Ek ondersteun nie korrupsie nie en inelkgeval die Afrikaanse nuus op TV2 was altyd ñ grap, seker nou nog en daar nie een program op wat regverdig dat ek ñ tv lisensie moet koop nie. Maatskappye moet ophou om advertensies te plaas ten duurste, want die advertensies is lagwekkend, kopskuddende gemors en gewoonlik gedurende advertensies het ek oorgeskakel na ñ ander kanaal! Maw, die publiek kry 5de rangse programme om na te kyk en die bestuur glimlag breed met gebulte sakke. Nah, jammer hoor

Mike de Beer ·

Waar ookal in die wereld as ‘n maatskappy verliese ly dan word die CEO tot verantwoording geroep en sal hy bepaald geen aanspraak kan maak op ‘n “verhoging” nie. inteendeel sy vergoedingspakket sal onder ondersoek word, en sal daar waarskynlik ernstig teen hom opgetree word. As hy nog boonop gelieg het oor sy kwalifikasies dan behoort daar strafregtelik teen hom opgetree word want sy aanstellingsvoorwaardes en vergoedingspakket is gekoppel aan sy kwalifikasies en ondervinding. Lieg oor kwalifikasies is krimineel en bedrog. Hy word vergoed vir wat hy nie is nie en ons betaal daarvoor – ons landsburgers is die eienaars van die SAUK – ‘n publieke organisasie. Net soos Zuma behoort hulle geregtelik vervolg te word en …”THEY MUST PAY BACK THE MONEY!! , en ook sommer tronk toe gaan.

Gert Petzer ·

Wat is daar nog op die kassie of eerder die platskerm wat dit nog die moeite maak om TV lisensie te betaal. Vir die wit volk wat hoofsaaklik die SABC dra met lisensie geld is daar net herhalings, afgesaagde sepies en meestal ander volke programme wat ons geen woord van verstaan nie of in elk geval nie eers naastenby ons kultuur is om te wil kyk nie. Nee wat ek dink ek sal maar binnekort die lisensie laat gaan en maar koerant koop en i Video projektor vir die hardeskyf en DVD speler. Ek dink die tyd vir my het gestop om n’ bydrae te maak tot sy salaris.

Rynhardt ·

Die SAUK se Motsoeneng kry byna R1miljoen verhoging, oornag het hy n miljoener gewird terwyl groot vrae hang oor sy kwalifikasies! Daardie verhoging is om valse propaganda te bevorder teen afrikaners.Kyk al die gemors programme op tv en radiostasies.Wittes julle voer die propagandamasjien.Gaan julle ooit en ek bedoel ooit leer?

dries ·

Ek stem saam Poplap, vernaam tussen 09:00 en 12;00 as daar ( undergroun ) musiek vir die ou mense gespeel word.

Simon Marais ·

Wow, my laaste “verhoging” was net mooi inflasie. R647.21. Ek dink 6.45%. 31% sal darem die moeite werd gewees het. Nou wonder ek hoe word dit geregverdig? Dit gaan my verstand te bowe… Dis die rede hoekom die ekonomiese toestand van SA hulle nie pla nie, hulle kan dit maklik bekostig!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.