Hlaudi kry weer groot verhoging ondanks verlies

Hlaudi Motsoeneng. Foto: SAUK

Hlaudi Motsoeneng. Foto: SAUK

Hlaudi Motsoeneng, groepbestuurder vir korporatiewe sake by die SAUK, het in die afgelope boekjaar weer ʼn groot verhoging gekry, ondanks die openbare uitsaaier se nettoverlies van R411 miljoen.

Volgens die SAUK se jaarverslag het Motsoeneng in die 2015/16-finansiële jaar ʼn basiese salaris van R2,5 miljoen ontvang. Die omstrede voormalige bedryfshoof het ʼn bonus en kommissies van R213 000 ontvang, terwyl uitgawes en ander toelaes vir die jaar R945 000 beloop het. Die bydraes tot sy pensioen- en mediese fonds was R485 000, wat beteken Motsoeneng se totale vergoeding vir die afgelope boekjaar het R4 197 000 miljoen beloop.

Motsoeneng se totale vergoeding vir die 2014/15-boekjaar was R3 784 000 miljoen, wat beteken hy het in die afgelope boekjaar R413 000 meer ontvang.

Phumzille van Damme, die DA se woordvoerder oor kommunikasie, het gesê dit beteken Motsoeneng is die hoogs betaalde uitvoerende beampte by die openbare uitsaaier.

Motsoeneng het in die vorige boekjaar ʼn verhoging van meer as R1 miljoen gekry. “Die verdere verhoging in Motsoeneng se salaris is ʼn klap in die gesig van die publiek, die howe en die parlement,” het Van Damme gesê.

“Die DA sal versoek dat daar tydens die verwagte parlementere ondersoek na die SAUK ook gekyk word hoe en hoekom Motsoeneng se salaris verhoog is.” Van Damme het gesê volgens die SAUK se jaarverslag, verdien Motsoeneng selfs meer as die hoof van die SAUK.

“Dit verleen geloofwaardigheid aan die vermoede dat Motsoeneng as de facto-hoof van die openbare uitsaaier gedien het.”

James Aguma, waarnemende hoof van die SAUK, het Donderdag tydens die bekendmaking van die jaarverslag ontken dat lede van die uitvoerende gesag bonusse gekry het en gesê hulle het kommissies ontvang.

Die SAUK se woordvoerder wou egter nie kommentaar lewer oor die kommissies en bonusse wat aan Motsoeneng betaal is nie. Mediaberigte het aan die lig gebring dat Motsoeneng onlangs kommissie van R11,4 miljoen ontvang het, slegs een deel van ʼn verwagte R33 miljoen-uitbetaling oor die volgende drie jaar.

Die appèlhof het verlede week Motsoeneng se aansoek om verlof tot appèl teen ʼn hooggeregshofuitspraak, dat sy aanstelling onwettig en irrasioneel was, met koste van die hand gewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Anoniem ·

Hel mense is die ons tweede Zuma of wat….Waar gaan ons heen? Almal wat nie geleerd is nie of hul kom uit die tronk uit word of presidente of neem SAUK oor en verdien salarisse wat skrik vir niks. Ek sien self hier by my werk werk dit so. Jy wat verkeerd doen kom erens in die lewe..Ek en jy wat die straight paaidjie loop sit waar ons sit….Die is n baie slegte voorbeeld vir ons kinders en hulle kinders………

Johann ·

Ek het nou die dag onderaan een die van die berigte op Maroela oor hom gesê ek sal graag sy psigometriese toetse wil sien. Ek sien vanoggend die oopskryf van ‘n berig op Netwerk24 dat kenners van lyftaal, is van mening dat sy uiterlike bravade versteek dalk ‘n angstige en paranoise man wat aan ‘n Donald Trump herinner.

Karma ·

Dit moes gelees het “JOH! Hlaudi-…….”. Damn ‘auto-correct’ ………………

Johann ·

Hoeveel? Vir wat? Nie bonusse nie…kommisie? Op wat? Die bereik van n GRUWELIKE netto verlies? Of eerder die herhaalde verliese? En elkeen cover vir himself en sy ANC handpop maaitjie. Waars die Corporate Governence? Waars die Minister(s)? Nevermind BEDROG…dit arrogante DIEFSTAL! Dis asof daar n beplande verkragting van alle staatskaste is op n ASAP basis; en die verwoesting van geskiedkundig suksesvolle instellings en entiteite. ANARGIE! En dit als in die 9 kaar qat NUMBA WHONE voor stap.

Pam ·

Skreiende skade ! En so ploeter die regering nogsteeds naan op die soustrein en ry die land in sy “happiness”in met korrupsie ! En dan wonder hulle hoekom mense nie TV Lisensies betaal nie. Die programme is of horing oud of herhaling op herhaling en dit om die vet kalf nog vetter te vier !

Vorige regering het dit voorspel ·

Baie mense was bang dat die tipe dinge gaan gebeur wanneer as sogenaamde “demokrasie” intree. Die massas sien dit nie as verkeerd nie, hulle gee ook nie om nie, daarom stem hulle irrasioneel.

Jakobus ·

Sy is die een wat met die Fakkel heel voor loop, of as jy wil, die fluitspeler van Hamelin.

Jakobus ·

Ook geweldig hardkoppig, of kan mens weerbarstig sê, laat haar nie voorskryf nie. Duidelik het sy sin vir die ou.

Vetkat ·

Totale vergoeding R4 197 000,00 vir 2016. Hierdie jaar het 261 werksdae….R4 197 000,00 gedeel deur 261 is: R16 080,46 per dag. 8 ure in ‘n dag: R2 010,06 per uur…..sonder matriek. ‘n Dokter wat 7 jaar gestudeer het…en van daar af nog nooit opgehou het nie….kry nie soveel nie. Hoe regverdig hierdie instansie so ‘n vergoedingspakket?

Sam ·

Hoe werk daai wiskunde?

Verlies meen MINUS R4.1 miljoen. Hy gee homself R4 197 000 ?
REALLY waar kom daai geld dan vandaan, daai extra R97 000?? Steel sommer bietjie meer
= -R4.1 000 000 + nog ‘n -R4 197 000 = R8 297 000
= DIEFSTAL
VREK BAIE geld , steel net so erg soos Zuma

leon - Centurion ·

Skokkend, al wat my beter laat voel… ek dra nie by tot daardie oop beursie nie!

Ria ·

Ria
Dit is waarom gehoorsame burgers van hierdie land wat die wet van Transvaal ken begin rebeleer. Waarom moet ons langer TV lisenies betaal. Al wat jy hoor is afbreek , steel en moor. Kyk hoeveel ongebleikte gesigte elke keer na nog n skandaal gewys word, begin sommer by nr1.

Jan maak n Plan ·

Ek dink Cloudy leer tans vir Zuma n les in steel.

A3 ·

R4 197 000 miljoen! Soos in R 4 197 000 000 000. Motsoeneng moet een van die rykste mense op aarde wees, veral as ‘n mens in ag neem dat hy die vorige jaar R3 784 000 miljoen (dus R 3 784 000 000 000).

Ek wonder hoekom hy so graag by die SAUK wil wees? Hy kan die hele SA koop. ;-)

Loslip ·

Jou nulle is nie so lekkerrie.
Hoop dat jy nie by SARS werk nie!!!

A3 ·

Loslip, my nulle is perfek. Die artikel beweer dat Motsoeneng het die afgelope jaar R 4 197 000 miljoen verdien en die vorige jaar R 3 784 000 miljoen.

As ek nou so slim soos jy was, sou ek ‘n draakstekery kon erken het as ek een gesien het.

Loslip ·

Jou nulle mag perfek en goed gevorm voorkom, is net dat daar so BAIE van hulle is.
:-))

Foxi ·

Diegene wat hulself verhoog…..val die hardste! Vermetelheid van arrogasie……….

Heila ·

ai!! hoe gelukkig is sekere mense nie!!!. ek vrek van armoede en honger en my pensioen is so min dat ek nie eens toiletpapier kan bekostig nie
Heila (granny

hans brits ·

Betaal nie etol nie en ook nie tv lisensie nie.Voer nie iets wat alreeds dood is nie.

Rynhardt ·

Motsoeneng en al sy Anc-maatjies reken dat SA is hul land daarom is hul geregtig op groot salarisse en bonusse! Anc en sy jonger boetie, die DA het vir jare onbevoegde SAUK-rade goedgekeur! Motsoeneng moet besef nes sy Anc-maatjies dat alle lekkerte kom ook vinnig tot n einde!

Loeis ·

Hierdie is nie so vreemd in Suid-Afrika nie.

Brian Dames, vorige hoof van Eskom, is ongeveer ‘n miljoen Rand ‘n maand betaal en is geprys vir sy dienste terwyl Eskom se skuld onder sy bestuur vermenigvuldig het.

Old Mutual se hoof, Hemphill, kry ‘n astronomiese bonus terwyl hul aandeelpryse op ‘n laagtepunt is (“With proposed base pay of 900,000 pounds ($1.3 million) this year, Hemphill’s bonus for breaking the group apart could top 9 million pounds, according to data compiled by Bloomberg.” – http://www.biznews.com/sa-investing/2016/06/03/old-mutual-ceo-hemphills-10x-base-pay-jackpot-receives-allan-gray-support/).

En dan is daar natuurlik die holrug onderwerp: ons ou vrind Jacob wie, saam met sy, vroue vir wie die belasting betaler ook sorg, ons geld maandeliks opslurp teen ‘n tempo. En dit is nou die deel waarvan ons weet.

Welkkom in Suid-Afrika, dit is waarvoor julle gestem het, mense.

Connie ·

Ja, ‘n mens kan net jou hande saamslaan. Hoe kry hy dit reg?

Johann ·

En dis wat ons van te hore kom. Sidder om te dink wie waar nog hoeveel in sy/haar/hulle sak sit? Behalwe die “”salaris”; kommissie??????? Vir wat. PLUS NOG amper n miljoen vir “uitgawes en ander toelae?”.

Susan@ ·

Die ander politieke partye moet fotos neem van almal wat so baieeee geld vir hulself geneem het sit die bedrae onder die foto wat geneem word, sit dit in koevertjies en gee dit vir al die studente wat wil op hou betaal met ( We are sorry but because of us their will not be any thing for free in the next twenty years).

Jakobus ·

Die mense wat so graag vertel die vorige regering was nét so korrup. Ek sê, kom gee syfers, nie net van een, twee of drie nie, maar elkeen wat in die kabinet was, vanaf Verwoerd se tyd, ook die plaaslike regerings, dan gesels ons weer. Dit is maklik om wilde aannames te maak net omdat mens wil skok of omdat dit mooi klink, die huidige regering dan nie in so ‘n swak lig stel nie.

“Moenie worrie nie, die ou bedeling was net so,” sê hulle.

Dat die NP/PW ook die SAUK beheer het, is so, maar dit was verseker nie in so ‘n gemors soos vandag nie, daardie tyd was die SAUK net ingespan om die NP se beeld te poets en informasie te verskaf, of dit nou disinformasie was, laat dit so wees, maar my punt is, dit was nie in so ‘n gemors en van onkundigheid soos vandag nie, buiten dat Zuma ook die SABC gekaap het.

Piet Makwas ·

Die Despote het een ding in die oog en dit is om die land bangkrot te steel voor hulle die mag gaan verloor!

Lewies ·

Se nog altyd as die Duiwel uit truuks is, kom besoek hy die ANCzuma

Francois ·

Hierdie land moet skatryk wees, die “ingenieurs” steel en steel net. Geld lyk my is moeilik om op re raak in ons land!!!

Henk ·

Laat die reg en die regering en die SABC kennis neem van wat ek hier se: Die ANC, Zuma, en AL hierdie instansies onder hulle beheer vee hulle gatte aan ALLE wette af. Hulle steel lieg en bedrieg sover hulle gaan en ek as belastingbetaler betaal my gat af. Ek is die wettige eienaar van ‘n TV stel en besit ook ‘n dstv dekodeerder waarvoor ek elke maand subskripsiefooie betaal. MultiChoice betaal aan die regering lisensiegelde vir uitsaairegte. Om dit te dek word dit by my subskripsiegelde ingereken. Dus, sover dit my aangaan is my tv lisensiegelde reeds via MultiChoice gedek. Solank as wat die korrupte raad en die hoofnar van die bostaande artikel by die SABC werksaam is, SAL EK NIE ENIGE GELDE AAN DIE SABC oorbetaal NIE!!

Willie ·

Die stelery verbaas my nie… nog n klad op die ANC en die SAUK se naam… skandalig dat n publieke uitsaaier so in die openbaar oneerlik en oneties is…

Jan ·

How much do you earn Mr Motsoeneng per year,
Four million nine hundred, listen properly.
Four million one hundred and nine thousand and seven. He He He He……

Danie ·

Regtig dit raak nou erg ALMAL moet geen tv lisensie betaal. Hulle sal niemand kan dagvaar want daar is nie geld om prokureurs te betaal

Luister ·

Ek voel skoon naar. Lyk my hoe vrotter jou werk, hoe groter jou salaris.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.