‘Hlaudi moet agter tralies wees’

Hlaudi Motsoeneng. Foto: SAUK

Hlaudi Motsoeneng. Foto: SAUK

DA-leier, Mmusi Maimane, het Maandag gesê Hlaudi Motsoeneng moet tronkstraf opgelê word na aanleiding van die “vernietigende hofuitspraak teen hom”.

Maroela Media het vroeër berig die Wes-Kaapse hooggeregshof het bevind Motsoeneng moet uit sy posisie as die SAUK se hoof van korporatiewe sake verwyder word, hangende die uitkoms van ʼn nuwe dissiplinêre proses wat teen hom ingestel moet word.

Die DA het die aansoek gebring waarin die hof versoek word om te gelas dat Motsoeneng uit sy pos verwyder word en die bevinding van verlede jaar se dissiplinêre proses teen hom tersyde gestel word. Hierdie aansoek is gebring nadat die voormalige openbare beskermer in 2014 bevind het Motsoeneng was oneerlik en het ʼn wanvoorstelling van sy matriekkwalifikasies gegee, onregmatig sy eie salaris verhoog, onregmatig senior personeellede by die SAUK afgedank en sy magte misbruik.

Die hof het Maandag gesê die dissiplinêre proses wat gehou is na aanleiding van die OB se bevindings, was “geheel en al onvoldoende”. Ná hierdie uitspraak is Motsoeneng wetlik gesproke nie daarop geregtig om nou ʼn voet in die SAUK se kantore te sit nie.

Maimane het die uitspraak as ʼn “oorwinning vir geregtigheid en demokrasie” beskryf. “Soos ons hier praat, is mnr. Motsoeneng nie ʼn werknemer van die SAUK nie. Hy kan nie gaan werk nie. As enigiemand hom vandag by die werk kry, moet hulle seker maak hy word uit die gebou verwyder. Hy kan nie die res van die Desember voortgaan om onwettige kontrakte uit te reik en verder die OB se regstellende stappe te ondermyn nie,” het hy gesê.

Motsoeneng is ook beveel om persoonlik die koste van die hofaansoek te betaal. Maimane het gesê dit sal hom keer om ʼn regsgeding met belastingbetalers se geld voort te sit. “Die volgende stap is dat hy in die tronk beland,” het hy gesê.

Maimane het ook die ANC daarvan beskuldig dat hulle die SAUK, wat ʼn staatsuitsaaier is, eerder ʼn openbare uitsaaier wil maak. “Enigiemand wat die OB se bevindinge so ondermyn soos Zuma en Motsoeneng, moet nie toegelaat word om vry in ons staatsinstellings rond te loop nie,” het hy aan verslaggewers gesê.

Die hof het Motsoeneng aangesê om regsadvies in te win om te bepaal of hy gedurende sy skorsing ʼn salaris moet ontvang. “Ons meen hy het nog nie een sent by belastingbetalers verdien nie,” het Maimane gesê.

“Hy moet nie gedurende hierdie tyd betaal word nie en ek sal persoonlik die proses waarneem. Hulle moet nie ʼn man betaal wat in effek ʼn swendelaar is, wat sy eie matriekkwalifikasies opgemaak het en geld by Suid-Afrikaners steel nie. Vir my is dit iemand wat in die tronk moet beland, nie iemand wat vir die SAUK moet werk nie.”

Motsoeneng was nie by die hof teenwoordig toe die uitspraak gelewer is nie.

Lees alle vorige berigte oor die SAUK op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Kobus ·

Skarlaken……hy het soos pappa zuma onuitputlike getal lewens….kyk die kat sal weer daar opdaag….hierdie met n stert nog stywer en hoger in die lug….tannie faith sal daarvoor sorg

GES ·

Dit is absoluut wonderlike nuus. Dit is net ongelooflik dat hy so lank met dit weggekom het. Nog beter nuus is dat hy nie verder geregtig is op belastinggeld om die proses te probeer beveg nie.

Cherokee ·

Maar wat van die miljoene wat hy reeds by sy eie bankrekening ingeswendel het?

stephanus jesaja Heunis ·

Dus net vir my kommerwekkend dat die African national corruption(anc)/ cosatu en die effies niks se nie, maar laat dit net n nie -swart persoon was nie was die Sauk al afgebrand!! Dus bevooroordeelheid!

andrea van vuren ·

Hitler was ‘n Sondagskoolpieniek teen hiérdie sadis!

Johan ·

Ek wil graag weet, wat word van die mense wat die knaap aangestel het, is hulle nie ook skuldig aan verkwisting van die belastingbetalers se swaar verdiende geld nie? Laat hulle ook opdok!!!

Nico ·

As ons weer sien is hy Minister van Openbare werke of iets. Hy het te veel sefvertroue – moet deel wees van die binnekring.

Rynhardt ·

SABC het n monster met Motsoeneng geskep.SABC en media 24 is lankal nie meer geloofwaardig met propaganda wat hul versprei nie!Ek wil he daar moet ondersoek na Motsoeneng se finanansies ingestel word! Hoe kan n persoon wat geen matriek het, skatryk weees en vier huise besit wat miljoene kos? Met of sonder Motsoeneng, het die SABC Vrydagaand 9Desember weer sy propagand gewys vir die Anc met die volgende stelling:”Die regering gee homself n klop op die skouer met ekonomie”. Ek het amper van my stoel geval van die lag, want die Anc het SA ekonomie opsetlik vernietig volgens die Vryheidsmanifes-beginsels! Die nuwe wereldorde en Anc het SA in n dodelike wurggreep!!SABC se tyd is verby!

Jan ·

Nou wat van Faith Muthambi? Sy klou dan aan die man soos ‘n neet.

zoom zoom ·

Hy is SA se nuwe president . Hy weet hoe sy marble te polish

John ·

…en so gaan dit ook in ander semi-staatsinstellings… en so word geld lekker gemors en werkers deur base wat aan ‘n grootheidswaan ly, geteister.

007 ·

Klomp onbevoegde mense en dan nog skelm ook.Verdien net tronkstraf!!

Lance ·

Ek wag in spanning om te sien as wat en waar hy nou gaan terugkom ….

Johann ·

Dan vra ek jou, hoe op Aarde het dit gebeur dat ons vandag in Suid-Afrika van 1994 gevorder het tot die ashoop wat ons vandag is? Elke ANC raadlid, stadsraad, provinsiaal, nasionaal, wil ryker as die volgende een wees, ry die beste 4×4, het sommer ‘n paar karre, huise. Ekonomies kry die land swaar, die gewone mens op die grond werk darem nog, die salaris styg, maar ons pensionarisse, en anders is des dinges. Daardie, en nie net rykes van die ANC nie, maar ook daardie wat hulle in die private sektor ge-BBE (of wat ook al) het, oortref alle rekords, hulle leef op ‘n ander planeet.

Verıtas ·

Van wanneer af steur dıe Zumanostra hom aan hofbevele? Hıer volg weer een van daaı uıtgerekte hofsake wat skynbaar nooıt eınde kry nıe. In hıerdıe geval blyk dıt bıetjıe meer gevaarlık te wees vır staatsgetuıes. Hlaudı klınk vır my asof hy sal verkıes om permanent van sulke getuıes ontslae te raak eerder as om ure ın ‘n hof deur te brıng. Dıe probleem lê nıe by dıe skurk nıe, dıt lê by dıe regstelsel van dıe land wat appél op appél toelaat en wat vryheıd vır krımınele waarborg ındıen daar fondse beskıkbaar ıs om dıe tameletjıe-sake nog langer uıt te rek. Daar bestaan vandag twee ‘gelykhede voor dıe hof’. Dıe een ıs vır ındıvıdue wat geld het en dıe ander vır dıegene wat maar moet staatmaak op regsverteenwoordıgıng deur ‘n wetsgeleerde wat, ongeag dıe uıtkoms van dıe saak, maar net sy salarıs verdıen.

Pietie ·

Dit is kosbaar dat die regstelsel nog sulke wandade aanspreek. Hopelik word die onregte teen personeel, wat tot nou toe onregmatig uitgestoot of deur gefabriseerde dissiplinêre aksies lamgelê is, ook reggestel. Wanneer gaan soortgelyke praktyke in ander staats instellings, soos SARS en Staatsbosbou (KLF) lugtyd kry. Vra maar net al die bosbouers, wat die afgelope dekade aan vernietigende viktimisasie blootgestel is, om na vore te kom. Hoeveel loopbane is in die proses verwoes?

Schalk ·

En so word nog ‘n korrupsie swendelary en staatsondersteunde instansie se berdywighede oopgevlek. En daar is nog baie maar die probleem begin bo en Mnr Z sit nog steeds agter al die korrupsie en glimlag.

John ·

Interessant dat die Gupta-tvstasie ann7 op kanaal 405 Hlaudi ophemel en verdedig ten spyte van al die getuienis teen hom. Hy sou daarvolgens glo ‘wonderwerke’ verrig het ter verbetering van die SAUK. Dit wil voorkom of daar mense is wat glo hulle is onaantasbaar. Hoekom voel hulle nie bedreig en bang nie? Hou die stasie dop en lees die New Age vir insig in die teenkant van die munt.

andrea van vuren ·

Wanneer die tiran die SAUK verlaat, bring asb. net weer ons programme en sepies terug soos wat dit was en op die tye waaraan ons gewoond was.

Pamper ·

Sit hom nou asb agter tralies . en kry klaar .. Hy het ALLES verkeerd gedoen, hy is ‘n opperste krimineel wat oor alles gelieg het en almal bedrieg het en vrot sakebesluite gemaak het .. omgekoop is, onregmatig vir homself salarisverhogings toegeken word, as dit EK was was ek lankal met my gaai in die tronk . hoekom word hierdie man so gepamper?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.