‘Hlaudi moet regskoste van SAUK-8 betaal’

Hlaudi Motsoeneng. Foto: SAUK

Hlaudi Motsoeneng. Foto: SAUK

Die vakbond Solidariteit het Maandag hofstukke aan Hlaudi Motsoeneng, die SAUK se voormalige bedryfshoof, beteken om die koste te betaal van die regsgeding tussen hom en agt joernaliste van SAUK.

Solidariteit, wat vroeër vanjaar namens vier van die onregmatig afgedankte SAUK-agt-joernaliste in hul saak teen die SAUK opgetree het, nader nou die hof in samewerking met die Broadcasting Electronic Media Allied Workers Union (Bemawu) om Motsoeneng in sy persoonlike hoedanigheid aanspreeklik te hou vir die twee vakbonde se regskoste.

Volgens Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se sentrum vir billike arbeidspraktyke, moet Motsoeneng pa staan vir die besluit om die joernaliste se kontrakte te beëindig. “Solidariteit versoek voorts dat Motsoeneng mondelingse getuienis voor die hof moet lewer. Hoewel Simon Tebele die opdrag om die joernaliste af te dank uiteindelik uitgevoer het, word daar aangevoer dat dit wel Motsoeneng was wat die opdrag gegee het,” het Van der Bijl verduidelik.

Van der Bijl sê Motsoeneng se aksies het groot verleentheid vir die SAUK veroorsaak. “Die arbeidshofuitspraak lewer bewys dat sy besluit om die joernaliste af te dank, onregmatig was. Hierdie saak sal verseker dat hy verantwoording daarvoor doen.”

Tebele word ook as respondent tot die saak gevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

humor ·

Geen problem, hy het reeds ook hiervoor voorsiening gemaak met die onregmatige salarisverhogings wat hy aan homsel toegeken het.

Jean ·

Ek is baie bly maar uit wie se sak gaan dit kom? Ek twyfel sterk of hy dit uit sy eie sak gaan betaal al word hy persoonlik daarvoor aanspreeklik gehou . Ek dink die SAUK (sy tjommies) gaan weer help betaal, dan voel hy in elk geval niks. Ek is egter bly vir die 8 wat darem nou van ‘n finansiele las ontslae is.

callie ·

Die SAUK is n totale verleentheid. Met iemand soos Motsoeneng wat geen respek toon teen billike arbeidspraktyke en geen respek het vir minderes of meerderes nie sal enige plek waar hy werk of by betrokke is arbeids onrus as n gegewe moet aanvaar. Dit maak dat geen regdenkende HR departement hom in diens kan neem nie. Maak asb seker hy betaal maar ek sal waarborg hy gaan weer erens in n staatsinstellig opduik en moelikheid veroorsaak. Gelukkig in die privaat sektor word dinge reg gedoen.

Paul ·

Moet se die web blad kikker n ou pensionaris se oggend op – op n ander noot ne , is dit net ek wat die mnr. Se rooi oe bemerk op TV elke keur ? Hys seker allergies vir ligte – al hoe wel my oupa ook permanent sulke rooi oe gehaat het en my ouma gese het hy het minstens 1 muur van die bottel stoor self gebou

snoefie ·

dis nou die kar hoor die pere span mense. die hof is nog net genader om die belangrike man self te laat betaal vir sy fout. dis goed dat hy en sy minion albei in die hof moet gaan verantwoording doen. vraag is egter of dit gaan slaag. dit word dalk as rassisme afgemaak. die ancyl sowel as malema het al gespog dat hulle die studente aangespoor het tot die betogings by universiteite. maak hulle ook betaal, uit eie sak, vir die skade wat berokken was.

Jan maak n Plan ·

Ja en al die perde moet horings kry ne. Die SAUK sal daarvoor betaal maar ou rooioog sal beslis nie daarvoor betaal nie.

gert ·

Verwyder asb hierdie maaksel voor my aangesig want ek gaan braak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.