Hlaudi moet SAUK miljoene terugbetaal

Hlaudi Motsoeneng. Argieffoto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng, omstrede voormalige bedryfshoof van die SAUK, moet die miljoene rande wat destyds deur die SAUK aan om betaal is, terugbetaal.

Die hooggeregshof in Johannesburg het gelas dat die R11,5 miljoen suksesfooi onregmatig en onwetlik betaal is. Motsoeneng moet dié bedrag, plus rente van 15,5% binne sewe dae terugbetaal. Die rente moet so ver terug as September 2016 bereken word.

Luidens ʼn plasing op die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se Twitter-rekening moet die SAUK se pensioenfonds die miljoene opdok, sou Hlaudi versuim om dit binne sewe dae te doen.

Die destydse raad het in Augustus 2016 besluit om dié fooi aan Motsoeneng uit te betaal, maar die SOE het later in ʼn ondersoek bevind dat die besluit onreëlmatig geneem is. Die openbare uitsaaier het hom toe tot die hof gewend om Motsoeneng te kry om die geld terug te betaal. Motsoeneng moet ook albei partye se regskoste delg.

Die hof het reeds in Januarie bevind dat Motsoeneng sowat R900 000 van die SAUK se fondse, wat hy onregmatig aan sy eie regskostes bestee het, moet terugbetaal.

Die SOE het die uitspraak verwelkom.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Dries ·

Die raad wat dit destyds goedgekeur het, moet ook verantwoordelik gehou word,

jzjz05 ·

Hulle moet beslis ook verantwoordelik gehou word , as daardie bedrag nie betaal word nie moet hulle dit betaal en nie die pensioenfonds nie. Hulle het nie hulle werk behoorlik gedoen nie

Gerra ·

Hoekom moet die pensioenfonds opdok as hy nie kan betaal nie? Natuurlik sal dit nou die maklike uitkoms wees.
Laat die Raad help betaal. Hulle was mos slim om die betaling goed te keur. Laat hulle nou pa staan saam met hom. Hoekom moet rade besluite neem en dan net ongeskonde wegstap as daar later gevolge is?

Deon ·

Moontlik uit sy pensioen rekening, sodoende sal dit nie ander benadeel nie

anniekiewiet ·

Dit is hoe ek dit oor n radio nuusberig verstaan het, van sy pensioen af.

Misky ·

Los die pensioenfonds se gelde. Hy moet self elke sent terugbetaal. Lê maar beslag op alle bates en dit sal daar wees

Magda G ·

Vat al sy bates, so ook sy vrou sin. Sy het moontlik gedeel in sy “gelukkie”

casper ·

Ja nee kyk nou hier hoe kom die armoede en ‘n reeling vir R50/maand !!

Perdeby ·

Hy het 7dae om dit met rente terug te betaal en dit is n hof bevel of sy fonds moet dit betaal en ek glo dan sal die fonds hom dagvaar daarvoor

Blikkies ·

Ek wonder of hy al ‘n sent terug betaal het van sy vorige mislukte hof sake?

Jr ·

Slimpieta’s word een vir een uitgesorteer. As pension fonds moet betaal dan is dit mos nie straf vir hom., behalwe as dit SY pension fonds is. Maar either way verloor die man in die straat weer. 11 miljoen uit n fonds voor sy tyd is n enorme impak op winste wat sou genereer. So weereens betaal SA vir hulle diefstal. Hoekom moet hulle worry?

Mellivora ·

My vermoede is dat die betaling vanaf die pensioenfonds uit sy voordeel by die pensioenfonds sal wees, maw hy gaan sy pensioen kwyt wees.
Hoop dit is die geval.
Weet net nie of dit genoeg sal wees nie want met rente is sy skuld meer as R20 miljoen!

Cherokee ·

Weet nie of hy meer as 6 maande daar gewerk het. So, waar jou hoogskatting van sy pensioenfonds vandaan is, kan slegs ‘n sakrekenenaar wees wat by pnp of so iets gekoop is.

pompies ·

As jy mooi lees was dit 11.5 miljoen sukses fooi wat aan hom betaal is, dit is waar dit vandaan kom weet nie wie of wat se sukses dit was nie maar hy het dit gekry.

JM ·

Boontjie kry sy loontjie. Hy was mos destyds so groot meneer, het net ge”hire” en ge-“fire” die “belangrike” man.

Di ·

As hy nie kan betaal nie sluit hom toe in die tronk waar hy hoort! HY en van sy kaders is die wat 8 joernaliste se lewens hel gemaak het by die SAUK met sy dreigemente en aanvalle op van hulle . Sy gesig spreek boekdele, dink hy kan wegkom met al sy skelm streke. Kry vir jou, regte korrupte ANC kader.

Misky ·

Absoluut Diline. Ek ook dadelik aan die hele Suna sage gedink toe ek sy bakkies sien

Wat Wou ·

Ons liewe ou vriend se soustrein se wiele van jellie het nou ook afgeval. Dis lekker om in die dinges te wees as dit warm is ….. maar… as dit eers koud geword het is dit nie lekker nie. Sterkte ou grote.

Shakespeare ·

Hoog tyd maar dis te min. Hy moet ten minste 20 jaar tronkstraf vir moord ook gekry het

Ansie ·

Nou gaan die klein wintie seker bankrotskap pleit en moet die pensioenfonds opdok.

Cherokee ·

Mm, julle is al gekomplimenteer met ‘die regte foto wat van pas is by die berig. Julle skiet te kort in hierdie geval, want dit lyk asof diê selfvoldane foto die enigste is wat julle het van hom. Dán kon die berig sónder ‘n foto, dit ook gedoen het.

Johann ·

Skuus maar in watter rekening van die BANKROT SAUK het Rooi Oog gaan krap om sulke brdrae te kon vat? En ja shure hy gaan elke sent more oggend terug betaal. Grootste Zumaikie van almal.

Jaco ·

Dit vat meer as twee hande om te klap, daar moet nog mense wees wat hier betrokke was.

Sarel ·

Julle kan vergeet…hy gasn nou eers appeleer
Hoekom.moet die Pensioenfonds die gekd terug betaal
Eis van die Raadslede wat die betaling goedgekeur het.
Hoekom nie

Gene ·

Hlaudi betaal? Nooit as te nimmer nie! Van wanneer af gee skelms geld terug! Hy lag vir die gereg soos zuma.

Elinette ·

Aaaaag ……………. asof ou Johnny Walker Blue Label hom aan dít sal steur!!!!!!!!!!!!!!!!!

Frank ·

Jou ou marsmannetjie, die wiel het gedraai ne. Nou gaan jy jou ou broekie nat weewee.

Jr ·

Nee man, maak soos Eskom. Loadshed programme na level 8 en styg TV lisensies met 30%. En laastens kry Dhali Mphofu om jou te verteenwoordig en pleit rassisme en white capital monopoly as redes hoekom u hoef nie terug te betaal

KB ·

Arrogante mens. Dit wys jou wat maak kader-aanstellings en geld.

Kenny ·

LO L geld terug betaal nie in n kans nie nie in die lewe nie

annie ·

… en die verontregte gaan die volgende hof nader vir hersiening… En toe… Ons het ‘n hopelose grondwet en ons regstelsel werk soos ‘n marmot-loopring. Is ons land bloot eties die kluts kwyt of het die bose oorgeneem? Die lang rits name van mense wat ongestraf bly, beteken wat? Dis maar okei of moet ons eerder ernstig bid ‘Verlos ons asseblief van die bose’? Alleen help nie.

Leon ·

Dis mos die ou wat homself ‘n ” academic intellectual” genoem het!

Nico ·

Goeie vraag, dit is alweer die pensioen fonds wat moet opdok, wat het hy met al die geld gedoen, hy moet net eenvoudig die geld terug betaal maak nie saak hoe hy dit gaan doen nie, betaal moet hy betaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.