Hlaudi Motsoeneng, omstrede voormalige bedryfshoof van die SAUK, moet die miljoene rande wat destyds deur die SAUK aan om betaal is, terugbetaal.
Die hooggeregshof in Johannesburg het gelas dat die R11,5 miljoen suksesfooi onregmatig en onwetlik betaal is. Motsoeneng moet dié bedrag, plus rente van 15,5% binne sewe dae terugbetaal. Die rente moet so ver terug as September 2016 bereken word.
Luidens ʼn plasing op die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se Twitter-rekening moet die SAUK se pensioenfonds die miljoene opdok, sou Hlaudi versuim om dit binne sewe dae te doen.
Die destydse raad het in Augustus 2016 besluit om dié fooi aan Motsoeneng uit te betaal, maar die SOE het later in ʼn ondersoek bevind dat die besluit onreëlmatig geneem is. Die openbare uitsaaier het hom toe tot die hof gewend om Motsoeneng te kry om die geld terug te betaal. Motsoeneng moet ook albei partye se regskoste delg.
Die hof het reeds in Januarie bevind dat Motsoeneng sowat R900 000 van die SAUK se fondse, wat hy onregmatig aan sy eie regskostes bestee het, moet terugbetaal.
Die SOE het die uitspraak verwelkom.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
47 Kommentare
Nou wil ek daardie krokkodil trane sien…
Die raad wat dit destyds goedgekeur het, moet ook verantwoordelik gehou word,
Hoekom moet die pensioenfonds opdok as hy nie kan betaal nie? Natuurlik sal dit nou die maklike uitkoms wees.
Laat die Raad help betaal. Hulle was mos slim om die betaling goed te keur. Laat hulle nou pa staan saam met hom. Hoekom moet rade besluite neem en dan net ongeskonde wegstap as daar later gevolge is?
Los die pensioenfonds se gelde. Hy moet self elke sent terugbetaal. Lê maar beslag op alle bates en dit sal daar wees
Ja nee kyk nou hier hoe kom die armoede en ‘n reeling vir R50/maand !!