‘Hlaudi moet vervolg word’

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Hlaudi Motsoeneng. Foto: Catherine Rice/ANA

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) sê Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK, moet strafregtelik aangekla word oor beweerde bedrog en korrupsie in sy dienstermyn by die openbare uitsaaier.

Dit kom nadat ʼn fluitjieblaser bewerings gemaak het van bedrog met betrekking tot ʼn tender vir die opknapping van ʼn ateljee wat skielik gekanselleer en toegeken is aan ʼn maatskappy genaamd Vision View. Dokumente in dié verband dui daarop dat die kansellasie deel was van ʼn samespanningsooreenkoms vir die toekenning van ʼn kontrak van R42 miljoen om ʼn veeldoelige ateljee op te knap.

Outa het verlede week strafregtelike aanklagte teen Motsoeneng, voormalige lede van die SAUK-raad en uitvoerende bestuurders aanhangig gemaak. Lerissa Govender, ʼn regsverteenwoordiger by Outa, het gesê die jongste bewerings sal gebruik word om die klagtes wat reeds ingedien is aan te vul.

“Ons sal verseker dat Motsoeneng en die ander betrokkenes verantwoordbaar gehou word vir die kontrak in guns van Vision View aangesien dit ʼn growwe oortreding is van ʼn behoorlike regsproses en gedoen is sonder die nodige magtiging.”

Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SAUK, was nie Dinsdag vir kommentaar beskikbaar nie.

Outa se aanklagte sluit bedrog, rampokkery, korrupsie en die misbruik van mag in. Outa het die ad hoc-komitee wat die sake van die openbare uitsaaier ondersoek intussen versoek om so gou moontlik ʼn tussentydse raad aan te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Jan maak n plan ·

Daar sal met Rooioog Hlaudi net mooi niks gebeur nie. Hys deur nr1 daar neer gesit. Nou hou hy sy lyf soos Robert Mugabe – totaal onaantasbaar.

Chris ·

Sy sangoma ouma, wat toevallig nr 1 sin ook is, sal maar haas uit hoed moet trek vir haar kliente.

John ·

Die ANC-jeugliga sal maar hul spaarvarkies moet leegmaak vir hul held wat glo nou deur hulle verkies is tot erelid van die ANC se nasionale raad. Hulle hoop vir ‘n toekomstige president? Rooioog en Rooipet behoort interessante gesprekke in die parlement te he. Daarna sal daar beslis nie iets van die parlementsgebou oor wees nie… en ook nie van SA nie… buiten natuurlik vir plaaslike musiek… boem, boem…

Hennie ·

Dit sal ‘n heuglike dag wees as die tronkdeure agter hierdie knaap toeslaan!

GES ·

Die tronksel se sleutel moet ook in ʼn bak met suur gegooi word.

Chris Ws ·

Hy moes lankal agter tralies gewees het.Hier gaan ook dadels van kom.

Daan Erasmus ·

Al waar daar ‘n haas uit die hoed getrek sal word is by Shaun the Sheep Wat sal keer dat die klagtes verdwyn.

Joe ·

Ja nee …. hierdie knaap lyk soos die duiwel van self ….. net jammer dit is te laat vir al die skade wat reeds gedoen is aan die SAUK …. once a criminal …. always a criminal …. Smaak my hy is ook een van die ander witbroodjies van die ANC , Zuma & kie !! As jy kan skep in oneerlike , bedrieglike maniere …. hoekom nie …. Zuma het so gese …..

al ·

dit sal n heuglike dag wees as hy vervolg word. Dis nie net hy nie maar baie ander amptenare wat ook moet vervolg word wat hul aan kriminele oortredings skuldig maak. Dit stel n swak voorbeeld vir SA landsburgers wanneer hooggeplaastes nie verantwoordbaar geroep word nie, en dan tree hul ook wetteloos op. Die morele verval het te lank aangehou in die land.

Lance ·

Kom daarvan as mense iets probeer beheer wat nie gewalifiseer is nie …en net weet van steel en skelmstreke. Dat dit SO lank moes neem na so baie skade aangerig is …wys mens net weer dat jy presies kry waarvoor jy stem !

FM ·

Hlaudi, zuma en anc jongetjies is karperde. Resep vir chaos!!!!Alles white capital se skuld. As die kat kleintjies kry, is dit ook white capital se skuld, ha ha ha.!!! Dis white capital en andere wat die land nog aan die gang hou.Hlaudi,zuma en collin maine= zimbabwe chaos!!!!!! Maar hulle sal dit nie verstaan nie. Verskoon tog!!!!Hulle ideologie is tog so balangrik vir CHAOS!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.