Hlaudi, nié SAUK, moet regskoste betaal – hof

Hlaudi Motsoeneng. (Foto: Catherine Rice/ANA)

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het Vrydag ʼn uitspraak deur die Gautengse hooggeregshof verwelkom wat behels dat die voormalige bedryfsbestuurder van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, geld wat die uitsaaier aan sy regskoste opgedok het, moet terugbetaal.

Na afloop van ʼn ondersoek na die uitvoer van sake by die SAUK in 2017, het die ondersoekeenheid bepaalde onregmatighede blootgelê, waaronder die onwettige gebruik van die SAUK se fondse deur Motsoeneng om sy persoonlike regskoste te betaal. Die SAUK het destyds R851 981 namens Motsoeneng aan die regsfirma Majavu Incorporated betaal, om te vergoed vir regskoste wat Motsoeneng aangegaan het om die besluit om sy aanstelling as hoof‑ operasionele bestuurder ter syde te stel, te beveg. Die SOE het bevind dat Motsoeneng wederegtelik fondse van die SAUK gebruik het, terwyl hy die uitgawes in sy persoonlike hoedanigheid aangegaan het.

In ʼn poging om dié geld te verhaal het die SOE en die SAUK saam die hof genader en gevra dat Motsoeneng verplig word om dié geld aan die uitsaaier terug te betaal. Hy moet ook R100 000 wat Motsoeneng aan die firma betaal het as terugbetaling vir ʼn lening wat hy by Majavu Incorporated aangegaan het, aan die SAUK terugbetaal en die SOE en SAUK se regskoste betaal.

“Die SOE verwelkom hierdie uitspraak. Dit is maar net nog ʼn toepassing van bevindings wat die SOE se ondersoeke opgelewer het in ʼn poging om geld wat deur die SAUK verloor is, te verhaal. Daar is ander sake op die hofrol wat sal lei tot verdere verhaling van fondse,” sê Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SOE.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Pierre ·

Gedink jy is slim nê. Toe word die teendeel bewys. Lekker man, lekker.

Stefan ·

Probeer daardie geld maar uit hom uit kry, ek het nie baie hoop nie.

Wielspore ·

Soos Judge Judy sou gesê het, iemand wat se kop vorentoe gesak is en met sy oë opkyk is gewoonlik skelm. Dit is bloot ‘n observasie. Uitstekende beslissing van die hof, dit sal puik wees as daar nog sulke sake voorkom.

Andrew ·

As hy die fonde gebruik het is dit bedrog en moet hy tronk toe.

JohanR ·

En daar skrik ek myself amper boeglam. Ek het lanklaas hierdie vreet gesig gesien. Hy het moes gedink hy is die tweede kom van ietsie. Weet nie wat nie? Altyd gelyk asof hy te veel gesuip het!

Mad Mike die Rhodesiër ·

Betaal is die wet van Transvaal, ou maat!

wim ·

Hy is eintlik van Qwaqwa. Daar was onlangs ‘n hofsaak oor die regte beskrywing vir ‘n
Qwaqwa “sakeman”

Hennie ·

Elke hond kry sy dag, en ‘n kaalkop brak… ‘n leeftyd van hel!

Snowball ·

Wonder of daar al ‘n besef van sy eie onkunde en
intellektuele agterstand kon deurskemer tussen die newels van arrogansie en eiewaan?

Stephanus ·

Hierdie is seer sekerlik die beste beskrywing wat ek tot nou van hierdie narsis gesien het.

christo ·

Asof hy ooit dit sal terugbetaal. Hy sal nie en daar sal nie opgetree word teen hom nie. Dis net die gewone Jan Alleman by wie die balju se huis sal opdaag om beslag te lê op jou eiendom. Net nog ‘n staatsgeld dief wat onaantasbaar is.

Hennie J ·

Ja-nee ou beesblaas, skielik is jy nie meer onaantasbaar nie.

Casper ·

And that is how the cookie crumbles.Batebeslagleggingseenheid vat hom en moet nie speel nie.Hy gaan seker nou zumpi se voorbeeld volg en appèleer.Dit is vertrgingstaktiek maar die geld sal hy moet terug betaal.Dit is hoekom die SAUK in so benarde finansieële crisis gedompel is.Bedrog en korrupsie een van die grootste pandemie in ons land.Is dit nou Hlaudi of major.

gatgogga ·

Ek het amper besluit om weer my TV lisensie te betaal. Net amper.

Hennie J ·

Asseblief, gebruik jou volle geloof en oortuigings om die versoeking te weerstaan.

marius ·

Goed so . Hoeveel van hulle het wel al betaal ? As ek reg onthou het die OB ‘n belaglike maandelikse bedrag aangebied vir die koste bevele teen haar . As hierdie spul nie kan of wil betaal nie moet hul laaste paar skoene geregtelik verkoop word . Dieselfde proses wat gewone burgers moet deurstaan .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.