Hlaudi sê hy ‘is toekomstige president van SA’

Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK. Foto: ANA

Hlaudi Motsoeneng, voormalige bedryfshoof van die SAUK, sê aangesien die openbare uitsaaier hom in die pad gesteek het, het hy sy oog op ʼn selfs meer invloedryke pos – dié van president van Suid-Afrika.

Motsoeneng het Dinsdagaand by ʼn geleentheid van Incredible Happenings Ministries gesê daar is baie foute wat hy sal regstel wanneer hy dié toppos in die Uniegebou beklee.

“Mense sê daar is nie geld in Suid-Afrika nie, maar daar is geld in Suid-Afrika. Ek het dit op praktiese wyse by die SAUK gesien – toe ek gesê het plaaslike kunstenaars moet geld gegee word, [want] die meeste van die miljoene is vir buitestaanders [buitelandse kunstenaars] gegee,” het Motsoeneng onder luide applous gesê.

“Wanneer dit by ons eie mense kom, Suid-Afrika, kry jy net sente, maar die buitestaanders kry die geld. Dit is tyd om dit stop te sit. Om dit stop te sit, gaan Hlaudi die toekomstige president van Suid-Afrika wees. Dankie.”

Dinsdagaand se geleentheid wat deur die organisasie #NotInMyName en Incredible Happenings Ministries gereël is, het verskillende lede van die samelewing byeengebring, insluitend pastore, sangomas en tradisionele leiers om die vlaag van geweld teen vroue te bespreek.

Motsoeneng het gesê Suid-Afrikaners aap dikwels die lewens na van mense in televisiereekse en sepies.

“Afrikane is mal oor hierdie sepies waar daar bakleiery is. Mense wat saam is, ʼn man en ʼn vrou, kyk na hierdie sepies. Ek praat oor wat ek weet, wat ek al gesien het,” het hy gesê.

“Mense wat daardie sepies kyk, baklei, want hulle sien bakleiery [op die televisie]. Die vrou en die man verneuk, want hulle sien die verneukery. Selfs wanneer iemand nie verneuk nie, is jou denkwyse van so aard dat jy dink jou maat verneuk jou omdat jy daardie gevaarlike sepies kyk.”

Motsoeneng was vroeër vandeesweek weer in die nuus nadat die konstitusionele hof beslis het hy moet vir die regskoste van Solidariteit en die Broadcasting, Electronic Media, and Allied Workers’ Union (Bemawu) opdok wat die sogenaamde SAUK 8 in die arbeidshof teen hul onregmatige afdanking verteenwoordig het.

Dr. Dirk Hermann, die bestuurshoof van Solidariteit, het vroeër gesê die totale regskoste van die partye kan tussen R1,6 en R1,8 miljoen beloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Rene Prinsloo ·

Ag rêrig. SA het geld maar met die regte bekwame mense aan stuur van sake en NIE onbevoegde kaders nie.

Profeties ·

Daar is lekker geld in die kerke, hy moet mos nou die hofsaak se regskostes betaal. Ek hoop hy word president, ramaposa spring rond soos n kat op n warm plaat. Hy ontvang skelm geld via sy seun, dan lieg hy daaroor en dan weet hy kwanuis v niks. Mooi by sy voorganger klas geloop

Pieterv ·

WOW!!!
Soveel insig…soveel filosofie deur slegs na sepies te kyk. Die man is briljant verby!!
?

Lola ·

Ek staan beskaamd teen so ‘n slim filosoof. Ek kan nog baie leer.

Koos1 ·

Ek wil hê waarop hierdie ou is. Jinne sy uitkyk op die lewe is fasineerend! Jip hy het al die SABC se geld uit gegee. Nou gaan duisende hulle werk verloor, en klink my hy is trots daarop! Die unies moet hom kortvat. As prez, wel Zuma was vir amper 10 jaar, met soortgelyke uitkyke, so dis seker nie onmoontlik nie, behalwe as hy insolvent verklaar word, dan mag hy nie LP wees nie en jy moet LP wees om prez te word. Roer hom Solidariteit! Breek sy droom, soos hy met baie gedoen het!

Siek en sat ·

Mag die Liewe Vader hierdie land EN AL SY MENSE genadig wees as dit moet gebeur. Gee ons net krag asseblief hierdie Regering tap ons energie en siele.

tamboti ·

Baie geluk Comrade! jy sal ‘n uitstekende president van hierdie groot sirkus wees en ons sal almal vir jou stem en baie geld vir jou gee!
Ja raait

JG ·

En die skepsel is die sperm wat die resies gewen het ?? Behoed ons…

Ja Nee ·

Hy gaan nadat hy deel van die SAUK se ondergang is, deel van die land se ondergang ook word… WAT n prestasie!

Henk du Toit ·

Sien julle nou met die ding dat julle dagga gewettig het. Partially Hlaudi with light showers at Jacobs. tralalalalala en die paashaas is minister van justisie. Dream on ou dwaalgees!

Andre ·

Hy het al die nodige “kwalifikasies” om president te word.

Adam ·

Daar was geld in SA voor Hlaudi en sy trawante dit a-la David Copperfield laat verdwyn het. Wat ‘n sotlike argument van een van die mees onbevoegde kaders.

J. van Rensburg ·

Hlaudi leef in sy self-geskepe wêreld van illusies…

Ryan ·

Gigaba voel ook so. Julius ook seker.. Oee hene.. die land…

lee ·

Kan ek iets sê…?
Mag ek..iets sê…?
Ek wil…iets sê !!

Hierdie “profeet” Hlaudi…is ‘n REGTE CLOWN – Hlaudi vir president !!

Hou net ASB op met lag !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.