Hlaudi vandag in arbeidshof

Hlaudi Motsoeneng. Argieffoto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng, die omstrede voormalige hoof van die SAUK, sal Woensdag in die arbeidshof moet verduidelik hoekom hy nie persoonlik verantwoordelik gehou moet word vir die onregmatige afdanking van agt joernaliste by die SAUK toe hy aan die stuur van die openbare uitsaaier was nie.

Die arbeidshof het op 11 Mei ʼn aansoek van Solidariteit toegestaan om Motsoeneng saam met Simon Tebele, die waarnemende hoof van nuus by die SAUK, as respondente by hul kostebevel teen die SAUK te voeg.

Motsoeneng het nie opgedaag vir sy hofverskyning op 15 Augustus nie en daar was ook geen regsverteenwoordigers wat sy afwesigheid kon verduidelik nie. Tebele het toe alleen verskyn en gesê hy voel nie gesond nie. Regter David Gush het die saak tot 6 September uitgestel.

Gush het vereis dat Tebele en Motsoeneng Woensdag teenwoordig moet wees en bygevoeg die saak sal in hul afwesigheid aangehoor word sou hulle nie opdaag nie.

Die SAUK het na bewering sy regsverteenwoordigers aan dié saak onttrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jacques ·

As hy gaan opdaag ? Wat van Suna Venter ? Hy moet pa staan vir haar !!!

Santie ·

Ja hy huil nou oor die vleispotte van Egipte. Mens kan ook nie hierdie arrogante man daarvan beskuldig dat hy nie probéér nie, al soek niemand hom meer by die SAUK nie. Solank ons belástingbetalers nie moet opdok vir sy regskostes nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.