Hlaudi verdedig besluit om nuus te sensor

Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, en Joe Thloloe, persombudsman. Foto: Phillip Bruwer

Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, en Joe Thloloe, persombudsman. Foto: Phillip Bruwer

Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, het Dinsdagaand rassisme die skuld gegee ter verdediging van sy besluit om die SAUK se nuus te sensor.

“Daar is net ʼn klein hoeveelheid mense wat die besluit kritiseer. Die meerderheid van die bevolking verwelkom dit,” het hy tydens ʼn paneelbespreking met joernaliste by die Nasionale Persklub in Pretoria gesê. “Daar is dié kwessie dat waar ʼn swart man of vrou in beheer is, julle [sommige wit mense] dink ons weet nie wat ons doen nie, terwyl ons weet wat ons doen. Dit moet tot ʼn einde kom. As ons nie kwessies soos dié hanteer nie en stil bly daaroor, sal rassisme nooit tot ʼn einde kom nie.”

Die SAUK het verlede maand aangekondig sy televisiekanale sal onmiddellik ophou om beeldmateriaal uit te saai van die vernietiging van eiendom tydens betogings. Die openbare uitsaaier is van mening dat om voort te gaan met sulke dekking, ander gemeenskappe aangemoedig word om dieselfde te doen.

“Dit is nie ʼn politieke besluit nie. Ek is nie opgewonde oor politiek nie. Ek is opgewonde om ʼn landsburger te wees en ʼn verantwoordelike burger te wees. Die media wil alles verpolitiseer. Ons praat hier van die werklikheid en die lewens van mense. Kinders sien hierdie beelde en dit spoor hulle aan om dieselfde te doen. Gemeenskappe in Mpumalanga sien hoe gemeenskappe in Limpopo betoog en dit hits hulle aan. Geweld moet streng veroordeel word.”

Anton Heunis, Motsoeneng se raadgewer, het bygevoeg met die swaard van ʼn kredietafgradering wat oor die land se kop hang, is dit sleg vir die ekonomie om beelde van geweld die wêreld in te stuur.

Joe Thloloe, persombudsman en veteraanjoernalis, het egter gesê die besluit is net soos die mediasensuur van die apartheidsjare. “Ons verantwoordelikheid as media is om die publiek ten volle van die stand van die nasie in te lig. Ons het nie die luuksheid om te besluit watter gedeelte die publiek mag sien of nie. As jy nie hou van wat jy in die spieël sien nie, moet nie die spieël stukkend slaan nie,” het hy gesê.

Motsoeneng het hierop geantwoord deur te sê niemand kan die SAUK aansê wat om te doen nie. Hy het ander media-instansies uitgedaag om hul rol in die land te heroorweeg en om ook geweld te veroordeel deur nie dekking daaraan te gee nie.

Hy het diegene wat die besluit bevraagteken uitgedaag om die SAUK by die Uitsaaiklagtekommissie te verkla. “Ek kan julle waarborg julle klagtes gaan nie suksesvol wees nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Theuns ·

Trek sy bloed.Jy kan nie drink en die eens mooi SAUK kar in die grond inbestuur nie!

Andre ·

Dit is soos om ‘n disprin vir ‘n terminale kankerlyer te gee….
Spreek liewers die vernietigende kultuur aan as om die probleem te probeer ” weg steek”. Hou op met jou rassisme, dit het niks te doen met kleur nie, dit het te doen met bevoegdheid!

Theuns ·

Wie is ANTON HEUNIS? Nogal ‘n Afrikaanse raadgewer en ‘n witman?

Cherokee ·

Het jy werklik gedink hulle sal swart raadgewers gebruik as daar wittes is? Gaan lees die parlementslede se wetsverteenwoordigers se name ook.

Bach ·

Wat het rassisme met die saak te doen? Hoe gaan hy dit vir beleggers wegsteek? Daar is mos talle ander TV kanale wat die goed gaan wys veral in die buiteland. Die man se redenasies maak nie sin nie maar ons weet mos hy kry sy opdragte van ons weet wie af.

Theuns ·

Dink Heunis die afgradeering instansies sal nie weet wat in die land aangaan as hulle nie SAUk TV Beelde sien nie? Die mense kyk CNN/BBC/SKY NEWS! Waar kom die man vandaan?

Griki ·

Hoe skerp dink jy moet ‘n mens wees om Motsoeneng se raadgewer te wees? Hy hoef nie – Motsoeneng sal nie die verskil agterkom nie.

Rina ·

Wie is die mense wat als brand en vernietig, beheer hulle- want hulle is besig om ons land te vernietig en af te breek. Nou moet als toegesmeer word en weg gesteek word. Lagwekkend hoe sekere mense klappe op hul oe het en dink hul doen n goeie werk, maar kan nie hul eie vernietigende werk raak sien nie.

Paul ·

Anton Heunis is al vir meer as 35 jaar by die SABC. Hy weet duidelik baie mooi, weens sy ondervinding in die NP-tyd, hoe sensorskap werk.

Nic ·

Gaan hulle ook ophou om EFF byeenkomste en parlementere sittings uit te saai? Want dis hierdie mense wat nog steeds geweld en brandstigting aanhits!

Irene ·

Altyd wit mense
Hulle moet betogers en toi toi staak dan sal daar nie so gemors in ons land wees nie
Maar boontjie kry sy loontjie

PJ ·

Verantwoordelike landsburger maar bedrieg met kwalifikasie waar kom die mense vandaan ?

Johann ·

Soveel van blatante vermetelde dom astrante S.N.O.T het ek nog nooit tee gekom nie!Skuus…ek het. By die galbraker se ewe ongekwalifiseerde ANC propaganda stoker; sy nie so honourable Jacob Zuma. SENSORSKAP

Marietjie ·

My woorde cir hierdie ouens sal nie sensorskap vryspring nie, so ek stem maar saam met jou! Idiote wat geen verstand het nie!!!!!

Rynhardt ·

Hlaudi die feit dat jy nuus sensor is niks nuut nie, SAUK doen dit vir 40jaar al, onder Anc heers dit vir 22jaar al.Hlaudi die hof het beslis dat jy jou pos moet ontruim, hoekom beskerm SAUK jou? Ekskuus, jy kry R4miljoen p.j.om propaganda teen afrikaanssprekendes te bevorder, daarom hou SAUK jou nog! Hlaudi aangesien alles by jou rassisme is, verduidelik vir publiek hoe n man sonder matriek met vier huise van miljoene kan sit, waarvan een R2,4miljoen kos in Bloemfontein! Meer vrae hang oor jou as wat jy regmerkies kry!!

maritz ·

Hou op om rassisme op tv uit te saai dit wek rassisme aan by die mense wat als afbrand want dis wit mense wat dit gebou het . So ook plaasmoorde . Hy moet alby kante toe kyk en wakker word.

Ben Prinsloo ·

Wat kan ons verwag van n bedrieër wat nie eers matriek kon klaarmaak nie. Weereens het ek nie n probleem met velkleur nie maar denkwyse. Arme knaap.

Oorspronklike koos ·

Wie kyk nog sabc ek het ‘n roof kyker geword toe hulle die SAUK van die gebou se muur af gehaal het.

Ca Henrico ·

Wonder die rassisme ding , is dit net omdat swartes skole af brand of doen blankes dit ook?

Janneman ·

Nou het ek alles gehoor! Afriforum, kom ons roep n boikot van lesensies uit!
Het die man nog nie gehoor van die sosiale, buitelandse en alternatiewe media nie? Gaan geweld ophou as jy nie daaroor berig nie? Gaan plaasmoorde nie bestaan as jy nie daaroor berig nie? Dit is ongetwyfeld a.g.v die munisipale verkiesings anders sou hulle dit ongeerg gewys het.
Aan Alana, Kallie, Flip,Mmusi en die mense, julle het n Zulu en Xhosa persoon nodig om die waarheid oor te dra aan die plattelandse ongeletterde kiesers, op welke wyse ook al.

Veritas ·

Hlaudi ou maat, jy moet dankbaar wees dat daar iets soos Apartheid was. Indien dit nooit bestaan het nie, sou julle sekerlik nie geweet het wie om vir julle foute te blameer nie. Dink net hoe erg dit sou wees om te erken dat jy self verantwoordelik vir jou blapse is. So tussen hakies, twee jaar in graad ses is nie gelyk aan ‘n graad twaalf kwalifikasie nie.

Jan maak n Plan ·

Regte volstruis maniere (kop ini sand). “see no problem then there is no problem”.

Corne ·

Lyk of Mnr. Hlaudi besig is om sy eie galg te bou! ‘n Paar weke terug is hy in ‘n onderhoud op Lotus FM so deur luisteraars aangeval dat hy die onderhoud vroeg verdaag het, en Maandag was dit weer so in ‘n onderhoud op Jakaranda FM. Sy mees onlangse onderhoud, wat ‘n hele uur moes aanhou, op SAFm het hy ook kortgeknip danksy luisteraars wat keelvol was vir die feit dat hy nie eers basiese vrae kon beantwoord nie en hom aangeval het vir sy autokratiese styl! http://www.channel24.co.za/The-Juice/News/hlaudis-live-safm-interview-a-cringeworthy-disaster-20160608

Oom Gert ·

Amy, x bly julle wat praat van “ons” en “hulle” is in die minderheid. Die meeste ” mense” wat ek ken is nie so kleinlik en bitter soos “ons” nie!

Oom Gert ·

Wie’t met die benoeming “swart” en “wit” begin? Wat as wit eintlik swart moet wees en swart wit?

Pieter dp ·

Nee wat SAUK op vangs is n nul by ons al is Pretoria in sig. TV kyk is uit. Maar ek glo ek mus nuks nie. Al stuur die SAUK vir my on uindige SMS se om hul te betaal. Geen behae in die alles swart en Eng.

Marous ·

Julle wil ALLES onder die mat invee sodat die res van die wereld nie van julle onbevoegdhede kennis moet neem nie. Maak ‘n lys van julle positiewe dinge , dan maak ons ‘n lys van die negatiewe dinge wat ons elke dag beleef en dan kyk ons wat weeg die swaarste. Begin sommer by die hospitale en skole en staatsdepartemente se infrastruktuur …dit behoort ‘ n goeie afskop punt te wees….

Pieta ·

Ek het agt jaar gelede van ons 2 TV’s ontslae geraak, en dink dít het ons gesinslewe – en beslis ons kinders – baie goed gedoen!
Rassisme is dikwels ‘n holrug-geryde verskoning as kritiek kom. As ek kritiek wil lewer, probeer ek objektief wees en konsekwent optree, maar raak sommer opgeklits as ek as rassis af gemaak word omdat my kritiek iemand van enige ander ras aansny. Ek glo dat die beeldsend van geweld en verwoesting dié dinge juis stimuleer – die publisiteit is JUIS wat die misdadigers soek, en as dit werk word hulle nagedoen. Ongelukkig glo ek nie dat dít die rede is waarom dit nie uitgesaai word nie, en ek is NIE ‘n rassis omdat ek so glo nie! Ek glo dit is dieselfde beeldpoetsery wat ons ook in die tagtigerjare gesien het. Toe het niemand egter beweer ek is rassisties indien ek nie saamstem met (dít wat ek sien as) hul motivering om nuusuitsendings se inhoud te manipuleer nie…
Asseblief mnr Motsoeneng, kom ons los die kinderagtige verwysing na rassisme as mense nie saamstem nie, en bepaal ons by die feite op die tafel. Niemand gaan ooit oor alles met jou (of my) saamstem nie. Dit as sulks is egter myle verwyder van rassisme, en jy weet dit net so goed as amper elkeen wat luister na jou rassisme-beskuldigings!

Lance ·

Ek het na n onderhoud op Jakaranda geluister waar Riaan hom ondervrae het …die man het verseker nie matriek nie en die onderhoud was n groot verleentheid vir hom… soveel so dat ek eintlik skaam is vir sy part ….hy het gese hy glo nie aan wetenskaplike opnames of statistiek nie …net sy eie opinie …verder verhoog hy sy eie salaris wat blykbaar meer as zuma sin is …en hy vind niks verkeerd met enige van dit nie …so mens kan verwag dat hy rasisme weer die skuld sal gee vir alles met die beperkte vermoee wat openbaar word …apartheid kry ook skuld ….gaap ….tog so voorspelbaar !!

neelsie ·

Die mees patetiese spul op een hoop ….die SABC.
Die swakste produksies waaraan mens kan dink.
Maar net n beeld van die Anc.!!

Millie ·

HAHAHAHA!!! Hy is eintlik vrek snaaks. Sosiale media en die teenwoordigheid van buitelandse media sorg wel dat die beeldmateriaal in die buiteland uitgesaai word ou seun!

Hendrik ·

Mense “ons” steur ons self net te veel aan “hulle”. Dit is tyd om “ons” eie koers te vat.

magrette louw ·

ek het een oggend, net na die aankondiging, die misnoee gehad om hom te hoor praat op rsg se ontbyt program, die een wat op kom nog voor die son opkom en wat ‘n teleurstelling was dit nie. Hy het nie veel sin gemaak nie, net soos ‘n passer al om dieselfde gat bly praat sonder om iets van waarde tot die onderhoud toe te voeg. Maar ek moet noem dat ek hom nie glo as hy se hy raak nie opgewonde oor politiek nie, wat anders probeer hy dan nou doen as om die anc se politieke standdpunte uit te voer, maar as hy dink die oorgrote meerderheid van ons is dom en glo die redes wat hy aanvoer dan is hy meer dommer as wat ek kon aflei uit sy onderhoud.

Anti-Haas ·

Ek kyk net DSTV waarvoor ek maandeliks betaal.(R989.00)
Ek het twee TV stelle.
Kyk my Afrikaanse nuus op DSTV.
Het afgelope 22 jaar nie meer TV lisensie nie.
Ook nie van plan om een te kry nie.
Kyk nooit TV1,2,3 en E-TV nie, want daar is te veel “ander” tale en my kleur TV’s wys net swart……..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.