Hlophe dalk binnekort in staat van beskuldiging

Die Wes-Kaapse regter-president, John Hlophe. (Foto: judgesmatter.co.za)

Die Wes-Kaapse regterpresident, John Hlophe, kan dalk binnekort in ʼn staat van beskuldiging geplaas word.

Die Regterlike Dienstekommissie (RDK) het Woensdag gestem om die verslag en aanbevelings wat die Regterlike Gedragstribunaal (RGT) reeds vier maande gelede gemaak het, te handhaaf.

Die tribunaal het Hlophe in April vanjaar eenparig skuldig bevind aan growwe wangedrag omdat hy in 2008 twee regters van die Konstitusionele Hof probeer beïnvloed het om hul ampseed te skend en in Zuma se guns te beslis tydens ʼn saak wat oudpres. Jacob Zuma betrek het.

Daily Maverick berig dit sal die eerste regter in ʼn demokratiese Suid-Afrika wees wat in ʼn staat van beskuldiging geplaas word as alles volgens plan en ingevolge wetgewing verloop.

Adv. Dali Mpofu, namens die RDK, sê die saak sal nou ingevolge die Grondwet na die Nasionale Vergadering vir ʼn besluit verwys word.

Alle betrokke partye sal nou genooi word om redes te verskaf oor die kwessie of pres. Cyril Ramaphosa Hlophe moet skors of nie, hangende die afhandeling van die saak deur die Nasionale Vergadering.

Hlophe is intussen steeds in sy pos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Grens ·

Hy moet maar dalk saam sy maatjie, wat hy so beskerm, oranje klere kry.

Hennie ·

Ou Dhali is die EFF leier wat ‘n KLOMP geld maak uit die skelm ANC… Welgedaan kameraad…

JM ·

Die Hlope-saak sloer al jare! Alles in hierdie land gebeur teen Afrika-tyd, dié dat alles in hopeloosheid verval.

Anel ·

Wat sê dit van hierdie kastige demokrasie! En hulle is te dom om te besef met die stelling beskuldig hulle self van onbevoegdheid.

Nie Verbaas ·

Tipies ANC. Steeds in sy pos. Dit terwyl daar al van 2012 beskuldigings van wangedrag teen hom is. Nou wag hulle vir CR om hom te skors met volle betaling. Dan bedank hy en geniet die res van sy lewe die voordele en belastingbetaler se geld en klagtes teen hom verdwyn soos mis voor die son.

Strandloper ·

Lyk nogal bekend…myne by die huis loer deur tralies….

Persheks Adri ·

LMGA Strandloper! Dankie vir die lag het dit nodig!

Petrie ·

Hoekom het dit 13 jaar geneem? Hoekom was hy gebruik om die voorsittende beampte te wees met die verkiesing van die speaker? Korrupsie sal NOOIT uitgeroei word solank die anc bestaan nie.

Johann ·

Magsmal….magsbehep…ONAANTASBAAR. Geen respek vir wat dit beteken om die pos te mag beklee nie. Gaan seker langs Jacob ingebook word vir een of ander siekte om vervolging te mis. TOP ZUMAIKIE KADER.

Pietertjie ·

As dít demokrasie is : ons het dit nie nodig nie, dankie!

Hennie ·

Belaglik… Die ding moes al jare gelede gewaai het, maar o Afrika spoed, starag, en baie starag!

skurweberg ·

Van toepassing op alle gemeenskappe wat in ‘n derde wereldse land bly en met eerste wereldse kennis gekonfronteer word, maak van daardie gemeenskappe ‘n gevaarlike teenstaander. As ‘n mens laasgenoemde kennis vir een of ander rede nie kan hanteer tot voordeel van almal nie..

Elinette ·

Jinne, Dali Mpofu kan vir ‘n slag iets nuttig doen …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.