Hlophe, Motata formeel as regters verwyder

Pres. Cyril Ramaphosa het John Hlophe formeel as regter uit die amp verwyder. (Foto: Sinawo Thambo/X)

John Hlophe en Nkola Motata is amptelik van die regbank verwyder.

Die presidensie het Woensdagmiddag bevestig dat pres. Cyril Ramaphosa vir Hlophe, voormalige regter-president van die Wes-Kaap, en Motata, wat in 2009 aan dronkbestuur skuldig bevind is, as regters verwyder het.

Albei is vroeër aan growwe wangedrag skuldig bevind.

Hlophe se turf het gesit nadat 305 LP’s ten gunste van sy verwydering en 27 LP’s daarteen gestem het. Hy het daarmee die eerste regter geword om in ʼn demokratiese Suid-Afrika uit sy amp verwyder te word.

In Motata se geval het 296 LP’s gestem om hom uit die amp te verwyder, een parlementslid het daarteen gestem en 13 LP’s het buite stemming gebly.

Die Grondwet laat geen ruimte vir die president anders as om ʼn regter uit die amp te verwyder sou tweederdes van LP’s ten gunste van ʼn resolusie daarvoor stem nie. Die bepaling lui dat “die president ʼn regter uit die amp moet verwyder met die aanvaarding van ʼn resolusie vir daardie regter om verwyder te word”.

Die verklaring van die presidensie het bevestig dat Ramaphosa dienooreenkomstig opgetree het en dat die regters nou formeel verwyder is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Catherina ·

Nog duisende ander korruptes in alle velde moet verwyder word en in tronk gestop word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.