Hoë by maatskaplike ontwikkeling sterf weens Covid-19

(Argieffoto)

Die adjunk-direkteur van welsynsdienste by die departement van maatskaplike ontwikkeling is Saterdag dood nadat sy vroeër met Covid-19-verwante simptome in ʼn hospitaal opgeneem is.

Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het Conny Nxumalo as die land se hoof- maatskaplike werker bestempel. Sy is geloof vir haar bydrae tot programme om kinders te beskerm, asook vir haar werk om geslagsgeweld te help bekamp.

“Met die uitbreking van Covid-19 in Suid-Afrika was Nxumalo op die voorste linies van die nasionale reaksie,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Nxumalo was ook die departement se verteenwoordiger by die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensiestruktuur, oftewel Natjoints.

“Ons het ʼn sterk vrou verloor in ʼn maand wat gewy word aan baanbrekers soos sy. Terwyl ons rou oor haar dood, moet ons onthou om haar lewe en prestasies te vier. Mag haar siel in vrede rus,” het Zulu gesê.

Die departement het ook weereens ʼn beroep op sy amptenare gedoen om waaksaam te bly in die stryd teen Covid-19.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anel ·

Goeie genade! Wat het sy nou regtig gedoen as mens kyk na die toestand van maatskaplike dienste, kinders wat mishandel word, ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.