ʼn Algemene bestuurder by die ouditeur-generaal (OG) se kantoor in Lynnwood, Pretoria, is in hegtenis geneem nadat hy glo beamptes van binnelandse sake probeer omkoop het.
Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê die 47-jarige buitelander het die departement van binnelandse sake se kantoor in Randburg verlede maand besoek om aansoek te doen vir ʼn Suid-Afrikaanse paspoort vir sy 14-jarige dogter.
Ná ʼn onderhoud met immigrasiebeamptes kon die verdagte egter geen burgerskapsregte toon wat hom toelaat om ʼn slim Suid-Afrikaanse ID óf ʼn Suid-Afrikaanse geboortesertifikaat vir sy dogter te hê nie.
Mulamu sê die verdagte het glo by die immigrasiebeamptes gepleit om sy ID en sy dogter se geboortesertifikaat teen betaling van R3 000 terug te gee.
Die Valke se eenheid vir ernstige korrupsie-ondersoeke in Johannesburg het ʼn lokval vir die man gestel. Hy is in hegtenis geneem nadat die transaksie gister glo deurgevoer is.
“Verdere ondersoek het onthul die slim-ID en die geboortesertifikaat wat die man in sy besit gehad het, was vervals. Die verdagte is aangekla van bedrog en korrupsie en verskyn Vrydag in die Randburg-landdroshof,” sê Mulamu.
Brig. Wendy Mashwabane, waarnemende hoof van die Valke in Gauteng, het die inhegtenisneming verwelkom.
“Ons doen ʼn beroep op die publiek om enige misdadigheid by wetstoepassingsagentskappe aan te meld sodat die reg sy loop kan neem,” sê Mashwabane.
“Ons loof ook die immigrasiebeamptes wat nie geval het vir diegene wat na bewering die wet oortree om te kry wat hulle wil hê nie.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Ek hoop hulle deporteer hom nadat hy in die tronk was
In suid afrika koop jy als tot die regters niks snaaks nie.
Hoekom werk hy by die OG se kantoor as hy ‘n Buitelander is ofbis hy Chinees of Kubaan?
En die neet werk vir die OG?
Vervalsings vir werk by die OG?! Dis mos ernstigste vorm van bedrog!