Hoë datakoste in parlement bespreek

Argieffoto

Argieffoto

Effektiewe regulering is nodig om hoë oproep- en datakoste in Suid-Afrika hok te slaan, het werknemers van die departement van telekommunikasie en posdienste Dinsdag in die parlement gehoor.

Joe Mjwara, waarnemende direkteur-generaal van die departement, het tydens openbare verhore oor die koste van kommunikasie aan LP’s gesê selfoonoperateurs misbruik hul markoorheersing deur hoë pryse te hef vir oproepe en data.

Volgens Mjwara word die mark gekenmerk deur oneffektiewe kompetisie en skaars hulpbronne. Hy het gesê hoewel oproepkoste verlaag is deur middel van regulasie, verbruikers steeds te veel opdok vir data. Volgens hom maak selfoonoperateurs op vir die tekort weens goedkoper oproepkoste deur meer te vra vir data.

Thabo Molefe, ʼn bekende radiopersoonlikheid wat aan die hoof staan van die sogenaamde #DataMustFall-veldtog, het gesê reguleerders moet die bedrag wat netwerkoperateurs vir data hef beperk. Hy meen Suid-Afrikaners moet minstens die helfte minder vir data betaal.

Molefe het gesê die #DataMustFall-veldtog kry steeds momentum maar dat selfoonoperateurs nog daarop moet reageer. Volgens Molefe is daar talle Afrika-lande waar verbruikers aansienlik minder betaal om toegang tot die internet te kry.

Molefe het verlede week sy veldtog van stapel gestuur deur selfoonoperateurs ʼn 30 dae-ultimatum te gee om verandering te weeg te bring.

Verteenwoordigers van die verskeie selfoonoperateurs sal na verwagting Woensdag LP’s toespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Julius ·

Ek en my vrou het nou net van die hoë kostes gepraat en selfs oorweeg om heeltemal van internet af te sien. Daar is baie verskeilde kostes wat van jou data afgaan en skielik is jy sonder data. Dit kan ten minste met die helfte gesny word om meer mense toegang te gee.

Emma ·

Hier in Namibie het ons ń pakket waar jy R30 betaal en dan sluit dit vi ń week in: 100 gratis minute enige plek in Nam – vaste lyn of sel asook 1,3gb. Hoes daai!

Meisie ·

Dit is baie goeie nuus,di ou ht sy huiswerk oordentlik gedoen.Ek werk met di BIS sit R29 airtime op as ek mt bel.As ek eerste keer wil bel is daar nie n sent geld nie.En die Internet diens is baie swak.Hul sal meer torings moet oprig.

Piet Pompies ·

Ons woon op ‘n plek waar vaste lyn data nie beskikbaar is, gevolglik gebruik ons netwerk data. My rekenaar is so opgestel dat hy net die noodsaaklike updates doen. Die naweek se update was 1 Gig, R149 in die drein af. Ek ondersteun die verlaging van data kostes. Vodacom sou nie so ‘n groot wins gemaak het as dit nie vir data was. Groot besigheid geldgierigheid, dit is wat die probleem is!

Jannie ·

Data is belaglik duur en die selfoon sein swak wat maak dat data jou van tyd beroof, vrek stadig. Vodacom en ander netwerke neem kennis daarvan, maar doen niks! Lyk of die netwerke net verder oorlaai word, wat beteken dat hulle net meer skep.
Emma wie is die netwerk verskaffer in Namibie?

Danie Snyman ·

Hoekom word daar nie nog ‘n selfoon en vastelyn lisensie aan die mark aangebied nie. Verhoog kompetisie. Bied elke 7 jaar nog ‘n lisensie in die mark aan. Dit sal tot beter dienste, laer koste en meer werksgeleenthede lei.

Ander Koos ·

SA het van die duurste selfoon en internet data in die wereld (ook bankkoste)) Dan is dit nog stadig ook. Skandalig en uitbuiting. Gee hulle gas!

snoefie ·

die updates word meestal afgedwing want as jy nie gereeld update nie, hou die app op werk. ek reken aan gesien updates gedoen moet word behoort dit gratis te wees. help veel oproep koste was afgebring maar word elke jaar verhoog. my kontrak was sommer middle termein verhoog. wat van mtn wat jou ongebruikte lugtyd sommer vat as dit niein n vasgestelde tydperk opgebruik is nie? dit is steel. ons het die lugtyd gekoop en behoort toegelaat te word om dit na goefdenke te gebruik of te spaar.

Ernest ·

In Austr koop jy 500GB vir $99… Dit is so goedkoop daar dat internet nie eers iets is waaroor hulle praat nie. Min mense koop TV programme omdat hulle “stream” en dan net kyk waarna hulle wil. Ons betaal deur ons ore en kry “onkykbare gemors” in ‘n pakket.

Takkie Takuuza ·

Ja wel, $99 is R1031. Dis wat ek betaal vir ‘n 10 meg ADSL uncapped. As jy daai tipe geld wil spandeer kan jy ‘n selfoon met unlimited data en unlimited calls kry. Ek het so advertensie gesien by Telkom mobile.

Jan maak n Plan ·

Die hoe pryse wat betaal word vir internet is een ding, maar op die platteland is ossewaens deesdae vinniger as die internet. Ons sukkel ons allies af en as jy met die rooi firma praat dan mors jy jou tyd en jaag jou bloedruk deur die dak.

Jos ·

Data is nie so duur nie, dis die sogenaamde lyn voorsiening/dienslewering wat so duur is. Datavoorsiener koste is R199 vir ONBEPERKTE data en sekere telekoms maatskappy lynHUUR R189 + R299 vir skamele ADSL 4Meg lyn. Selfoon datavoorsieners volg maar net die voorbeeld.

Cherokee ·

Koop nooit soos in nooit data nie en het dit nog nooit nodig gehad nie. Wi-Fi op kantoor en Wi-Fi by die huis maak data onnodig.

Jos ·

Niks is verniet nie Cherokee, jy is bevoorreg want jy is seker in een van daai gratis voorsiende WiFi areas waarvoor die belastingbetalers opdok en by die werk betaal die werkgewer.
‘n Onafhanklike datavoorsiener voorsien 75Gb data van 06:00 tot 12:00 en onbeperkte data van 12:00 tot 06:00 vir net R149. Wat meer het mens nodig. Dis die diensverskaffing om by daai data uit te kom wat so duur is. Vir werkgewers is dit makliker want hulle het een lyn en koppel al hul personeel op WiFi.

Cherokee ·

Jy laat my glimlag Jos. By my kantoor is slegs een gebruiker op WiFi en dit is ek self want ek is die werkgewer. By my huis is ek ook die betaler vir die Wifi want ek het rekenaars met net soos op kantoor onbeperkte toegang tot Internet. Dit laat ‘n mens wrang glimlag as jy op jou neus moet kyk na ‘n hopeloos verkeerde raaiskoot nè. :-)

zahn ·

Waar kry ek die link om my stem by te voeg by die veldtog? Dis die eerste veldtog wat ek bereid is om te ondersteun. In soverre dit hierdie aangeleentheid aangaan, is ek beslis een van die minder bevoorregtes!!

Elizabeth ·

Om oor ‘n telefoon te praat en op internet aan te teken is lankal nie meer ‘n luukse nie, maar ‘n noodsaaklikheid. Hoekom betaal ons daarvoor asof dit ‘n ongehoorde luukse is??? Wanneer gaan die regering optree teen die uitbuiters en die mark oopmaak vir wie ookal wil belê?? Nepotisme is hier ook aan die orde van die dag. Kry die ouditeurs uit om vas te stel wie baat almal by die hoë pryse en hang dit aan die groot klok,.

Tiger ·

Data kostes kan en moet met 90% verlaag word.Ons word eenvoudig beroof.Ek hoop van harte die regering gaan AL die diensverskaffers hard in die bek ruk.Hulle verdien dit want ons word al vir jare beroof.

Plaasmeisie ·

Ek stem, ons betaal hopeloos te veel vir amper geen diens/opvangs nie. Ek is van die platteland en bly op `n plaas. Ek is by MTN en my man by Vodacom. Die MTN opvangs het so swak geraak dat ek amper nie meer my selfoon kan gebruik op die plaas nie. Vodacom het so verswak dat my man sukkel om sy e-possse te lees!!b 4 Jaar gelede was Vodacom se sein sterker as MTN sn, maar daar was tenminste ordentelike opvangs. MTN sê ook gereeld vir jou dat jy geen lugtyd of data het nie, maar dan het jy minute vantevore beide opgelaai. Dit is absoluut belaglik!

Irma vd Westhuizen ·

MTN sê as data klaar is en sit dan volgens hulle data op wat nêrens wys. Dan gebeur dit as ek n rekening van oor die R3000 kry sê MTN net dis: ” out of bundle ” pryse en mens kan niks daaraan doen. Ek het toe Yellodata op my foon gesit en kry toe n rekening van R494 (in plaas van R99) met dieselfde verskoning wat sê: “out of bundle”. Wat kan mens doen? Hulle steel mens se geld en ek kan niks doen.

Mamparra ·

Ek dink die pakette wat aangebied word misleidend is vir Jan-publiek. Mense verstaan nie wat hulle koop nie en raak so uitgebuit en nou dink almal alles is duur. Mens moet ook onthou dat die voorsieners in die land nog almal besig is om netwerk te bou en daai toerusting is duur, en daai toerusting en die internationale data word teen die dollar aangekoop. Ja dis goedkoper in Londen, maar gaan koop gerus vir jou kos daar, of ‘n bier, of klere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.