Hoë gepos oor R60 miljoen-bedrog

geld 2ʼn Senior beampte van die departement van openbare werke is afgedank nadat sy glo meer as R60 miljoen aan kontrakteurs betaal het om huise van ministers in die kabinet op te knap, het The Star Maandag berig.

Noloyiso Ntwana,  ʼn voormalige direkteur van die departement, het die staat se beleid oortree en ʼn ongeregistreerde bourekenaar vir die opknappingswerk aangestel.

Die aanklagtes hou verband met voorvalle wat plaasgevind het nadat Jacob Zuma in Mei 2009 president geword het. Huise vir ministers was beskikbaar, maar moes opgeknap word. Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het in 2011 ʼn ondersoek van stapel gestuur en haar aan die bedrog verbind. Sy het nie haar tugverhoor bygewoon nie.

Ntwana het die arbeidshof genader om die aanklagte teen haar te laat vaar, maar haar aansoek was onsuksesvol.

Phillip Masilo, regsadviseur van die minister van openbare werke, Thulas Nxesi, het aan die koerant gesê die SOE se bewyse is gebruik om Ntwana te vervolg. Hy het gesê ʼn soortgelyke ondersoek word in Kaapstad gedoen waar 10 ministers se huise teen ʼn koste van R100 miljoen opgeknap is.

Ntwana het nie op navrae om kommentaar te lewer, reageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann Roux ·

Dit is ‘n skreiende skande dat dié wat in magposisies is, die belasting betalers se swaarverdiende geld so mors!

Ek bid dat ons tog net verlos kan word van sulke geldgieriges wat ook in die regering dien.

vuilbaard ·

Goed, sy is nou afgedank en wat nou verder? Sy en haar trawante kan BAIE lekker lewe op R60m vir die res van hul dae – gladnie nodig om OOIT weer te werk nie.
SEKERLIK moet sy EN haar pêlle van bedrog aangekla word en krimineel vervolg word!?
VERDER behoort ALLES wat hulle met hierdie gesteelde geld gekoop het, aan die staat verbeurd verklaar te word sodat die staat darem IETS kan verhaal van ons belastingeld wat so vermors word.
Of is dit nou maar “overs”??

Theresa ·

Ja so loop die soustrein. Die regering skep net en ons land gaan ten gronde………………

Hulle word “afgedank” en net op ‘n ander plek aangestel. Of die vreeslike “geskors” vind plaas en hulle lê by die huis vir weke en gaan dan terug na hulle pos en doen verder voort dit wat hulle so blerrie goed kan doen. Skep en skep en self verryk ten koste van ons land en al die armes.

Waks ·

Ecclesiastes 5:10

He who loves money will not be satisfied with money, nor he who loves wealth with his income; this also is vanity. Maak jou hart seer net om te dink daar is mense wat nie eers toilette het nie terwyl ander mense dit kan vermors, as jy die kwalifikasies sien grade doktore etc. maar upstairs gaan niks aan nie. BAD

Wollie ·

Ek dink regtig nie enigiemand kan haar kwalik neem nie. Sy was mos nie bevoeg om daai som te maak nie.

EMK ·

Die grap is dat sy die astrantheid had om na die arbeidshof te gaan om die aanklag teen haar te laat vaar!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.