Hoë geskors oor babamelkpoeier-saga

bababottelʼn Senior beampte van die plaaslike regering in Noordwes is geskors oor sy beweerde rol in die aanskaffing van babamelkpoeier en die versuim om dit te versprei.

“Cornelius Lebeloe is geskors,” het Tebogo Lekgethwane, woordvoerder van die departement van gesondheid, gesê.

Lekgethwane sê die departement het ʼn skrywe aan Lebeloe en twee ander senior bestuurders gerig om hul rol in die aanskaffing en proses om die melkpoeier te vernietig, te verduidelik. Die departement het glo babamelkpoeier van R7 miljoen aangeskaf, maar versuim om dit oor ʼn periode van drie jaar te versprei. Die departement het daarna bykans R2 miljoen spandeer om die vervalde melk te vernietig. Klik hier om meer te lees.

Volgens ʼn berig van die Mail & Guardian op 4 April, het die provinsie in Mei 2011 20 000 kaste melkpoeier aangeskaf en bykans die helfte van sy MIV/Vigs-begroting spandeer. Die poeier, wat tussen Augustus en Desember 2013 verval het, is in Januarie 2014 vernietig.

Lebeloe se skorsing het Vrydag in werking getree. Hy was verantwoordelik vir die MIV/Vigs-programme in Noordwes toe die melkpoeier aangeskaf is. -SAPA

Lees ook:
Groot hoeveelhede babamelk vernietig

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.