Hoë in premierskantoor lieg glo oor kwalifikasies

(Argieffoto: SA Polisie/Facebook)

ʼn 40-jarige man is in hegtenis geneem in verband met bedrog wat in die premieskantoor in KwaZulu-Natal plaasgevind het.

Volgens kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, is die verdagte Maandag deur die Valke-span wat ernstige kommersiële misdaad ondersoek, in hegtenis geneem.

Die verdagtes het in 2010 om die pos van projekbestuurder aansoek gedoen en na bewering ʼn bedrieglike kwalifikasie ingedien. Hy is in diens geneem en het in 2019 om die pos van adjunkdirekteur aansoek gedoen en is daarin aangestel.

Die departement van openbare administrasie het ontdek dat die verdagte se kwalifikasies bedrieglik is nadat dit nagegaan is en hy versuim het om die oorspronklike dokumente in te dien soos versoek. Daar is met dissiplinêre stappe teen hom begin.

Mhlongo het gesê die premier se kantoor is uit ʼn bedrag van R3 720 422 bedrieg en dat ʼn saak van bedrog by die Pietermaritzburg-polisiestasie aanhangig gemaak is.

Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Cherokee ·

Natuurlik is daar niks nuuts aan, maar wat wel nuut is, is die naspoor daarvan.

Eugene ·

Dis nie nuus nie. Hulle almal lieg oor hulle kwalifikasies.

Cherokee ·

Is jy seker daarvan? Het Zuma gelieg oor sy kwalifikasies? As hy bygevoeg het, wat was sy werklike kwalifikasies dan!

JohanEtz ·

Met die onbekwaamheid en choas in die regering, glo ek daar is duisende mense in poste dmv gekookte kwalifikasies…

Di ·

Ons sit ORALS met hierdie probleem! So baie wat vervalste kwalifikasies inhandig en in poste sit waar hulle nie ‘n idee het hoe om die werk te doen nie. SA is gedoem!!

Hannelie ·

Nou….wat is nuut, ons weet mos almal 99% lieg oor hul kwalifikasies.

Stofdonkie ·

As hulle dalk net kan aanstellings se kwalifikasies verifiëer en kyk wie het almal gejok oor hulle kwalifikasies dan kan hulle sommer in ‘n maand se tyd ontslae raak van al die onbevoegdes. Stel dan aan volgens kwlifikasies en ervaring en nie net volgens ras nie, en tjoef-tjaf is die hele land se probleme opgelos

Stofdonkie ·

Begin sommer heel bo om mense se kwalifikasies te ondersoek. Verwyder eerstens LP’s met kriminele rekords en vat dit dan verder. Mens kan nie verwag ‘n tuinwerker moet ‘n land se polisie-diens suksesvol bestuur nie. Mens kan ook nie ‘n skoonmaker bevorder na ‘n hoor van ‘n brandweer-stasie en verwag die brandweerstasie moet suksesvol wees nie

Renier ·

So die ou werk 13 jaar en niemand kon agterkom hy het nie die nodige kennis?dalk die hele kantoor check

Suzette ·

Se ek ook Renier. 2010 al aangestel as projek bestuurder. Geen wonder die land is in sy maai in nie. Hoe kon NIEMAND dit agter gekom het nie? Eers amper 4miljoen se verlies en 13jaar later skrik iemand wakker en word hy uitgevang. Dan kan mens maar net dink wat was/is sy hoofde se kwalifikasies ne. Sal n baie goeie begin wees as AMAL se “kwalifikasies” in diepte nagegaan word. Hulle kom dalk agter daai amper 4 miljoen kry nog n paar nulletjies by

SwartBees ·

Niks, hy gaan seker nog suspend word met volle salaris en voordele.

skurweberg ·

“Leuens vertel” lê op die terrein van die Emosionele en n saak wat blootgestel kon word as die regte wetenskaplike meetinstrumente voor die aanstellings gebruik is.

Ronel ·

Ag asseblief – maak asof hy die uitsondering op die reël is
As daar een is wat NIE LIEG daaroor nie, sal hy die uitsondering op die reël wees!

domheks ·

Goed genoeg gekwalifiseer om geld te laat verdwyn! Dit is al kwalifikasie wat nodig is in die land.

Jaco ·

Wat dan nou van die “regte” velkleur? Ek het altyd gedink dis die enigste ding wat enige werk in SA verseker. En is die woord kwalifikasies dan nie ‘n rassistiese westerse konsep nie?

Peetjie ·

Moes daar nie in die eerste plek navraag oor kwalifikasies gedoen geword het nie??

Papsak ·

Hulle het nie een die vermoee of kwalifikasies om hierdie werke te doen nie maar snaaks hulle kry die jobs maar jy wat papiere en alles het word weg gewys hoe pateties mmm

Danie ·

Aan die orde van die dag seker n bedreiging vir die wat wel het.

Wondermaarnet ·

Gaan kyk ‘n slag na eskom se werkers se “werklike” kwalifikasies en daar sal honderde (indien nie duisende) koppe rol.

Niklaas ·

Niks vreemds in SA deesdae nie. Kyk maar net na die top sterre by Eskom.

Niklaas ·

Met die aansoek proses was die bedrag verskuil in die aansoeker se onder-die-tafel “Afica Salute” ‘n aansienlike bedrag en dan word daar geen verdere ondersoeke geduld t.o.v. kwalifikasies en sulke lastighede nie

Hasie ·

Wel oral is matrieksertifikate te koop….wat die polisie van weet en niks word gedoen nie . So ” Welcome to SA”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.