Hoë kommissaris monitor aangehoude SA sakeman

André Hanekom se vrou, Francis, het dié inskrywing in die sosiale media oor ’n ander buitelander gemaak wat in Mosambiek aangehou word.

Suid-Afrika se hoë kommissaris in Mosambiek hou die geval van ʼn Suid-Afrikaanse sakeman wat op aanklagte van terrorisme in dié buurland aangehou word, fyn dop, sê die minister van internasionale betrekkinge en samewerking.

Min. Lindiwe Sisulu het Mandisi Mpahlwa opdrag gegee om André Hanekom te besoek nadat sy familie haar laat weet het hulle is bekommerd oor sy welstand, het die departement Sondag gesê.

André Hanekom word reeds sedert Oktober verlede jaar in Mosambiek aangehou. Foto: Facebook

“Die hoë kommissaris het die minister ingelig dit gaan goed met mnr. Hanekom in aanhouding en dat talle aanklagte hom in die gesig staar. Hy sal binnekort voorkom.”

Die departement sê Mpahlwa monitor die saak, hou sy mense op die hoogte en bied konsulêre steun. “Die minister het die hoë kommissaris ook versoek om sy familie van enige ontwikkelings te laat weet.”

Luidens berigte staar aanklagte van moord, misdade teen die staat en aanhitsing tot burgerlike ongehoorsaamheid Hanekom (61) en twee Tanzaniese burgers in die gesig. Die drie is verlede jaar in Mosambiek aangekeer.

Sy vrou, Francis, het vroeër vandeesmaand ontken dat haar man by enige duistere bedrywighede betrokke was, en gesê iemand het die aanklagte opgemaak en gebruik die inhegtenisnemings om hom van sy strandeiendom in Mosambiek te ontneem.

Hanekom en sy vrou woon al 26 jaar in Cabo Delgado in die noorde van die land waar hy huurbote bedryf wat toeriste op hengeluitstappies neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Philip ·

Hoe in ‘n miljoen jaar sou hy ‘n terroris wees. Hys ‘n sakeman. Iets het skeef geloop. Hy wou seker nie bribes betaal nie nou gee hulle hom gas. So hoë kommisaris hou dinge dop. As daar enige murg in sy bene is sal hy hom daarby betrek maar nou ja hy is wit so die saak is nie van belang vir hom nie. Pateties.

Henk du Toit ·

NIEMAND SAL HOM HELP NIE WANT HY IS WIT!!!
Phillip in Afrika is die reg nie vir n witmens beskore nie. Kyk bv die Coligny saak waar die regter ooglopend valse getuienis as die waarheid aanvaar het. As almal wie die artikel lees die sakegeskiedenis agter die arme lees sal julle sien dat dit gaan om hebsug aan die kant van diegene wie hom nou aanhou. So sal Afrika maar aanploeter, steierend van ramp tot ramp want integriteit en n inherente sin vir reg en verkeerd is nie maklik te vinde by haar heersers nie. Soos n Europese Koffiewinkel eienaar in Inhambane eendag vir my gese het “Africa loves investment but they cant help to hate the investor.”

Andrie ·

My naam is Andrie die dogter van Andre. My Pa is geskiet die 1 aug 2018, deer 4 mans met balaclavas in militere uniform. My Ma het eers die 02.aug.2019 die middag uitgevint waar hy was, die 03.aug.2019 die ogend na hom gery in Mueda hospitaal. Die poliesie, dokter het die heel tyd gese hy is gered. Hy is met n diplomatieke helokopter na Pemba hospitaal geflieg n paar dae later? My Ma was daar voor hy geflieg het en na baie stoei en 2 dae het Pemba poliesie en Maputo geweet wat aangaan en my Pa is toe veilig Pemba toe geflieg. Hy het skaars in die hospitaal geland toe vat iemand n fotoe plaas dit en begin die tweede storie laat loop die teroris is daar in die hospitaal. Dit was aangemeld en wie het die fotoe gevat die poliesie het net gese die persoon is gearisteer? Na n corpus habues saak by hof geplaas was, oor poliesie nie wil se hoekom hulle hom hou, en nie laat gaan? het die hof gevra en die 23.aug.2018 daag hulle by die hospitaal op, vat vinger afdrukke en die volgende week falslik aresteer hulle hom, op n absurde klag. Hy was vir 2 weke in die slegste tronk en die dag na die prok hom gesien het verdwyn hy uit die tronk. Na n soektog is hy by Mocimboa se tronk en die saak het aangegaan. My Ma het die prosess gevolg by hof en borg was gegee op n

Andrie ·

opvolg van my eerste comment. Andrie.
Borg was gegee op n fals arestasie en geen bewyse, maar dit sal ondersoek word oor die erns van die klag (stories), toe my Ma met die dokument Mocimboa se tronk toe gaan om my Pa te gaan haal die 10.10.2018 en dit ingee, nie lank na dit ry die hoof van poliesie, en die wagte wat my Pa opgepas het uit, maar my pa is weg gesteek. 11 min later kom sê hulle my Pa is weg. My Ma gaan toe die hoof comando kantoore toe, en dink hulle sal daar my Pa laat gaan, en my Pa was nie daar, en net om gedruig te word hulle sal haar toeluit as sy verder vrae vra. My Pa was toe ontvoer uit die Poliesie stasie van Mocimboa die 10.10.2018, niemand het geweet waar hy was, tot hulle op die erf 06.11.2018 kom gate grou het en die boot flares, en catanas, wat werks toeristing is gevat het, om nog n false saak te maak, om my Pa weer langer te hou. So het ons toe uitgevint hy word in die militere basis in Mueda aangehou. Na baie stoei en bitter min hulp van Sa is die groot plaasing die 01.01.2019 gemaak die terroris is gearisteer, met geen formele aristasie nie en die inligting wat in die prosess was, was uitgelek aan die pers voor die prosess by my Pa se prok was. Die prosess is nou daar, dit gaan nog aan.

Jane ·

Ag dit is weer opgemaakte snert net soos in die Coligny geval. Onbetrouebare getuies teen wit mans word geglo. Sterkte, ek hoop julle pa kom gou huis toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.